AfriForum se buurt- en plaaswagte simuleer plaasaanval en gyselaarbevryding
| |

AfriForum se buurt- en plaaswagte simuleer plaasaanval en gyselaarbevryding

AfriForum se Herald-plaaswag het op 21 Julie ’n simulasie van ’n plaasaanval en gyselaarbevryding aangebied. Die oefening was praktiese opleiding vir plaas- en buurtwagte sodat hulle tydens ’n plaasaanval doeltreffend, georganiseerd en gedissiplineerd kan reageer. Die operasie het bestaan uit die taktiese ontruiming van ʼn huis deur die volgende protospanne: Waboomskraal, Zebra en Herald. Ten…

AfriForum-buurtwagte span saam om groter Mosselbaai-gemeenskap te beveilig
| |

AfriForum-buurtwagte span saam om groter Mosselbaai-gemeenskap te beveilig

Verskeie AfriForum-buurtwagte het op 14 Julie in Groot-Brakrivier saamgekom om hul gemeenskap teen misdaad te beveilig. AfriForum se buurtwagte in Glentana, Groot-Brakrivier en Midbrak het om 16:00 die area in ’n konvooi begin patrolleer. Later het die konvooi in kleiner groepe verdeel om ’n groter grondgebied te dek. Die patrollie het tot 06:00 die volgende…

AfriForum se George-tak sien om na bejaardes
|

AfriForum se George-tak sien om na bejaardes

Die AfriForum-tak in George het op 17 en 20 Julie 2020 die taknoodfonds gebruik om noodsaaklikhede vir drie ouetehuise aan te koop. Huis JJ Watson, Rosemoor-ouetehuis en Tuiniqua Versorgingsentrum het handreiniger, handskoene, gesigmaskers, ’n bloeddrukmeter, asook voedsel en persoonlike benodighede ontvang. AfriForum se COVID-19-taakspan in die Wes-Kaap het ook aan dié tehuise nartjies geskenk om sodoende te…

#AfriForumStaanSaam vir Skole: George-tak skenk hulppakkette aan kleuterskole
|

#AfriForumStaanSaam vir Skole: George-tak skenk hulppakkette aan kleuterskole

Die AfriForum-tak in George het nege hulppakkette aan kleuterskole in die dorp versprei as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Die skolehulppakkette bevat COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Die waarde van een pakket beloop R6 500. Die volgende skole het pakkette…

AfriForum se Geelhoutboom-plaaswag ontvang opleiding in toneelhantering
|

AfriForum se Geelhoutboom-plaaswag ontvang opleiding in toneelhantering

AfriForum se Geelhoutboom-plaaswag buite George het op 5 Desember 2019 opleiding in toneelhantering ondergang en nuwe toerusting ontvang om hulle toe te rus om die uitdagings die hoof te bied wat hulle daagliks in dié landelike gebied ervaar. David Olivier, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die Suid-Kaap, het ná die oorhandiging van die nuwe toerusting opleiding…

AfriForum se nuutgestigte Geelhoutboomplaaswag ontvang opleiding
| |

AfriForum se nuutgestigte Geelhoutboomplaaswag ontvang opleiding

Lede van die burgerregteorganisasie AfriForum se Geelhoutboomplaaswag net buite George, het op 17 Oktober 2019 opleiding in regsaspekte ontvang. Die opleiding behels onder andere bepalings van die strafprosesregwet en het ten doel om lede van die plaaswag met die nodige kennis toe te rus om die gebied waarvoor hulle verantwoordelik is, binne die raamwerk van die…

AfriForum-takke woon GOP-werkswinkel in Groot-Brakrivier by
| |

AfriForum-takke woon GOP-werkswinkel in Groot-Brakrivier by

AfriForum se takke in Oudtshoorn, Mosselbaai en George het op 3 Oktober 2019 ’n werkswinkel in Groot-Brakrivier bygewoon. Deidré du Preez, AfriForum se raadgewer by plaaslikeregeringsake, het die opleiding, wat oor deelname aan die hersieningsproses van dié takke se onderskeie munisipale geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOP) gehandel het, aangebied. Die werkswinkel was spesifiek toegespits op die deelname van takbesture…

|

AfriForum woeker in George tydens #AnkerdorpPadskou

AfriForum het gewoeker in George tydens die organisasie se #AnkerdorpPadskou. Die plaaslike tak het onder meer water getoets, verskeie skoonmaakaksies aangepak en ’n vullisterreinoudit gedoen. AfriVriendelik en AfriForum Onderwys het ook onderskeidelik ’n sakeontbyt en verskeie teenboeliegesprekke in die omgewing aangebied. Die #AnkerdorpPadskou het ook op ’n hoë noot afgesluit met die afskop van die…

|

Kom vat vandeesmaand saam met AfriForum hande in George

Die AfriForum-tak in George en gemeenskapslede begin vandag moue oprol om dié Suid-Kaapse dorpie skoon te maak en reg te ruk. As deel van die organisasie se #AnkerdorpPadskou skop die #SkoonWater-projek vir 2019 ook vandag by die Rosemoor-ouetehuis in George af. Takke landwyd is ook gemobiliseer om die drinkwater- en rioolwatergehalte in dorpe waar daar…

End of content

End of content