Senzo Meyiwa-moordsaak uitgestel tot 27 November
| |

Senzo Meyiwa-moordsaak uitgestel tot 27 November

Die burgerregteorganisasie AfriForum – wat die Meyiwa-familie in die ondersoek na die 2014-moord op die voormalige Bafana Bafana-kaptein Senzo Meyiwa verteenwoordig – was vandag saam met sy broer Sifiso in die Boksburg Landdroshof, waar vyf verdagtes ná hul inhegtenisname gister deur die SAPD vir die eerste keer verskyn het. Die saak is tot 27 November…

AfriForum vol lof vir SAPD ná deurbraak in Senzo Meyiwa-moord en samewerking tydens ondersoek 
| |

AfriForum vol lof vir SAPD ná deurbraak in Senzo Meyiwa-moord en samewerking tydens ondersoek 

AfriForum, wat die Meyiwa-familie in die ondersoek na die moord op die voormalige Bafana Bafana-kaptein Senzo Meyiwa verteenwoordig, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) geloof vir die deurbraak in dié moordondersoek, asook die feit dat die SAPD die afgelope paar maande bereid was om adv. Gerrie Nel en AfriForum se privaatvervolgingseenheid by die ondersoek te betrek….

AfriForum versoek dringende vergadering met Ramaphosa
| |

AfriForum versoek dringende vergadering met Ramaphosa

AfriForum het vandag ’n ope brief aan president Cyril Ramaphosa gerig waarin dié burgerregteorganisasie ’n dringende vergadering met hom versoek om plaasmoorde en die toekoms van Afrikaners as kultuurgemeenskap in Suid-Afrika te bespreek. Die doel van die brief is om die president in kennis te stel dat die heersende spanning oor plaasmoorde nie net kan…

AfriForum-buurtwagte in Potgietersrus en Pietersburg trek kapers vas
| |

AfriForum-buurtwagte in Potgietersrus en Pietersburg trek kapers vas

AfriForum se buurtwagte in Potgietersrus en Pietersburg het op 15 Oktober die polisie bygestaan om die vermeende kapers van ’n sigaretafleweringsvoertuig vas te trek. Die buurtwagte het inligting ontvang oor dié voertuig wat in Potgietersrus gekaap is. Tydens die voorval is die bestuurder van die voertuig in sy skouer en maag geskiet, terwyl die passasier ook…

AfriForum hou vreedsame protesaksie in Senekal
| |

AfriForum hou vreedsame protesaksie in Senekal

Die burgerregteorganisasie AfriForum het sy ondersteuners vandag in Senekal toegespreek tydens ’n vreedsame protesaksie teen plaasmoorde. Dit volg op die moord op Brendin Horner (22), wat onlangs wreedaardig vermoor is op ’n plaas buite dié dorp. Die beskuldigdes in die saak het vandag weer in die hof in Senekal verskyn. “AfriForum is trots daarop dat…

Nuutgestigte beheerkamer speel sleutelrol in bekamping van misdaad
| | | | |

Nuutgestigte beheerkamer speel sleutelrol in bekamping van misdaad

Die nuutgestigte beheerkamer wat bystand bied aan AfriForum se noordstreek (Gauteng, Mpumalanga en Limpopo) speel ’n kernrol in die bekamping van misdaad Een suksesverhaal wat daarvan getuig, is die inhegtenisneming van ’n verdagte met ’n gesteelde voertuig in Springs. Die gemeenskap het op 7 Oktober AfriForum se Springs-buurtwag verwittig van ’n verdagte voertuig in die…

AfriForum stig buurtwag in Centurion
| |

AfriForum stig buurtwag in Centurion

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 7 Oktober ’n buurtwag in Centurion gestig. Dié buurtwag – wat deel van AfriForum se Centurion-tak vorm – gaan saam met veiligheidsinstansies en die SAPD werk om misdaad te help bekamp en voorkom. Die buurtwagbestuur bestaan uit André de Bruyn (buurtwagvoorsitter) en Stefan Smits (buurtwagkoördineerder). “Ons wil die gemeenskap aanmoedig…

AfriForum sluit #VegEnBou-week in die Moot af
| | |

AfriForum sluit #VegEnBou-week in die Moot af

AfriForum se onderskeie takke in die Pretoriase Moot het verlede week hard gewerk tydens sy #VegEnBou-week om die gemeenskap te beveilig. Tydens die week is veiligheidsoudits by vyf skole in die gebied gedoen: Laerskool Pierneef, Laerskool Villieria, Laerskool Wonderboom-Suid, Hoërskool Wonderboom en Hoërskool Tuine. Dié oudit word by skole gedoen om die veiligheid van onderwysers…

AfriForum eis antwoorde by Valke oor oudburgemeester
| | | | |

AfriForum eis antwoorde by Valke oor oudburgemeester

AfriForum het ’n skriftelike navraag aan die provinsiale kommissaris van georganiseerde misdaad in KwaZulu-Natal gerig om navraag te doen oor die status van die ondersoek teen ’n vorige burgemeester van Newcastle. Dít volg nadat AfriForum in 2016 ’n strafregtelike klag by die SAPD ingedien het oor onreëlmatige aankope van drie kragopwekkers waarby die destydse burgemeester…

AfriForum hou nasionale patrollie
|

AfriForum hou nasionale patrollie

AfriForum het op 18 September ’n nasionale patrollie gehou om sigbaarheid reg oor die land vir ’n kort tydperk te verhoog. Dié burgerregteorganisasie is een van die min instansies wat tans hierdie tipe projekte hou. Duisende AfriForum-lede het in samewerking met ander veiligheidsrolspelers, waaronder verskeie privaat buurtwagte, sekuriteitsmaatskappye, gemeenskapspolisiëringsforums, insleepdienste, polisiestasies, plaaslike ondernemings, nooddienste en verkeersafdelings,…

End of content

End of content