Bethal-tak en inwoners maak dorp beter
| |

Bethal-tak en inwoners maak dorp beter

AfriForum se Bethal-tak het op Donderdag 10 Augustus nog ’n slaggatprojek voltooi. Dié keer was die fokus op Tsibitso Sibanyonistraat. Daar is besluit om aan hierdie straat aandag te gee omdat verskeie inwoners oor die toestand daarvan gekla het. Slaggate in Tsibitso Sibanyonistraat tussen Malherbe- en Kieserstraat is opgevul. Teer vir die projek is deur…

Middelburg-tak gee DBV nuwe lagie verf
| |

Middelburg-tak gee DBV nuwe lagie verf

AfriForum se Middelburg-tak het op op Vrydag 11 Augustus fase 3 van ’n projek voltooi wat die tak op 8 Julie saam met Mejuffrou Mpumalanga Toerismekoningin (“Miss Mpumalanga Tourism Queen”) geloods het om die krake in die hoofgebou en dierehokke van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Middelburg te vul en dit oor te verf. Die DBV…

Vullisterreinoudits: Mpumalanga toon ernstige munisipale verval
| | |

Vullisterreinoudits: Mpumalanga toon ernstige munisipale verval

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanjaar 161 vullisterreine landwyd geoudit as deel van hulle nasionale projek om die toestand van vullisterreine in Suid-Afrika te bepaal. Slegs een uit die 22 vullisterreine wat in Mpumalanga geoudit is, het aan die nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis 59 van…

Bethal-tak se slaggatprojek verseker motoriste se veiligheid
| |

Bethal-tak se slaggatprojek verseker motoriste se veiligheid

AfriForum se Bethal-tak het op 27 Julie nog ’n twee dae lange slaggatprojek voltooi om die veiligheid van motoriste te verseker. Dié tak het besluit om op Kleijnhansstraat te fokus aangesien die pad al hoe gevaarliker word vir padgebruikers. Tydens hierdie projek is 180 sakke teer gebruik om al die slaggate op te vul. Dit…

Jeug-tak in Piet Retief deel komberse teen koue uit
| |

Jeug-tak in Piet Retief deel komberse teen koue uit

Die AfriForum Jeug-tak in Piet Retief het in Julie ongeveer 200 komberse ingesamel. Hulle het dit op 20 Julie aan verskeie kerke in die area uitgedeel wat dit weer onder behoeftiges sal versprei. Dit volg nadat ysige koue in die streek groot nood in die gemeenskap laat ontstaan het. Die Jeug-tak het dit raakgesien en…

Delmas-buurtwag hou lugpatrollie
| |

Delmas-buurtwag hou lugpatrollie

AfriForum se Delmas Valke-buurtwag het op 14 Julie ’n lugpatrollie met hommeltuie uitgevoer om die N12-snelweg vir motoriste te beveilig. Kriminele – soms swaar gewapen – teiken veral voertuie uit Johannesburg oor naweke. Daar is al in een aand tot ses insidente aangemeld. Hierdie lugpatrollie is gereël nadat verskeie motoriste dié buurtwag genader het om…

Middelburg-tak help DBV
| |

Middelburg-tak help DBV

AfriForum se Middelburg-tak het op Saterdag 8 Julie saam met Mejuffrou Mpumalanga Toerismekoningin (“Miss Mpumalanga Tourism Queen”) ’n projek by die dorp se Dierebeskermingsvereniging (DBV) geloods. Die DBV se geboue val uitmekaar en het dringend onderhoud nodig, maar dié organisasie het nie die geld om dit te laat doen nie. Al hulle fondse word op…

Standerton-tak herstel paaie en verkeersligte
| |

Standerton-tak herstel paaie en verkeersligte

AfriForum se Standerton-tak het gedurende 3-7 Julie verskeie projekte in Standerton saam met die Lekwa Clean Up Crew voltooi. Skoonmaakprojekte is geloods om die area rondom die Standerton-hospitaal op te ruim en die asdromme leeg te maak. Daar is ook takke wat al vir ’n geruime tyd in Paarlstraat lê met ’n sleepwa weggery. Verder…

Bethal-tak vul nóg slaggate op
| |

Bethal-tak vul nóg slaggate op

AfriForum se Bethal-tak het op 6 Julie nóg ’n slaggatprojek voltooi. Gedurende dié projek, wat oor drie dae gestrek het, is daar gefokus op die area rondom Laerskool H.M. Swart. Daar is gewerk aan die hoek van Clerq- en Tsibitso Sibanyonistraat, die hoek van Clerq- en Kleijnhansstraat, en Kleijnhansstraat tussen Malherbe- en Tsibitso Sibanyonistraat. Dié…

End of content

End of content