Vullisterreinoudit: KwaZulu-Natal
| | |

Vullisterreinoudit: KwaZulu-Natal

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanjaar 161 vullisterreine landwyd geoudit as deel van hulle nasionale projek om die toestand van vullisterreine in Suid-Afrika te bepaal. Slegs 1 uit die 10 vullisterreine wat in KwaZulu-Natal geoudit is, het aan die nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis 59 van…

Regering spandeer R22 miljoen aan standbeelde terwyl strande toe is weens riool
| |

Regering spandeer R22 miljoen aan standbeelde terwyl strande toe is weens riool

Die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit in KwaZulu-Natal het nagenoeg R22 miljoen spandeer om twee standbeelde op te rig terwyl strande steeds gesluit is omdat swak instandhouding van die infrastruktuur gelei het tot hoë vlakke E.coli in die water. Dié standbeelde van Oliver Tambo en oud president  Nelson Mandela is in 2017 by China aangekoop. Dit terwyl…

AfriForum eis aksieplan van Cogta in KwaZulu-Natal
| |

AfriForum eis aksieplan van Cogta in KwaZulu-Natal

AfriForum het vandag ’n brief aan Bongiwe Sithole-Moloi, LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta) gestuur waarin versoek word dat ’n plan van aksie binne 30 dae beskikbaar gestel word van hoe die munisipaliteite in KwaZulu-Natal (KZN) skutte gaan ontwikkel. Dit volg nadat verskeie munisipaliteite nie aan die KwaZulu-Natal se Skutwet, 2006 (Wet No….

Laer-suidkus-tak skaf nuwe veiligheidstoerusting aan
| |

Laer-suidkus-tak skaf nuwe veiligheidstoerusting aan

Verskeie veiligheidstoerusting soos koëlvastebaadjies, kolligte, noodhulpsakke, voertuigmagnete, kegels en pepergas is onlangs deur die Laer-suidkus-tak aangeskaf om buurtwagte toe te rus om die gemeenskap meer doeltreffend te beveilig. “AfriForum-buurtwagte speel ’n kardinale rol wanneer dit by misdaadbekamping kom  en hulle is al hoe meer aktief in die beveiliging van die gemeenskap betrokke daarom is hierdie…

Laer-suidkus-tak beteken prokureursbrief aan Ugu-distriksmunisipaliteit
| |

Laer-suidkus-tak beteken prokureursbrief aan Ugu-distriksmunisipaliteit

AfriForum se Laer-suidkus-tak het hul regspan op 9 Desember opdrag gegee om die Ugu-distriksmunisipaliteit aan te maan om watertoevoer te herstel en te handhaaf. Dit volg nadat verskeie gemeenskappe aan die suidkus van Natal al tot drie maande lank sonder water moet klaarkom. Die munisipaliteit skryf die langdurige watertoevoerprobleem toe aan ’n gebreekte pyp, maar…

AfriForum-takke waarsku departement om paaie te onderhou
| |

AfriForum-takke waarsku departement om paaie te onderhou

AfriForum se Vryheid- en Paulpietersburg-takke het op 9 Desember ’n brief aan die Departement van Vervoer in Vryheid gerig wat die departement waarsku om die gevaarlike slaggate op die R33- en R34-paaie te herstel. Dit volg nadat oneindige klagtes deur organisasies en lede van die gemeenskap nie aangehoor word nie. “Die R33 van Piet Retief…

AfriForum eis verwerping van onteieningswetsontwerp by Nasionale Raad van Provinsies
| |

AfriForum eis verwerping van onteieningswetsontwerp by Nasionale Raad van Provinsies

AfriForum het vandag ’n brief ter verwerping van die onteieningswetsontwerp by die kantoor van die KwaZulu-Natal Premier ingedien. AfriForum se brief beklemtoon dat die wetsontwerp verwoestende gevolge vir die reeds sukkelende ekonomie sal hê, burgers wreed van hul eiendomsreg sal ontneem, meer weë vir korrupsie moontlik sal maak en die finansiële sektor sal destabiliseer. Daar…

AfriForum dien Paia-aansoek teen eThekwini-metro in
| |

AfriForum dien Paia-aansoek teen eThekwini-metro in

AfriForum het op 7 Oktober ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) ’n aansoek teen die eThekwini-metro gebring. AfriForum eis ’n verslag van die skade wat deur die oorstromings veroorsaak is, ’n tydskedule vir die herstel van die skade sowel as ’n verslag oor die rampfonds vir die April 2022 oorstromings….

AfriForum-tak in Richardsbaai installeer gevorderde kamerastelsel
| |

AfriForum-tak in Richardsbaai installeer gevorderde kamerastelsel

Die AfriForum-tak in Richardsbaai het vier gevorderde aMadlozi-kameras, op strategiese plekke in Richardsbaai, geïnstalleer. Hierdie aksie vorm deel van die strategie van die Richardsbaai-tak om van tegnologie gebruik te maak om misdaad in die gemeenskap te help bekamp. “Ons het besluit om van die aMadlozi-kamerastelsel gebruik te maak aangesien dit alreeds in groot dele van…

AfriForum eis antwoorde by Valke oor oudburgemeester
| | | | |

AfriForum eis antwoorde by Valke oor oudburgemeester

AfriForum het ’n skriftelike navraag aan die provinsiale kommissaris van georganiseerde misdaad in KwaZulu-Natal gerig om navraag te doen oor die status van die ondersoek teen ’n vorige burgemeester van Newcastle. Dít volg nadat AfriForum in 2016 ’n strafregtelike klag by die SAPD ingedien het oor onreëlmatige aankope van drie kragopwekkers waarby die destydse burgemeester…

End of content

End of content