AfriForum skenk voer aan Bo-Karoo-boere in nood
| |

AfriForum skenk voer aan Bo-Karoo-boere in nood

Die AfriForum-tak in die Bo-Karoo het gedurende die afgelope maand twee vragte voer van ongeveer 30 ton elk aan boere van die Hopetown- en Vosburg-omgewing geskenk en versprei in samewerking met die Douglas Jongboervereniging. Die boere in hierdie gebiede het onder ’n lang droogte gebuk gegaan en is daarna getref met brande wat groot gedeeltes…

AfriForum help boere deur konserte te hou en blikkieskos in te samel
|

AfriForum help boere deur konserte te hou en blikkieskos in te samel

  Die nood van boere wat die afgelope jare deur die lang uitgerekte droogte vererger is, is ’n saak wat die burgerregte-organisasie na aan die hart lê. AfriForum toer vanjaar saam met ’n paar van die land se topkunstenaars ten bate van boere wat negatief deur die droogte geraak of geruïneer is. Die konserte word…

Water-meesterplan: Takel éérs wanbestuur, sê AfriForum
| |

Water-meesterplan: Takel éérs wanbestuur, sê AfriForum

AfriForum is van mening dat Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, éérs die wanbestuurprobleem binne dié departement moet takel en ’n kultuur van aanspreeklikheid moet kweek alvorens die water-meesterplan wat gister bekend gemaak is, suksesvol uitgerol kan word. Hoewel AfriForum die aankondiging dat daar herstrukturering binne die departement gaan plaasvind verwelkom, is…

AfriForum en Aramex verleen hulp tydens Boks vir ’n Boervrou-projek
|

AfriForum en Aramex verleen hulp tydens Boks vir ’n Boervrou-projek

AfriForum en Aramex het derduisende bokse na Kimberley vervoer as deel van die Boks vir ’n Boervrou-projek. Die Vrouelandbouvereniging (VLV) van Wellington het dié projek van stapel gestuur om boervroue in droogtegeteisterde gebiede by te staan. “Ons het van AfriForum se kant af aangebied om as versamelpunt in Pretoria te dien. Die reaksie en omgee…

AfriForum-span help om duisende bokse by boervroue te kry
|

AfriForum-span help om duisende bokse by boervroue te kry

Oorweldigend! Dit is waarskynlik die beste woord waarmee die Boks-vir-’n-Boervrou-projek beskryf kan word. AfriForum, wat aangebied het om ’n aflaaipunt te wees vir die projek, is die afgelope week letterlik oorstroom met bydraes van die publiek. Elke dag het ’n verteenwoordiger van ’n skool, ’n kerk of onderneming of individue op eie stoom met ’n…

Klein gebaar kan boervroue in droogtegebiede hoop gee
|

Klein gebaar kan boervroue in droogtegebiede hoop gee

Die Boks-vir-’n-Boervrou-projek, wat deur twee vroue van die Wellington VLV aangepak is, is ’n verhaal wat die land aangryp en ’n tikkie hoop vir vroue in drooggeteisterde gebiede gaan bring. Die land gaan onder van die ergste droogtes in 100 jaar gebuk en daar is daagliks hartverskeurende verhale van mens en dier wat in gebiede…

AfriForum se Williston-tak hou ledevergadering
| |

AfriForum se Williston-tak hou ledevergadering

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Williston-tak het op 23 Augustus 2019 ’n ledevergadering gehou. Tydens hierdie vergadering het J.D. Smit, voorsitter van dié tak, die lede meer van AfriForum vertel, asook waarmee die tak die afgelope jaar besig was. Dr. Theo de Jager, president van die Wêreld Landbou-organisasie (WLO) en uitvoerende direksievoorsitter van die Suider-Afrika Agri-inisiatief…

End of content

End of content