SAAI op pad om landboubande in Hongarye en Duitsland uit te brei
|

SAAI op pad om landboubande in Hongarye en Duitsland uit te brei

’n Afvaardiging van die Suider-Afrikaanse Agri Inisiatief (SAAI) vertrek vandeesweek op besoek aan Hongarye en Duitsland waar hulle met landbou- en regeringsverteenwoordigers sal ontmoet om bande te smee en uit te brei en knellende kwessies te bespreek. Francois Rossouw, uitvoerende hoof van SAAI, en dr. Theo de Jager, voorsitter van die uitvoerende raad van SAAI…

|

Vrou sal marteling en verkragting tydens plaasaanval nooit vergeet

’n Ma van drie wat in Maart 2018 in Hankey in die Oos-Kaap tydens ’n plaasaanval geskiet en verkrag is, sê sy en haar kinders sal nooit ooit weer dieselfde wees of na hul plaas kan terugkeer nie. Die 44-jarige vrou het vandag op ’n nuuskonferensie van AfriForum in Centurion die gebeure tydens die nag…

|

Theo De Jager weer tot president van WLO herkies

AfriForum verwelkom dr. Theo de Jager, uitvoerende direksievoorsitter van die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai), se herverkiesing tot president van die Wêreld Landbou-organisasie (WLO). Dr. De Jager was die eerste Suid-Afrikaner wat in 2017 verkies is as president van die WLO en dit is die eerste keer in die organisasie se geskiedenis dat ’n president van…

|

Nuwe landbounetwerkorganisasie wil familieboere bystaan

Die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai), ’n landboubelangenetwerk vir boere deur boere, is vandag in Pretoria bekendgestel. Die organisasie is daartoe verbind om die regte, waardes, ideale en behoeftes van familieboere in die primêre produksiesektor te beskerm en bevorder. Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, sê die organisasie is gestig om bykomend tot beleidsbeïnvloeding ook ’n…

|

AfriForum verskerp druk op regering oor onwettige grondeis in Centurion-gebied

AfriForum het vandag ’n memorandum aan ’n verteenwoordiger van die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming oorhandig waarin die burgerregte-organisasie sy besware teen ’n massiewe residensiële grondeis in Centurion uiteensit. Die aksie het gepaard gegaan met kruiwaens vol grond en huise daarop wat na die departement gestoot is om die boodskap duidelik oor te dra…

|

Dít is ANC se werklike motiewe rondom grondonteiening sonder vergoeding

Die burgerregtewaghond AfriForum, Akkerland Boerdery, die landbou-organisasie TLU SA, die vakbond Solidariteit en Agri Limpopo het vanoggend tydens ’n mediakonferensie aangevoer dat die regering met sy huidige pogings om twee plase (Lukin en Salaita) van Akkerland teen 10% van die markwaarde te onteien, grondhervorming as dekmantel misbruik om die werklike motiewe agter die onteiening te…

|

Is SA op pad na ’n rampspoedige grondtragedie?

Die retoriek en ideologies gedrewe uitsprake en feller wordende “afvat”-dreigemente rondom grond, en meer spesifiek plase, kan nie langer geïgnoreer word nie. Sekere landbou-organisasies en kundiges het tot onlangs nog nie histeries hewig gereageer op opruiende uitsprake rondom grond deur sekere politici en ander magshongeres en magsdronkes binne die ANC-regering nie. Miskien kan dit toegeskryf…

End of content

End of content