Standerton-buurtwag help met Paasfees-verkeersvloei
Die AfriForum-buurtwag in Standerton het op 18 April in samewerking met Kasselman-sekuriteitsdienste en ander rolspelers gehelp om die verkeersvloei op dié dorp te verbeter. Die Paasnaweek-verkeer terug na Gauteng en Limpopo het by massas vanaf Volksrust ingestroom. Daar was ook padwerke en paaie wat weens die Vaalrivier se stygende watervlakke gesluit was. As gevolg van…