AfriForum se Phalaborwa-tak skenk voedsel en skolehulppakket
|

AfriForum se Phalaborwa-tak skenk voedsel en skolehulppakket

Die AfriForum-tak in Phalaborwa het die gemeenskap tydens die COVID-19-pandemie reeds op verskeie maniere ondersteun en het die afgelope tyd sowel kospakkies as skolehulppakkette geskenk. Die tak het op 5 Julie 2020 300 kospakkies aan behoeftige gesinne geskenk. Die tak het besef daar is ’n groot voedselnood in die gemeenskap en het kospakkies by die plaaslike Pick n Pay…

Thabazimbi-Suid-tak versprei kospakkies
|

Thabazimbi-Suid-tak versprei kospakkies

AfriForum se Thabazimbi-Suid-tak het verlede week gehelp om kospakkies aan behoeftiges in die omgewing van Kromdraai, Leeupoort, Koedoeskop en Rooiberg te versprei. Die inhoud van die kospakkies word onder andere deur boere in die Thabazimbi-Suid-omgewing geskenk. “Mense kry tans baie swaar. Dis belangrik dat gemeenskappe mekaar in tye van nood ondersteun en ophef. AfriForum is…

COVID-19-taakspan voorsien voedsel aan Coligny-gesinne
|

COVID-19-taakspan voorsien voedsel aan Coligny-gesinne

Die COVID-19-taakspan – gestig deur die burgerregteorganisasie AfriForum en die familieboernetwerk Saai – het op 12 Junie 2020 in samewerking met die Mark Fish Foundation en die Willow Valley-hoenderplaas voedsel aan meer as 100 gesinne in Coligny geskenk nadat die AfriForum-buurtwag in dié dorp die taakspan van die nood ingelig het. Die taakspan het bokse met…

AfriForum skenk kospakkies aan mense in nood
|

AfriForum skenk kospakkies aan mense in nood

AfriForum se Overstrand-tak het op 22 Mei 2020 22 kospakkies aan die plaaslike Solidariteit Helpende Hand-tak geskenk om gemeenskapslede in nood te help. Dié pakkies bevat niebederfbare kos en skoonmaakmiddels en elke pakkie kan ’n gesin van vier vir ’n maand voed. Dié skenking is moontlik gemaak deur fondse vanuit die Overstrand-tak se taknoodfonds, wat danksy donasies…

AfriForum se Senekal-tak skenk kospakkies aan gesinne in nood
|

AfriForum se Senekal-tak skenk kospakkies aan gesinne in nood

Die AfriForum-tak in Senekal het op 22 Mei 2020 kospakkies aan 18 behoeftige gesinne in dié dorp voorsien. Die tak het met die Woel, werk en wen-organisasie en die Senekal-dienssentrum saamgewerk om die kospakkies te versprei. Die voedselnood neem geweldig toe en dié kospakkies sal verligting bring vir behoeftige gesinne in die dorp, asook aan inwoners wat…

COVID-19-taakspan en Cradle of Hope werk saam om kos te versprei
|

COVID-19-taakspan en Cradle of Hope werk saam om kos te versprei

Die COVID-19-taakspan het vandag voortgegaan om kos aan mense in nood te voorsien en het kragte met Cradle of Hope, ’n liefdadigheidsorganisasie in Krugersdorp, saamgesnoer om kospakkies aan behoeftige inwoners uit te deel. Die nood in dié gemeenskap is reusagtig en ongeveer 700 mense het opgedaag om ’n kospakkie te ontvang. Volgens die taakspan is…

AfriForum se Ventersdorp-tak help met verspreiding van kospakkies
|

AfriForum se Ventersdorp-tak help met verspreiding van kospakkies

Die AfriForum-tak in Ventersdorp is fluks besig om voedsel in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, Klop (’n plaaslike gemeenskapsprojek) en gemeenskapslede te versprei. 60 gesinne is tot dusver van voedsel voorsien, wat op ongeveer 6 750 maaltye neerkom. Die voedselnood neem geweldig toe en hierdie instansies probeer om waar moontlik voedsel te verskaf. Nagenoeg 1 000 km is…

Voedselverspreiding: Taakspan sal voortgaan om honger te help stil
|

Voedselverspreiding: Taakspan sal voortgaan om honger te help stil

Die COVID-19-taakspan, wat uit AfriForum, Saai en Solidariteit Helpende Hand bestaan, sal voortgaan om voedsel te versprei ongeag die regering se diktatoriale pogings om voedselskenkings en die verspreiding daarvan te beheer. Die taakspan is sterk gekant teen riglyne wat die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling vir die verspreiding van voedsel bekend gemaak het en is van…

AfriForum se Hertzogville-tak help behoeftiges
|

AfriForum se Hertzogville-tak help behoeftiges

Die AfriForum-tak in Hertzogville het kospakkies opgemaak om gemeenskapslede wat deur die COVID-19-pandemie geraak word, te ondersteun. Die tak het op 23 April 2020 kospakkies aan behoeftige inwoners geskenk en behoeftige inwoners van Amandelhof Dienssentrum het ook pakkies ontvang. “Baie mense verkeer in hierdie tyd in nood en daarom help die tak graag. AfriForum sal aanhou om…

COVID-19: AfriForum-tak in Heilbron help met siftingstoetse en voorsien kospakkies
|

COVID-19: AfriForum-tak in Heilbron help met siftingstoetse en voorsien kospakkies

Die AfriForum-tak in Heilbron het op ’n amptelike versoek van die Departement van Gesondheid op 18 April 2020 gehelp om meer as 200 siftingstoetse vir die koronavirus onder lede van die gemeenskap te doen. Die siftingstoetse behels ’n paar vrae aan die persoon, asook die neem van die persoon se temperatuur. Ongeveer 1 500 mense is oor…

End of content

End of content