Fochville-tak maak areas om substasies skoon
| |

Fochville-tak maak areas om substasies skoon

AfriForum se Fochville-tak het op 2 en 3 Junie saam met die Fochville-gemeenskap en die Fochville-gemeenskapsforum die areas rondom Fochville se hoofsubstasie skoongemaak as deel van ’n beveiligingsaksie. Dit volg nadat die dorp vir die afgelope drie weke onder ’n elektrisiteitskrisis gebuk gaan. Een substasie het ontplof en drie ander is gevandaliseer. Misdadigers het in…

Op-en-wakker AfriForum-buurtwaglid fnuik skaapdiewe
| |

Op-en-wakker AfriForum-buurtwaglid fnuik skaapdiewe

’n Patrollielid van AfriForum se Potchefstroom-buurtwag het op 5 Desember 2019 tydens ’n patrollie op twee bakkies met sleepwaens afgekom wat 105 skape vervoer het. Die patrollielid het die verdagte voertuie dopgehou en tot op die N12 in Fochville se rigting gevolg. Die patrollielid het ’n lid van die Potchefstroom-brandbeskermingsvereniging en ’n polisiereservis in Fochville met dié…

AfriForum-buurtwag in Fochville hou gesamentlike Swart Vrydag-operasie
| |

AfriForum-buurtwag in Fochville hou gesamentlike Swart Vrydag-operasie

Die AfriForum-buurtwag in Fochville het tydens Swart Vrydag vir die eerste keer saam met die SAPD aan ’n geslaagde operasie deelgeneem. Lede van die buurtwag het van 06:00 saam met lede van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) voetpatrollies in die sakesentrum gedoen en het mense bedag gemaak op veiligheid. Hulle het veral aan ouer gemeenskapslede bystand verleen…

AfriForum ondersteun aanvalslagoffer tydens hofsaak
| |

AfriForum ondersteun aanvalslagoffer tydens hofsaak

AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid het Meisie Reyneke op 26 November 2019 in die hof in Fochville ondersteun nadat Reyneke en haar man, Lammie, in 2018 by Kolgansdam buite Fochville aangeval is terwyl hulle gekamp het. Lammie het tydens die voorval gesterf. Die egpaar het by die dam gekamp toe twee verdagtes hul tent op 13 Oktober 2018…

AfriForum dien skrywes by SAPD in oor grondgrype
| |

AfriForum dien skrywes by SAPD in oor grondgrype

Die burgerregtewaghond AfriForum het op Woensdag 6 November 2019 skrywes by twee polisiestasies in die Fochville-omgewing ingehandig om die SAPD weer bewus te maak oor die wyse waarop grondgrype hanteer moet word. Dié skrywes is ingedien saam met ’n direktief wat die nasionale kommissaris vroeër vanjaar aan alle polisiestasies gestuur het. Dié aksie vorm deel…

AfriForum se Fochville-buurtwag hou eerste sigbaarheidspatrollie
| |

AfriForum se Fochville-buurtwag hou eerste sigbaarheidspatrollie

AfriForum se Fochville-buurtwag het op 11 Oktober 2019 hul eerste sigbaarheidspatrollie gehou om kriminele elemente in dié gebied te ontmoedig. Buurtwaglede het met aanvangs van die patrollie ook die nodige toerusting daarvoor ontvang. Verskeie veiligheidsinstansies het saam met die buurtwag aan die patrollie deelgeneem. “Ons gemeenskappe moet saamstaan en ’n verskil maak. Só kan ons…

AfriForum se Fochville-buurtwag ontvang opleiding
| |

AfriForum se Fochville-buurtwag ontvang opleiding

AfriForum se Fochville-buurtwag het op 6 September 2019 regs-en-risiko-opleiding ontvang. Dié nuut gestigte buurtwag het die opleidingsgeleentheid dadelik aangegryp om die patrolleerders met die nodige kennis toe te rus sodat hulle binne die raamwerk van die wet kan optree. Volgens André van den Berg, voorsitter van AfriForum se Fochville-tak, was daar die afgelope tyd ’n…

End of content

End of content