|

(Video) Lesufi vaar uit en speel raskaart by Afrikaanse skole

Gemoedere het gisteraand (28/8/2018) hoog geloop by die Hoërskool Overvaal in Vereeniging tydens ’n openbare vergadering oor die departement van onderwys se wysigings aan die toelatingsvereistes vir skoliere in Gauteng. Die vergadering is deur Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, bygewoon. Die vraag-en-antwoord-sessie het in ’n rassegeveg ontaard toe ouers en gemeenskapslede emosie-belaaide uitlatings oor…

|

AfriForum eis verduideliking oor vrot vertaalde periodieke tabel

Die burgerregte-organisasie AfriForum eis ’n verduideliking van die Gautengse departement van onderwys ná hoërskoolleerlinge in hul Junie-eksamen deur ’n vraestel moes worstel met ’n periodieke tabel van elemente wat uiters vrot in Afrikaans vertaal is. In die tegniese wetenskappe-vraestelle vir gr. 10 en gr. 12-leerlinge het elemente soos Berillium (Be) byvoorbeeld verskyn as “wees”. Die…

Vierpotige nou deel van AfriForum-buurtwag in Gauteng
|

Vierpotige nou deel van AfriForum-buurtwag in Gauteng

Die AfriForum-buurtwag by die Grootfontein Landgoed in die ooste van Pretoria het vandeesmaand ʼn nuwe vierpoot-vennoot genaamd Tinta ingelyf om deel te neem aan hul veiligheidspatrollies. Tinta is ʼn reuse-Schnauzer en is vir die eerste keer ingespan tydens die burgerregte-organisasie se nasionale massapatrollie wat vroeg vandeesmaand plaasgevind het. Buurtwagte in Apiesrivier, Bronkhorstspruit, Meyerspark, die Moot,…

|

AfriForum dien strafregtelike klag in teen Gautengse departement van gesondheid

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ʼn strafregtelike klag by die Johannesburg Sentraal-polisiestasie ingedien om ondersoek in te stel na ʼn beweerde onregmatige tender van R24 miljoen wat deur die Gautengse departement van gesondheid toegeken is. Dié tender om gespesialiseerde mediese toerusting aan die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria te verskaf, is glo toegeken sonder…

|

Groot aanslag op Afrikaanse skole wag in 2017

Alet Rademeyer Die skooljaar het nog nie behoorlik afgeskop nie en dit lyk of ouers en leerlinge in veral Gauteng hul maar vir ’n jaar vol hoofbrekens kan voorberei. Die gebrek aan deeglike beplanning deur Panyaza Lesufi, omstrede LUR vir onderwys in die provinsie, en die oënskynlik onbevoegde amptenare in sy departement, het tot gevolg…

|

AfriForum verskaf handreiniger aan polisiestasies in Gauteng

AfriForum het vandag meer as 2 000 liter handreiniger aan polisie-eenhede in Gauteng geskenk om polisielede se risiko om COVID-19 tydens die uitvoer van hul pligte op te doen, te verlaag. AfriForum het die handreiniger by polisiestasies in die suide van Gauteng, die Wes-Rand, Oos-Rand en Pretoria afgelewer. Heelwat polisiestasies het nie genoeg handreiniger sodat hul…

End of content

End of content