AfriForum dien skrywes by SAPD in oor grondgrype
| |

AfriForum dien skrywes by SAPD in oor grondgrype

Die burgerregtewaghond AfriForum het op Woensdag 6 November 2019 skrywes by 20 polisiestasies in die Pretoria-omgewing ingehandig om die SAPD weer bewus te maak oor die wyse waarop grondgrype hanteer moet word. Dié skrywes is ingedien saam met ’n direktief wat die nasionale kommissaris vroeër vanjaar aan alle polisiestasies gestuur het. Dié aksie vorm deel…

SAPD ingelig oor hul pligte gedurende grondgrype
| |

SAPD ingelig oor hul pligte gedurende grondgrype

AfriForum het vandag ’n projek van stapel gestuur om soveel polisiestasies as moontlik in Gauteng, Limpopo en Mpumalanga te besoek en gidse te oorhandig wat die prosedure vir die polisie se hantering van grondgrype duidelik uiteensit. Grondgrype het sedert die begin van 2019 beduidend in die noordstreek toegeneem, met ongeveer 45 gevalle in Gauteng, vyf…

|

AfriForum eis antwoorde van departement oor Centurion-grondeis

AfriForum het met die proses vir ’n formele aansoek begin  om die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming te verplig om verdere en volledige besonderhede oor die grondeis in Centurion en omliggende gebiede bekend te maak. Dít volg nadat dié departement versuim het om op verskeie vorige versoeke van AfriForum in die verband te reageer….

|

Sowat duisend mense gee aan AfriForum mandaat teen Centurion-grondeis

Sowat 1 000 lede van die Centurion-gemeenskap het gisteraand by Leriba Lodge in Pretoria vergader om aan AfriForum ’n formele mandaat te gee om ’n residensiële grondeis, wat ongeveer  4 000 hektaar se onroerende eiendom raak en nagenoeg 2 000 huisgesinne betrek, teen te staan. “AfriForum tree tot die saak toe omdat honderde eiendomseienaars –…

|

Regters gee môre uitspraak in AfriForum se saak in Wes-Kaapse hooggeregshof

’n Volbank regters sal na verwagting môre uitspraak in AfriForum se hofaansoek in die Wes-Kaapse hooggeregshof gee. AfriForum het ’n dringende aansoek in dié hooggeregshof gebring om te keer dat die parlement se Grondwet-hersieningskomitee se verslag, om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, deurgestoomroller en deur die parlement goedgekeur word….

|

Rooimiere verwyder betreders van Maserumule-plaas

Die betreders wat onlangs dr. Motodi Maserumule, ʼn uitvoerende direkteur van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) se grond in die noorde van Pretoria beset en probeer verkoop het, asook alle strukture wat deur hulle opgerig is, is vanoggend deur die balju vanaf Maserumule se grond verwyder met bystand deur die Rooimiere en die SAPD.

|

Drakoniese wetgewing rondom landbougrondbesit moet gestuit word

AfriSake sal die Konstitusionele Hof nader indien die Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrondbesit deur die parlement goedgekeur word. Dié sakeregte-waghond het vandag in Centurion aangekondig dat hy ’n voorlegging teen die beoogde Wetsontwerp ingedien het nadat ’n omvattende regsopinie verkry is. Charles Castle, bestuurder by AfriSake, meen die Wetsontwerp sal in sy huidige formaat…

|

Moenie dink SA kan nie Zimbabwe-pad loop rondom grondbesettings

Ben Freeth, ’n boer van Zimbabwe en skrywer van die boek Mugabe en die wit Afrikaan, het vandag gewaarsku dat Suid-Afrikaners nie te gerus moet wees dat die land nie dieselfde pad as Zimbabwe kan loop wat grondhervorming betref nie. Hy het op ’n nuuskonferensie van AfriForum en Afrisake gesê as Suid-Afrikaners nie opstaan vir…

End of content

End of content