De Goede Hoop-koshuis kry nuwe tuiste nóg nader aan Tukkies
|

De Goede Hoop-koshuis kry nuwe tuiste nóg nader aan Tukkies

Die trots Christelike, Afrikaanse studentekoshuis De Goede Hoop gaan in Januarie 2020 nie net ’n nuwe jaar inwy nie, maar ook na ’n nuwe perseel skuif. De Goede Hoop se nuwe tuiste sal in Burnettstraat, Hatfield, geleë wees by die gewese Huis Voortrekker. Dié terrein is byna ’n klipgooi van die Universiteit van Pretoria, asook…

AfriForum en bekendes klim Kilimanjaro vir behoeftige studente
|

AfriForum en bekendes klim Kilimanjaro vir behoeftige studente

Ses dae, 78 km, vier stappers en een gróót berg. Meyer Le Roux, een van die baasbreine agter die Buffelsfontein Baard-olie-handelsmerk, die sanger Chris Chameleon, Elrich Yssel van Forum Films en Nantes Kelder, koshuisvader van De Goede Hoop, gaan oor ’n maand die grootste berg in Afrika uitklim om fondse in te samel vir behoeftige…

|

De Goede Hoop stap vêr in stryd teen kanker

Vyf spanne van die privaat Afrikaanse koshuis De Goede Hoop het vanjaar deelgeneem aan die Kankervereniging van SA (Kansa) se Relay for Life-afloswedstryd in Pretoria. Die geleentheid het ten doel om bewustheid van kanker te verhoog en geld vir Kansa in te samel. Sowat 60 koshuisstudente het byna 830 km tydens die geleentheid afgelê. Volgens…

De Goede Hoop-studente kry gratis lidmaatskap by Harlequins-sportklub
|

De Goede Hoop-studente kry gratis lidmaatskap by Harlequins-sportklub

Studente van De Goede Hoop, ’n tuiste vir dinamiese studente met Christenwaardes en ’n passievolle gees vir Afrikaans, kry nou gratis lidmaatskap by die Harlequins-sportklub in Pretoria. Dit sluit onder meer gratis toegang tot die klub se rugby-, netbal-, muurbal-, rolbal-, hokkie- en krieketgeriewe in, asook afslag by die klub se restaurante. Lede ontvang ook…

|

HK-lede gesels oor eerste jaar by De Goede Hoop

De Goede Hoop-koshuis het op Saterdag 21 Oktober ’n opedag vir alle voornemende studente wat in 2018 in die Pretoria-omgewing wil studeer. Dié Afrikaanse privaatkoshuis is op ʼn Christelike grondslag geskoei en word deur die burgerregte-organisasie AfriForum ondersteun. Die koshuis het ten doel om ʼn inklusiewe tuiste vir enige Afrikaanssprekende student te wees. Dit kan…

|

De Goede Hoop bring jool terug Tuks toe

Studente van AfriForum Jeug Tukkies, De Goede Hoop-koshuis en die ambagskollege Sol-Tech het vanjaar hul eie jooloptog gehad om geld vir liefdadigheid in te samel nadat die Universiteit van Pretoria (UP) vroeër aangekondig het dat dié jare-oue tradisie vanjaar in ʼn ander formaat aangebied sou word. Volgens Rikus Delport, woordvoerder van die UP, word die…

|

Eerstejaars uit hul vel om by De Goede Hoop te wees

Die De Goede Hoop-koshuis het pas sy heel eerste groep eerstejaars verwelkom. Dié Afrikaanse privaatkoshuis is op ʼn Christelike-grondslag geskoei en word deur die burgerregte-organisasie AfriForum ondersteun. De Goede Hoop sal onafhanklik van Tuks se koshuise funksioneer, maar beoog ook om aan tradisionele kampus sport- en kultuur-aktiwiteite deel te neem. Die De Goede Hoop-koshuis is…

End of content

End of content