Kaapstad-Noord-tak bied klasse in selfverdediging aan vir onderwysers
| |

Kaapstad-Noord-tak bied klasse in selfverdediging aan vir onderwysers

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het oor die naweek van 22 en 23 Julie klasse in selfverdediging aangebied vir die onderwysers van die Herbert Street Special School in Bellville. Dit volg nadat dié skool deur misdadigers geteiken is en ’n gewapende rooftog moes deurmaak. Van die onderwysers het selfs doodsdreigemente ontvang en moes seksuele dreigemente  teen hulle…

Kaapstad-Noord-tak reorganiseer takbestuur
| |

Kaapstad-Noord-tak reorganiseer takbestuur

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het op 18 Julie gedurende ’n takvergadering sy takbestuur geherorganiseer. Die bestuur bestaan nou uit CJ Scholtz (voorsitter), Bernard Pieters (ondervoorsitter), Jolandi Scholtz (sekretaris), Erik Smit (tesourier), Yolanda Fritz (plaaslikeregeringsake), Eben Nel (omgewingsake), Ruan Muller (jeug) en Johan Fritz (veiligheid). “AfriForum as selfdoen-organisasie speel ’n groot rol om gemeenskappe te help om…

Kaapstad-Noord-tak red aanrandingslagoffer uit man se kloue
| |

Kaapstad-Noord-tak red aanrandingslagoffer uit man se kloue

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het op 12 Januarie ’n vrou te hulp gesnel wat deur haar man aangerand word. Yolanda Fritz van die Kaapstad-Noord-tak het omstreeks 17:48 op ’n vrou in nood se hulpkrete gereageer. Fritz het ondersoek ingestel en in die rigting beweeg waar die geskreeu vandaan gekom het totdat sy by ’n huis aangekom…

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak reorganiseer
| |

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak reorganiseer

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het op 16 September ’n vergadering gehou waartydens die tak se bestuur gereorganiseer is. Gemeenskapslede kon hul insette lewer en nominasies maak oor die bestuurslede wat die tak sal verteenwoordig. Die volgende persone is tot die bestuur verkies: Tommy van Zyl (voorsitter), Johandré van Zyl (ondervoorsitter), C.J. Scholtz (tesourier), Yolanda Fritz (sekretaris), Johan…

AfriForum-buurtwag in Bellville verwelkom hommeltuigvlieëniers
| |

AfriForum-buurtwag in Bellville verwelkom hommeltuigvlieëniers

AfriForum-buurtwag in Bellville, wat deel van die organisasie se Kaapstad-Noord-tak uitmaak, het onlangs twee hommeltuigvlieëniers in Orania laat oplei. Dié vlieëniers, Johan Fritz en Eben Nel, gaan die AfriForum-buurtwagte in die Kaapse metropool voortaan met veiligheidsaksies ondersteun. Buurtwagte kan hommeltuie aanwend om areas te verken sonder om persone in gevaar te stel. Inligting wat tydens…

AfriForum-buurtwag in Bellville staan vrou by in mediese noodtoestand
| |

AfriForum-buurtwag in Bellville staan vrou by in mediese noodtoestand

AfriForum se Bellville-buurtwag, wat deel vorm van die organisasie se Kaapstad-Noord-tak, het op 26 April 2020 op ’n vrou se noodoproep gereageer nadat haar dogter begin hiperventileer het. Die buurtwaglede is via ’n WhatsApp-stemboodskap in kennis gestel dat dringende mediese hulp in Oakdale, ’n woonbuurt in Bellville, benodig word. Die buurtwaglede het onmiddellik gereageer en twee buurtwaglede…

AfriForum-buurtwag en Oakdale Watch span saam om brand by laerskool te blus
| |

AfriForum-buurtwag en Oakdale Watch span saam om brand by laerskool te blus

AfriForum se Bellville-buurtwag, wat deel vorm van AfriForum se Kaapstad-Noord-tak, het op 18 Februarie 2020 in samewerking met Oakdale Watch en wetstoepassers ’n brand in een van Laerskool Bellpark se klaskamers geblus, nadat die klaskamer deur ’n brandstigter aan die brand gesteek is. ’n Buurtwaglid van Oakdale Watch het omstreeks 05:00 ’n oproep van die skool…

End of content

End of content