AfriForum dagvaar Panyaza Lesufi vir laster
|

AfriForum dagvaar Panyaza Lesufi vir laster

Die burgerregteorganisasie AfriForum het die Gautengse LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi, vir laster gedagvaar. Dit volg nadat Lesufi AfriForum op 24 November 2019 valslik daarvan beskuldig het dat dié organisasie onder meer poog om ’n “sluipmoord” op hom uit te voer. AfriForum het Lesufi amptelik versoek om sy stelling terug te trek – wat hy…

|

Solidariteit Beweging meen Afrikaanse onderrig het ’n blink toekoms

“Afrikaans is ’n hoëfunksie- amptelike taal in Suid-Afrika en ons kinders is daarop geregtig om onderrig in hul moedertaal te ontvang.” Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, Werner Human, adjunkhoof van Solidariteit en Carien Bloem, onderwyskoördineerder by AfriForum, het tydens AfriForum se Quo vadis-gespreksreeks in Nelspruit Suid-Afrikaanse onderwys en wat die toekoms vir ons kinders inhou,…

|

Gauteng-aanlynskoleregistrasies uitgestel na 20 Mei danksy AfriForum en SOS

Die Gautengse onderwysdepartement gaan hul aanlynregistrasieaansoeke van 13 Mei 2019 na 20 Mei 2019 uitstel om regstellings aan dié stelsel te maak. Dít volg nadat AfriForum en die Solidariteit Beweging se Skole Ondersteuningsentrum (SOS) ’n dringende prokureursbrief aan die departement gestuur het waarin hulle vra dat die stelsel aangepas of die proses uitgestel word tot…

|

Hof beslis Schweizer-juffrou mag terugkeer skool toe

“Opgewonde, dankbaar en bly.” Só het ’n oorstelpte Elana Barkhuizen van die Laerskool Schweizer-Reneke, vandag buite die arbeidshof in Johannesburg gesê. Barkhuizen is by ’n rasseherrie betrek nadat sy ’n foto van ’n gr. R-klas geneem en gedeel het. Sy is as rassis gebrandmerk en in die proses deur die beheerliggaam en Sello Lehari, LUR…

|

AfriForum se skoleveiligheidsgids sal help om plofbare situasies te ontlont

Hoe gemaak as ’n plofbare situasie by jou skool ontstaan? Rolspelers en belangegroepe by skole kan nou antwoorde en hulp kry met ’n skoleveiligheidsgids wat die burgerregte-organisasie AfriForum vandag bekendgestel het. Die gids bevat ’n oudit met 116 vrae wat skole kan voltooi ten einde te bepaal hoe gerat hulle vir probleme met veiligheid by…

|

Onderwysers soek antwoorde oor swak uitslae in besigheidstudies

Tientalle onderwysers het gister ’n vergadering van die Solidariteit Beweging se Skoleondersteuningsentrum (SOS) in Centurion bygewoon om antwoorde te probeer kry oor waarom hordes matrikulante van 2018 so swak in besigheidstudies gevaar het. Die SOS het honderde klagtes van onderwysers van regoor die land gekry. In baie gevalle verskil uitslae van die matriekeksamen drasties van…

|

(Video): Solidariteit staan verguisde onnie van Schweizer-Reneke by

Die vakbond Solidariteit gaan vandeesweek nog hofstukke beteken waarin gevra word dat die onwettige skorsing van Elana Barkhuizen, ’n gr. R-onderwyseres van Laerskool Schweizer-Reneke, onmiddellik opgehef word. Dit kom nadat ’n storm verlede week oor ’n foto op sosiale media ontketen is wat tot gevolg gehad het dat die Noordwes Onderwysdepartement én politici Barkhuizen as…

|

(Video) Lesufi vaar uit en speel raskaart by Afrikaanse skole

Gemoedere het gisteraand (28/8/2018) hoog geloop by die Hoërskool Overvaal in Vereeniging tydens ’n openbare vergadering oor die departement van onderwys se wysigings aan die toelatingsvereistes vir skoliere in Gauteng. Die vergadering is deur Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, bygewoon. Die vraag-en-antwoord-sessie het in ’n rassegeveg ontaard toe ouers en gemeenskapslede emosie-belaaide uitlatings oor…

|

Lesufi se voorgestelde skoleregulasies kom neer op diktatorskap

AfriForum, die Skoleondersteuningsentrum (SOS) en Solidariteit meen die voorgestelde gewysigde skoleregulasies vir Gautengse skole in 2019 is teenstrydig met die Grondwet en dit kan skoolbeheerliggame se magte om skole suksesvol te bestuur inperk. Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het dié voorgestelde wysigings op 30 Julie in die Staatskoerant gepubliseer. Die voorstelle sluit onder meer in: Dat…

|

Lesufi se kriteria vir aansoeke tot skole is resep vir chaos

Spanning oor skole se taalbeleide bou op nadat Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, gister tydens ’n mediakonferensie oor die opening van die provinsie se aanlynaansoeke gesê het dat ’n leerling se moedertaal geen rol speel in die departement se plasingsproses nie. Aanlynaansoeke vir voornemende gr.1- en gr. 8-leerlinge in Gauteng open Maandag 16 April…

End of content

End of content