Breek die grendel: AfriForum stel maatreëls voor vir verslapping van die staat van inperking
|

Breek die grendel: AfriForum stel maatreëls voor vir verslapping van die staat van inperking

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n brief aan President Cyril Ramaphosa gerig waarin dié organisasie maatreëls vir die verslapping van die staat van inperking voorstel. In sy skrywe sê AfriForum dat die verslapping van die staat van inperking – wat op 23 April deur Ramaphosa aangekondig is – onvoldoende is om die skade te beperk…

Gryp geleentheid aan en doen aansoek vir noodfinansieringspakket
|

Gryp geleentheid aan en doen aansoek vir noodfinansieringspakket

Die COVID-19-pandemie gaan katastrofiese gevolge vir die land se ekonomie en verskeie ondernemings inhou. Die onafhanklike ekonoom Mike Schüssler bereken dat tot 1,6 miljoen poste in die formele sektor en ’n verdere 1,5 miljoen in die informele sektor weens die pandemie verlore kan gaan. Einde Desember het 10,2 miljoen mense in die formele sektor gewerk,…

|

Gemeenskappe moet steeds verantwoordelikheid vir hulself neem

Pres. Cyril Ramaphosa het in sy staatsrede gisteraand ’n Suid-Afrika vir die volgende dekade in die vooruitsig gestel wat klaarblyklik niks anders as ’n hersenskim is nie. Baie beloftes is gemaak wat gegewe die huidige krisisse rondom die ekonomie, werkloosheid, swak onderwys en gesondheidsorg en misdaad en geweld eenvoudig nie haalbaar is nie. Opposisiepartye, akademici…

|

Pres. Ramaphosa moet besin oor hoekom jong witmense SA verlaat

President Cyril Ramaphosa sê vandeesweek jong, wit Suid-Afrikaners moenie die land verlaat nie omdat hulle vaardighede onder meer nodig is om die land te bou. Hy meen die gevoel wat sommige van hulle het dat hulle nie in hul geboorteland welkom is nie, is onwaar. Die meerderheid Afrikaners sal egter nie met Ramaphosa saamstem nie….

|

Nuwe landbounetwerkorganisasie wil familieboere bystaan

Die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai), ’n landboubelangenetwerk vir boere deur boere, is vandag in Pretoria bekendgestel. Die organisasie is daartoe verbind om die regte, waardes, ideale en behoeftes van familieboere in die primêre produksiesektor te beskerm en bevorder. Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, sê die organisasie is gestig om bykomend tot beleidsbeïnvloeding ook ’n…

|

Tyd sal leer wat Trump-oorwinning vir SA beteken

“Nou is die tyd vir alle Republikeine, Demokrate en Onafhanklikes om te verenig. Ek wil ʼn president vir álle Amerikaners wees.” Só het die miljardêr-sakeman, Donald Trump, gereageer nadat hy vandag as die VSA se 45ste president verkies is. Hy het sy oorwinning verseker deur 288 van die 538 stemme uit die kieskollege te verower….

|

Onteieningswet kan Suid-Afrikaanse ekonomie vernietig

Deur: Jhua-Nine Wyrley-Birch As die voorgenome onteieningswet deur die parlement goedgekeur word, sal dit ’n verkragting van die Grondwet wees en die belangrikste beginsel van ’n demokratiese staat, naamlik eiendomsreg, vernietig. So meen Cornelius Jansen van Rensburg, uitvoerende hoof van AfriSake. Jansen van Rensburg het gereageer op die aanvaarding van die wet op onteiening deur…

End of content

End of content