Hoogland-buurtwagte hou massapatrollie
| |

Hoogland-buurtwagte hou massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in die Hoogland-streek het op 8 Julie 2022 deelgeneem aan ’n nasionale patrollie in hul onderskeie gebiede om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Die patrollie is in samewerking met die SAPD, die nooddienste, verskeie sekuriteitsmaatskappye, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums en ander veiligheidsinstansies uitgevoer. Die patrollie het omstreeks 20:00 begin en tot 06:00 die volgende oggend geduur. Die…

AfriForum se Hoogland-buurtwagte neem aan nasionale versetpatrollie deel
|

AfriForum se Hoogland-buurtwagte neem aan nasionale versetpatrollie deel

AfriForum se Hoogland-buurtwagte het op 6 Junie 2020 aan die burgerregteorganisasie se nasionale versetpatrollie deelgeneem. Dié massapatrollie vorm deel van die amptelike aktivering van AfriForum se buurtwagte wat hul bedrywighede weer tydens vlak 3 van die inperking mag hervat. Die patrollie is in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye en gemeenskapslede gehou, wat gehelp het om sigbaarheid in hul onderskeie…

AfriForum versprei hulppakkette aan skole
|

AfriForum versprei hulppakkette aan skole

AfriForum se Hoogland-takke het op 28 en 29 Mei 2020 skolehulppakkette aan verskeie skole in die streek versprei as deel van die #AfriForumStaanSaam vir skole-projek. Die skolehulppakkette bevat COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Die pakkette is na die volgende skole versprei: Hoërskool Ficksburg, Harrismith Primêr, Laerskool Truida Kestell (Bethlehem), Jordania Primêre Skool…

AfriForum-takke help gemeenskappe tydens COVID-19-pandemie
|

AfriForum-takke help gemeenskappe tydens COVID-19-pandemie

AfriForum se takke in die Hoogland-distrik het die afgelope maand meer as 9 ton voedsel aan verskeie gesinne uitgedeel. Dié aksie is in samewerking met kerke en verskeie ander organisasies aangepak om gemeenskappe tydens die staat van inperking te ondersteun. Groot nood het in gemeenskappe ontstaan nadat sommige mense nie tydens die inperking salarisse ontvang…

AfriForum se Hoogland-buurtwagte neem deel aan nasionale patrollie
|

AfriForum se Hoogland-buurtwagte neem deel aan nasionale patrollie

Die AfriForum-buurtwagte in Bethlehem, Bultfontein, Harrismith, Odendaalsrus, Steynsrus, Welkom, Winburg, Ventersburg en die Sandrivier-distrik het op 13 Maart 2020 aan dié organisasie se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Die patrollie is tussen 18:00 en 06:00 in samewerking met die polisie, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsinstansies in die onderskeie dorpe uitgevoer. Die Hoogland-buurtwagte se betrokkenheid…

AfriForum se Hoogland-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel
| |

AfriForum se Hoogland-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel

Die AfriForum-buurtwagte in Bultfontein, Harrismith, Odendaalsrus, Welkom, Winburg, die Sandrivier-distrik en Ventersburg het op 4 Oktober 2019 aan dié organisasie se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid op te skerp. Die patrollie is tussen 18:00 en 06:00 in samewerking met die polisie, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsinstansies in die onderskeie gebiede uitgevoer. Die Hoogland-buurtwagte se…

AfriForum maak Hoogland-streek se blou-en-groendruppelresultate bekend
| |

AfriForum maak Hoogland-streek se blou-en-groendruppelresultate bekend

AfriForum het onlangs verskeie dorpe in die Hoogland-streek se water getoets om die gehalte van dorpe in dié streek se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal. AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar…

End of content

End of content