Vullisterreinoudit: Gauteng bo blink onder stink
| | |

Vullisterreinoudit: Gauteng bo blink onder stink

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanjaar 161 vullisterreine landwyd geoudit as deel van hulle nasionale projek om die toestand van vullisterreine in Suid-Afrika te bepaal. Slegs 7 uit die 14 vullisterreine wat in Gauteng geoudit kon word, het aan die nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis 59…

Gauteng-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel
| |

Gauteng-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel

AfriForum se buurtwagte in Gauteng het op 14 en 15 April aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem. Die patrollie is in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye en gemeenskapslede uitgevoer, en word gehou om sigbaarheid reg oor Gauteng te verhoog. 21 buurtwagte in Pretoria, die Oos-Rand en die Wes-Rand het aan die patrollie deelgeneem. Altesaam 354 voertuie…

AfriForum stig Garsfontein-tak
| |

AfriForum stig Garsfontein-tak

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 22 Maart ’n splinternuwe tak gestig. Die Garsfontein-tak sluit Faerie Glen ook in. Dit volg nadat daar uit verskillende oorde navraag van AfriForum-lede vir ’n tak in die area was. Die takstigting het by Valleisig Nederduitse Gereformeerde Kerk in Faerie Glen plaasgevind, tydens die vergadering is daar uitgebrei oor die…

Lede van Centurion-buurtwag verleen hulp aan vrou
|

Lede van Centurion-buurtwag verleen hulp aan vrou

AfriForum se Centurion-buurtwaglede het op 9 Januarie ’n noodboodskap per Telegram van ’n vrou ontvang wat langs die N1-snelweg tussen die Bothalaan- en Rigel-afrit gestrand was. Die vrou moes noodgedwonge weens ’n pap band van die pad aftrek. Die N1 is bekend vir voorvalle van misdaad daarom het die buurtwaglede dadelik gereageer. Hulle was binne…

AfriForum rig dringende skrywes aan Tshwane-, Johannesburg- en Ekurhuleni-metro oor toestand van riviere
| | |

AfriForum rig dringende skrywes aan Tshwane-, Johannesburg- en Ekurhuleni-metro oor toestand van riviere

AfriForum het op 27 Oktober ’n dringende skrywe aan die Tshwane-, Johannesburg- en Ekurhuleni-metro gerig oor onverwerkte riool wat in die Hennops-, Kaalspruit- en Sesmylspruitrivier invloei. Dié drie riviere word al vir jare reeds erg besoedel weens onverwerkte riool wat uit mangate stroom en gereelde rioolstorting wat plaasvind. AfriForum het voorheen skrywes oor die probleme…

AfriForum se Heidelberg-tak skop #OnsDorp-projek af
| |

AfriForum se Heidelberg-tak skop #OnsDorp-projek af

Die AfriForum-tak in Heidelberg het op 29 September die #Onsdorp-projek afgeskop. ’n Boom is aan die plaaslike Voortrekkerkommando geskenk en op dié dag by die Ou Tronk in dié dorp geplant. Dewet Ungerer, AfriForum se koördineerder vir die Gauteng-Suid-area, sê dit is ’n riem onder die hart vir dié tak om met die plaaslike Voortrekkerkommando…

AfriForum se Roodepoort-tak hou massapatrollie
| |

AfriForum se Roodepoort-tak hou massapatrollie

AfriForum se tak in Roodepoort het op 21 Augustus sy maandelikse misdaadvoorkomende massapatrollie gehou. Dié patrollie het ’n rekordgetal van 165 deelnemende lede gelok en beloof om in die komende maande selfs méér deelnemers te betrek om die gemeenskap suksesvol te beveilig. Dit was ook die grootse wat in die afgelope maande gereël is. “Misdaadvoorkomingspatrollies…

End of content

End of content