AfriForum versoek optrede van nasionale polisiekommissaris
|

AfriForum versoek optrede van nasionale polisiekommissaris

AfriForum het vandag ’n skrywe aan genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, gerig waarin die burgerregteorganisasie versoek dat hy ’n ondersoek loods na die Wes-Kaapse provinsiale polisiekommissaris en haar bestuurspan se ondeurdagte optrede tydens die hantering van ’n vreedsame protes in die Kaapstadse middestad. AfriForum het op 24 Julie 2020 ’n skrywe aan lt.genl. Yolisa Matakata, Wes-Kaapse polisiekommissaris,…

AfriForum behaal sukses in hofsake oor inhegtenisnemings weens inperkingsregulasies
|

AfriForum behaal sukses in hofsake oor inhegtenisnemings weens inperkingsregulasies

AfriForum het onlangs twee beskuldigdes suksesvol in strafhowe verdedig in twee loodssake wat tydens die inperking deur dié burgerregteorganisasie aangepak is. AfriForum het besluit om dié persone – wat onregmatig in hegtenis geneem is – te ondersteun sodat geregtigheid kan geskied. In die eerste geval is ’n man deur die SAPD gearresteer nadat hy afgetrek…

Verlenging van inperking: die regering is die probleem, nie die oplossing nie
|

Verlenging van inperking: die regering is die probleem, nie die oplossing nie

AfriForum het in reaksie op die verslapping van die inperking gesê gemeenskappe moet besef dat dit roekeloos is om nog steeds van die regering te verwag om verantwoordelik op te tree en na hulle belange om te sien. Die burgerregteorganisasie meen dat die regering nie vir die ophef van die rook- en drankverbod, asook die…

AfriForum behaal oorwinning teen onredelike inperkinginhegtenisnemings
|

AfriForum behaal oorwinning teen onredelike inperkinginhegtenisnemings

Die staat het die klagtes laat vaar teen die beskuldigde in een van die sake oor onredelike inperkingsinhegtenisnemings wat deur AfriForum aangepak is. Dit volg nadat AfriForum op 1 Junie 2020 aangekondig het dat hy twee loodssake aanpak om onredelike inhegtenisnemings op grond van die huidige regulasies te stuit. In dié spesifieke aangeleentheid is ’n…

AfriForum se Mooirivier-takke help gemeenskappe tydens COVID-19-pandemie
|

AfriForum se Mooirivier-takke help gemeenskappe tydens COVID-19-pandemie

AfriForum se Mooirivier-takke het die afgelope maand meer as 2,5 ton voedsel aan 1 806 behoeftige gesinne uitgedeel. Die aksie is in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, Saai en verskeie ander organisasies aangepak om gemeenskappe tydens die staat van inperking te ondersteun. Dit volg nadat ’n groot nood in gemeenskappe ontstaan het nadat sommige mense nie…

Onregmatige arrestasies: Skuldige beamptes moet aan die pen ry
|

Onregmatige arrestasies: Skuldige beamptes moet aan die pen ry

AfriForum het ’n regspan aangestel om twee slagoffers van vermoedelike onregmatige arrestasies – wat tydens die landwye inperking plaasgevind het – in hulle onderskeie sake by te staan. Tydens  die eerste voorval is ’n man met ’n geldige permit deur die SAPD afgetrek en op grond van ivoorverwante-oortredings gearresteer omdat hy ’n paar ou koedoehorings…

AfriForum pols Minister oor verlenging van amnestietydperk
|

AfriForum pols Minister oor verlenging van amnestietydperk

AfriForum se regspan het vandag wéér ’n skrywe aan Bheki Cele, Minister van Polisie, gerig om navraag te doen oor die moontlike verlenging van die vuurwapenamnestietydperk. Dít volg nadat AfriForum ook op 25 en 30 Maart 2020 skrywes aan Cele en genl. Khehla Sithole, nasionale polisiekommissaris, gerig het waarin die organisasie sy kommer uitgespreek het oor die…

Breek die grendel: AfriForum stel maatreëls voor vir verslapping van die staat van inperking
|

Breek die grendel: AfriForum stel maatreëls voor vir verslapping van die staat van inperking

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n brief aan President Cyril Ramaphosa gerig waarin dié organisasie maatreëls vir die verslapping van die staat van inperking voorstel. In sy skrywe sê AfriForum dat die verslapping van die staat van inperking – wat op 23 April deur Ramaphosa aangekondig is – onvoldoende is om die skade te beperk…

Solidariteit Beweging waarsku teen gevolge van verdere inperking in huidige formaat
|

Solidariteit Beweging waarsku teen gevolge van verdere inperking in huidige formaat

Die Solidariteit Beweging het gewaarsku dat ’n verlenging van die inperkingsperiode in die formaat soos wat dit tans daar uitsien, tot gevolg gaan hê dat die staat van inperking kan inplof. Dít volg nadat President Cyril Ramaphosa vanaand aangekondig het dat Suid-Afrika se staat van inperking tot einde April verleng gaan word. Die Beweging bestaan…

End of content

End of content