Hof bevind Duduzane Zuma onskuldig op twee aanklagte
|

Hof bevind Duduzane Zuma onskuldig op twee aanklagte

Duduzane Zuma (38), seun van oudpres. Jacob Zuma, is vandag in die Randburgse landdroshof vrygespreek op aanklagte van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur. Landdros Tebogo Thupaatlase het in sy uitspraak gesê die staat kon nie bo redelike twyfel bewys dat Zuma skuldig is aan strafbare manslag of dat hy op die aand van…

|

Uitspraak in Duduzane Zuma-saak word op 12 Julie gelewer

Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, sal op 12 Julie hoor of hy aan strafbare manslag en roekelose en natalige bestuur skuldig is aldan nie. Adv. Mike Hellens (SC), Zuma Jr. se regsverteenwoordiger, en adv. Yusuf Baba, staatsaanklaer, het vandag hul slotbetoë in dié saak in die Randburgse landdroshof gelewer. Die saak spruit voort…

|

Twee getuig Duduzane Zuma het nie vinnig gery op dag van ongeluk

Die spoed waarteen Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, op die noodlottige dag gery het toe sy Porsche 911 op die M1-suid teen ’n minibus-taxi gebots het, was vandag die fokus van die verhoor in Randburgse landdroshof waarin hy op ’n klag van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur verskyn het. Zuma was…

|

Video: Duduzane Zuma getuig in hof hy is onskuldig

Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, het vandag in die  Randburgse landdroshof getuig dat hy onskuldig is aan die klag van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur. Hy verskyn op dié aanklagte nadat ’n vrou in ’n ongeluk dood is toe sy Porsche 911 naby die Grayston-afrit teen ’n minibus-taxi gebots het. Hy…

|

Duduzane Zuma se regspan vra ontslag, wil nie hê hy moet self getuig

Die regspan van Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, het vandag ’n aansoek om ontslag by die Randburgse landdroshof ingedien waar hy op aanklagte van strafbare manslag en nalatigheid verskyn. Oudpres. Jacob Zuma het tydens die hofverrigtinge sy opwagting gemaak om sy seun te ondersteun. Hy het ook in ’n ligte luim gesprekke met…

|

Duduzane Zuma pleit onskuldig op klag van strafbare manslag

Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, se saak waarin hy van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur aangekla word, het vandag in die Randburgse landdroshof begin. Yusuf Baba, staatsaanklaer, het in die begin van die hofverrigtinge gesê een klag van strafbare manslag is laat vaar nadat ’n verslag van ’n patoloog getoon het…

|

Klag van strafbare manslag groter kopseer vir Duduzane Zuma

Duduzane Zuna, seun van oudpres. Jacob Zuma, wat vandag in die handelshof in Johannesburg op aanklagte van korrupsie verskyn het, is op borgtog van R100 000 vrygelaat. Die saak wat verband hou met beweerde korrupsie en Zuma Jr. se beweerde aandeel en rol in die Guptas se pogings om Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies,…

|

Gerrie Nel reg om Duduzane Zuma te vervolg

“Niemand is bo die wet verhewe nie, selfs al is jou van Zuma.” Só het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, vandag gesê nadat adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, aangekondig het dat die burgerregtewaghond met regstappe begin het om Duduzane Zuma (seun van president Jacob Zuma) privaat op ’n strafregtelike klag…

End of content

End of content