Mooirivier-buurtwagte neem deel aan nasionale patrollie
| |

Mooirivier-buurtwagte neem deel aan nasionale patrollie

AfriForum se Mooirivier-buurtwagte het op 14 en 15 Julie in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid op te skerp. Dié aksie het omstreeks 18:00 die Vrydagaand begin en tot 06:00 die volgende oggend voortgeduur. Sowat 201 patrolleerders…

AfriForum se veiligheidstrukture van die Wes- en Oos-Kaap hou massapatrollie
| |

AfriForum se veiligheidstrukture van die Wes- en Oos-Kaap hou massapatrollie

AfriForum se veiligheidstrukture in die Wes- en Oos-Kaap het op 14 en 15 Julie in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s), private sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsrolspelers ’n massapatrollie in hul onderskeie areas uitgevoer om sodoende sigbare polisiëring te verhoog. Die aksie het omstreeks 16:00 Vrydagmiddag begin en tot 06:00 Saterdagoggend geduur….

Durbanville-tak stig buurtwag, ontvang veiligheidstoerusting en -opleiding
| |

Durbanville-tak stig buurtwag, ontvang veiligheidstoerusting en -opleiding

AfriForum se Durbanville-tak het op 6 Julie die nuutgestigte Durbanville-buurtwag met veiligheidstoerusting toegerus en veiligheidsopleiding aan sy lede verskaf. Durbanville ondervind tans talle uitdagings met misdaad – veral in die sakekern. Inwoners kla al ’n geruime tyd dat dit uiters onveilig geraak het; soveel so dat mense dit nie na-ure in die sakekern waag nie….

AfriForum se Rustenburg-buurtwag en Rustenburg Crime Combating Forum beveilig begraafplaas vir besoekers
| |

AfriForum se Rustenburg-buurtwag en Rustenburg Crime Combating Forum beveilig begraafplaas vir besoekers

Die AfriForum-buurtwag in Rustenburg het deelgeneem aan ’n veiligheidsinisiatief wat gelei is deur die Rustenburg Crime Combating Forum (RCCF) in samewerking met die plaaslike gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF). Die gemeenskapsveiligheidstrukture het op 2 en 9 Augustus 2020 die Donkerhoek munisipale begraafplaas in Rustenburg beveilig sodat inwoners hul geliefdes se grafte kon besoek. Dié buurtwag het besluit om…

AfriForum rol moue op in Govan Mbeki-distrik
| |

AfriForum rol moue op in Govan Mbeki-distrik

AfriForum se Teks-tak (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda) het op 14 en 15 Februarie 2020 die tweede fase van dié tak se slaggatprojek afgeskop deur slaggate in Secunda te herstel. AfriForum-taklede, lede van die Secunda-gemeenskapspolisiëringsforum en ander gemeenskapslede het ingespring om die slaggate by die PDP Kruger-/Oliver Tambostraatverkeerslig en by die PDP Kuger-/Joe Slovostraatkruising te herstel. Altesaam…

AfriForum-buurtwag in Fochville hou gesamentlike Swart Vrydag-operasie
| |

AfriForum-buurtwag in Fochville hou gesamentlike Swart Vrydag-operasie

Die AfriForum-buurtwag in Fochville het tydens Swart Vrydag vir die eerste keer saam met die SAPD aan ’n geslaagde operasie deelgeneem. Lede van die buurtwag het van 06:00 saam met lede van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) voetpatrollies in die sakesentrum gedoen en het mense bedag gemaak op veiligheid. Hulle het veral aan ouer gemeenskapslede bystand verleen…

AfriForum se Benoni-buurtwag hou massasigbaarheidspatrollie
| |

AfriForum se Benoni-buurtwag hou massasigbaarheidspatrollie

Die AfriForum-buurtwag in Benoni het in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye en die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) op 16 Augustus 2019 ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede gehou om polisiëringsigbaarheid op te skerp. Dié aksie het omstreeks 18:00 begin en voortgeduur tot 04:00. Altesaam 61 patrolleerders het opgedaag om ’n verskil te maak en 1 359 km is in 215 manure afgelê….

End of content

End of content