Springs-tak beteken hofstukke aan NERSA oor elektrisiteitsprobleme in Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit
| |

Springs-tak beteken hofstukke aan NERSA oor elektrisiteitsprobleme in Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit

AfriForum se Springs-tak se regspan het op 3 Augustus hofstukke aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) beteken om die voortslepende kwessies rakende elektrisiteitsvoorsiening waaronder die inwoners van die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit gebuk gaan op te los . Dit volg nadat Springs en ander dorpe wat onder dié munisipaliteit val erge en aanhoudende kragonderbrekings ervaar…

Germiston-buurtwag trek twee verdagtes binne 24 uur vas
| |

Germiston-buurtwag trek twee verdagtes binne 24 uur vas

AfriForum se Germiston-buurtwag het op Vrydag 3 Februarie die polisie in Primrose aan die Oos-Rand gehelp om twee verdagtes vas te trek. Die polisie het daardie dag ’n lasbrief vir die inhegtenisneming van hierdie verdagtes uitgereik. Die Primrose-polisie het die buurtwag om hulp genader in verband met die arrestasie van twee verdagtes wat onder meer…

Sukses: AfriForum-buurtwag lê beslag op onwettige vuurwapen
| |

Sukses: AfriForum-buurtwag lê beslag op onwettige vuurwapen

Die AfriForum-buurtwag in Germiston, Gauteng, het op Vrydag 30 September beslag gelê op ’n onwettige vuurwapen van ’n verdagte op wie se spoor hulle die afgelope week was. Die Germiston-buurtwag het op 23 September inligting van die publiek ontvang oor ’n verdagte in die omgewing wat in besit was van ’n ongelisensieerde vuurwapen. Hulle het…

AfriForum-tak in Germiston betoog na moord op baba Chevonne
| |

AfriForum-tak in Germiston betoog na moord op baba Chevonne

AfriForum se Germiston-tak het op 25 Mei vreedsaam buite die Landdroshof in Germiston betoog na die moord op Chevonne Rusch (2) vroeër die maand. Die beskuldigde, Stefan van Niekerk, het in die hof verskyn en die AfriForum-tak het saam met vele ander teen sy borgtogaansoek betoog. “Dit is baie tragies om te verneem van die…

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Germiston-tak begin massa-skoonmaakprojek
| |

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Germiston-tak begin massa-skoonmaakprojek

Die AfriForum-tak in Germiston het oorlog teen die vuil toestand van die dorp verklaar en op 18 November 2019 ’n massa-skoonmaakprojek in die Lambton-omgewing geloods. Dié aksie vorm deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog, wat daarop gemik is om probleme in dorpe self op te los. Tydens die aksie het die tak die hele Webberstraat getakel….

#OnsDorp-veldtog: AfriForum dra by tot ’n groener toekoms
| |

#OnsDorp-veldtog: AfriForum dra by tot ’n groener toekoms

Die AfriForum-tak in Germiston het op 15 Oktober 2019 tien bome by die Prestasieskool in Elspark en die Afrikaanse Hoërskool Germiston geplant. Volgens Elize Hern, voorsitter van AfriForum se Germiston-tak, het AfriForum vanjaar reeds meer as 2 500 bome landwyd geplant. “Deur inheemse bome te plant bewaar ons nie net ons omgewing en maak dit ’n mooier plek…

AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte ontvang opleiding in toneelhantering
| |

AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte ontvang opleiding in toneelhantering

Die AfriForum-buurtwagte in Boksburg, Brakpan, Edenvale, Kempton Park, Germiston en Springs het op 17 September 2019 opleiding in toneelhantering ontvang. Hierdie opleiding is in Brakpan aangebied onder leiding van inspp. Eruka Mackenzie en Christo Botha van die Ekurhuleni-metropolisie. Nagenoeg 95 mense het die geleentheid bygewoon, wat hoofsaaklik op die hantering en beveiliging van misdaad- en ongelukstonele gefokus…

End of content

End of content