AfriForum se Klerksdorp-tak skenk handreiniger en maskers aan Panorama Park Aftreedorp
|

AfriForum se Klerksdorp-tak skenk handreiniger en maskers aan Panorama Park Aftreedorp

Die AfriForum-tak in Klerksdorp het verlede week handreiniger en maskers vir die Panorama Park Aftreedorp geskenk om die veiligheid van die inwoners en personeel te verseker. ’n Inwoner van dié aftreedorp het die voorraad versoek en die plaaslike AfriForum-tak het besluit om die skenking aan die ongeveer 200 inwoners en 30 verswaktes te maak. Volgens…

AfriForum se Brakpan-tak staan gemeenskap by tydens inperking
| |

AfriForum se Brakpan-tak staan gemeenskap by tydens inperking

AfriForum se Brakpan-tak was sedert die aanvang van die nasionale inperking (27 Maart 2020) tot 2 April 2020 met verskeie aktiwiteite besig. Die Brakpan-tak het in samewerking met Dalpark Kaléo NG-gemeente ’n sentrale punt geskep waar skenkings van onder meer noodsaaklike kos en klerasie gekoördineer kan word. Skenkings word bymekaargemaak, billik verdeel, verpak, en geadresseer. AfriForum se…

AfriForum se Worcester-tak reik uit na plaaslike organisasie in nood
| |

AfriForum se Worcester-tak reik uit na plaaslike organisasie in nood

Die AfriForum-tak in Worcester het op 2 April 2020, in die lig van die huidige COVID-19-krisis en as deel van AfriForum se nasionale #AfriForumStaanSaam-projek, ’n omgee-skenking aan die plaaslike Vereniging vir mense met Sensoriese Gestremdhede (VSG) in Worcester gemaak. Meer as 40 produkte – wat nie-bederfbare voedsel en skoonmaakmiddels insluit – is aan die Sean…

AfriForum se Kempton Park-buurtwag maak ’n verskil in Maart
| |

AfriForum se Kempton Park-buurtwag maak ’n verskil in Maart

Die AfriForum-buurtwag in Kempton Park het die plaaslike gemeenskap in Maartmaand deurlopend bygestaan en verskeie voorvalle hanteer. Die buurtwag het suksesvol aan die volgende aksies deelgeneem: Hulp aan ’n inwoner wat uit sy rolstoel geval het; Bystand tydens ’n aanrandingsvoorval; Bystand tydens ’n arrestasie; AfriForum se nasionale patrollie waartydens nege patrolleerders 529 km in nege voertuie…

Gryp geleentheid aan en doen aansoek vir noodfinansieringspakket
|

Gryp geleentheid aan en doen aansoek vir noodfinansieringspakket

Die COVID-19-pandemie gaan katastrofiese gevolge vir die land se ekonomie en verskeie ondernemings inhou. Die onafhanklike ekonoom Mike Schüssler bereken dat tot 1,6 miljoen poste in die formele sektor en ’n verdere 1,5 miljoen in die informele sektor weens die pandemie verlore kan gaan. Einde Desember het 10,2 miljoen mense in die formele sektor gewerk,…

|

AfriForum besoek diereskuiling tydens Ankerdorppadskou

AfriForum het vandag Wollies in Pretoria-Noord besoek as deel van die organisasie se Ankerdorppadskou. Tydens die besoek het die burgerregte-organisasie ingesamelde kos, speelgoed en komberse aan die diereskuiling oorhandig. Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord, is die aksie se doel om dié mense by te staan wat die harde werk moet doen…

|

Help kinderslagoffers van plaasmoorde deur Wilmientjie-fonds te ondersteun

Kinderslagoffers van plaasmoorde ervaar dikwels ondenkbare vlakke van trauma en lyding. Omdat hulle dikwels klein is en nog nie oor die vermoë beskik om hul gevoelens te verwoord nie, treur hulle in stilte en praat hulle nie oor hul vrese nie. ’n Kliniese sielkundige, met wie AfriForum gepraat het, meen die algemene publiek sal skrik…

End of content

End of content