Bethal-tak herstel slaggate in die dorp
| |

Bethal-tak herstel slaggate in die dorp

AfriForum se Bethal-tak het op 26 Augustus 2020 dié dorp se slaggate herstel. Daar is tydens die projek meer as 200 sakkies teer gebruik om slaggate in Du Plooystraat en Eeufeesstraat tot by die N17-hoofweg te herstel. Die reuseslaggate by die Midnight Engen-vulstasie is ook herstel en sowat 30 sakkies teer is vir dié drie…

AfriForum se Rustenburg-tak doen herstelwerk vir bejaardes
|

AfriForum se Rustenburg-tak doen herstelwerk vir bejaardes

AfriForum se Rustenburg-tak het oor die afgelope 12 maande herstelwerk en instandhouding ter waarde van R120 000 in samewerking met Demar Konstruksie by die munisipale woonstelle vir bejaardes in Kremetartlaan en Kerkstraat verrig. Dié werk behels hoofsaaklik die vervanging van geisers en hoëdrukkleppe, en die herstel van waterpyplekke. “Die instandhouding en herstelwerk van die woonstelle is…

AfriForum rol moue op in Piet Retief
|

AfriForum rol moue op in Piet Retief

AfriForum se Piet Retief-tak en -buurtwag het op 7 Maart 2020 ’n slaggatprojek in dié dorp afgeskop. Tak- en buurtwaglede, gemeenskapslede en plaaslike ondernemings het ingespring om slaggate in die volgende strate met gruis op te vul: August Westhoff, Kort, W End, Botha, Engelbrecht, Deborah, Van Dyk, Olmesdahl, Mark, Anema, Meyer, De Jager, Theo Mocke, Pretorius, Draad,…

AfriForum se Witbank-tak doen opknappingswerk
|

AfriForum se Witbank-tak doen opknappingswerk

Die AfriForum-tak in Witbank gaan voort met hul volhoubaarheidsprojek om die dorp op te knap. Die tak het tot dusver in Maart spoedhobbels herstel, stopstrate en voetoorgange oorgeverf en slaggate gevul. Aangesien die strate se swak toestand ’n veiligheidsrisiko geword het, het die tak besluit om in te gryp en dit op te knap. “Die…

AfriForum-tak en Klerksdorp-gemeenskap maak ’n verskil
|

AfriForum-tak en Klerksdorp-gemeenskap maak ’n verskil

Oud en jonk het op Saterdag 22 Februarie ingespring en hand bygesit om die gevaarlike slaggate in die Songloed/De Clercqville -woongebied te vul. Verkeerstekens is ook vervang wat al ’n geruime tyd vermis is. Volgens Frans Roos, voorsitter van die plaaslike AfriForum-tak, is hierdie aksie die eerste van hul buurtvernuwingsprogram. Dié program behels ’n kostedeoltreffende,…

Matjhabeng-munisipaliteit reageer ná volgehoue druk deur AfriForum
| |

Matjhabeng-munisipaliteit reageer ná volgehoue druk deur AfriForum

AfriForum se Welkom-tak het op 27 Januarie 2020 ’n skrywe aan die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit gerig rakende die uitloop van rou riool in die Lakeview-woongebied. Dít volg nadat AfriForum klagtes van gemeenskapslede ontvang het dat riool in hul erwe invloei. AfriForum het versoek dat die munisipaliteit die probleem voor 31 Januarie 2020 moet regstel, waarna die munisipaliteit wel die…

AfriForum se Oos-Moot-tak staan Waverley-gemeenskap by
|

AfriForum se Oos-Moot-tak staan Waverley-gemeenskap by

AfriForum se Oos-Moot-tak het op 13 November 2019 ’n boom in Waverley verwyder wat ’n straat versper het. Weens die sterk wind wat die afgelope tyd in die omgewing woed, het die boom omgewaai en in die straat geval. Die tak het onmiddellik die gebied beveilig en die boom in stompe gesaag en verwyder. Volgens Gideon van…

|

AfriForum-takke regoor die land verhoog lewenskwaliteit in dorpe deur selfdoenprojekte

AfriForum se takke regoor die land het sedert die begin van die jaar skouer aan die wiel gesit en ingespring om dorpe skoner en meer leefbaar te maak. Naboomspruit: Nabome (Euphorbia ingens) is by die dorp se vier ingange geplant en plantpotte netjies oorgeverf. Die tak het ook slaggate in die dorp gevul om die…

End of content

End of content