AfriForum se Springs-tak bederf bejaardes met ontbyt
| |

AfriForum se Springs-tak bederf bejaardes met ontbyt

Die AfriForum-tak in Springs het op 30 Augustus 2020 vir die bejaarde inwoners van die Makville-woonstelle ontbyt gemaak nadat dié inwoners weens kabeldiefstal reeds ’n dag sonder krag was. Die elektriese afdeling van die Ekurhuleni-metro het glo gesê hulle kan eers die Maandag hieraan aandag gee aangesien die werkers nie oortydbetaling ontvang nie. Volgens Cornel Swart, voorsitter…

Wes-Rand-buurtwagte behaal verskeie suksesse
| |

Wes-Rand-buurtwagte behaal verskeie suksesse

AfriForum se buurtwagte in Randfontein, Roodepoort en Krugersdorp het gedurende die afgelope langnaweek verskeie arrestasies uitgevoer in samewerking met lede van die Wes-Rand SAPD, K9-eenheid en sekuriteitsmaatskappye. Dít volg nadat die SAPD die buurtwagte op 8 Augustus 2020 om hulp genader het met ’n lokval wat beplan is om ’n vermeende dwelmhandelaar vas te trek. Verskeie dwelms…

AfriForum se Roodepoort-buurtwag arresteer verdagtes
| |

AfriForum se Roodepoort-buurtwag arresteer verdagtes

Die AfriForum-buurtwag in Roodepoort het op 20 Julie 2020 verskeie arrestasies uitgevoer waartydens verdagtes vir die besit van plofstof en kabeldiefstal gearresteer is. Van die verdagtes wat ook in hegtenis geneem is, is onwettige immigrante. Dít volg nadat dié buurtwag ’n roetinepatrollie saam met die SAPD, GPF en ander eenhede uitgevoer het. Nadat ’n roetinepatrollie weer op…

End of content

End of content