AfriForum-buurtwagte neem deel aan misdaadbekampingsinisiatief
| |

AfriForum-buurtwagte neem deel aan misdaadbekampingsinisiatief

AfriForum se buurt- en plaaswagte in Mpumalanga het op 14 Augustus 2020 aan ’n nasionale witligpatrollie-aand deelgeneem. Hierdie inisiatief is deur verskeie organisasies en individue ondersteun en het ten doel om hoër sigbaarheid te handhaaf en misdaad te voorkom. Hierdie patrollies het regdeur die nag plaasgevind. Buurt- en plaaswagte in dorpe in Mpumalanga wat insluit Argent, Delmas,…

AfriForum se Standerton-buurtwag help om inbrake te voorkom
| |

AfriForum se Standerton-buurtwag help om inbrake te voorkom

AfriForum se Standerton-buurtwag het sigbaarbaarheid in die Kosmos- en Florapark-woongebiede verhoog nadat die buurtwag agtergekom het dat die getal inbrake toegeneem het. Die inbrake wat by Kasselman Veiligheidsdienste aangemeld is, toon dat tussen vier en ses inbrake per week in dié buurte voorgekom het. Die AfriForum-buurtwag het daarom sy sigbaarheid in dié buurte verhoog en…

Wes-Rand-buurtwagte behaal verskeie suksesse
| |

Wes-Rand-buurtwagte behaal verskeie suksesse

AfriForum se buurtwagte in Randfontein, Roodepoort en Krugersdorp het gedurende die afgelope langnaweek verskeie arrestasies uitgevoer in samewerking met lede van die Wes-Rand SAPD, K9-eenheid en sekuriteitsmaatskappye. Dít volg nadat die SAPD die buurtwagte op 8 Augustus 2020 om hulp genader het met ’n lokval wat beplan is om ’n vermeende dwelmhandelaar vas te trek. Verskeie dwelms…

AfriForum se Langenhovenpark-buurtwag blus brand
| |

AfriForum se Langenhovenpark-buurtwag blus brand

AfriForum se Langenhovenpark-buurtwag in Bloemfontein het hul nuwe waterkar ingespan om op 9 Augustus 2020 in samewerking met die Mangaung-brandweer ’n brand naby ’n motorhandelaar en die R64 te help blus. Die buurtwag het die waterkar aangeskaf om die verspreiding van veldbrande te help voorkom. Hulle spog ook met twee nuwe grassnyers en drie bossiekappers wat reeds…

Hartswater-aanval: AfriForum-buurtwagte, SAPD en gemeenskapstrukture arresteer plaasmoordverdagtes
| | |

Hartswater-aanval: AfriForum-buurtwagte, SAPD en gemeenskapstrukture arresteer plaasmoordverdagtes

Die burgerregteorganisasie AfriForum is diep bedroef oor die moord op drie mense op ’n plaas buite Hartswater in die Noord-Kaap. Hoewel daar eers gister (27 Julie) op die moordtoneel afgekom is, dui alle indikasies daarop dat die aanval reeds Sondag 26 Julie 2020 plaasgevind het en dat die drie slagoffers ontvoer is of, in die ergste geval, hul…

AfriForum se plaas- en buurtwagte in Limpopo hou padblokkades
| |

AfriForum se plaas- en buurtwagte in Limpopo hou padblokkades

AfriForum se Matlabas-Suid-plaaswag in Thabazimbi en Matlabas-Noord-plaaswag in Ellisras, asook AfriForum se Ellisras-buurtwag het die afgelope twee weke ’n massa-aksie in samewerking met hul onderskeie SAPD-stasies gehou. Verskeie plaas- en buurtwaglede het by ses van die belangrikste toegangsroetes tot die gebied saam met vyf SAPD-stasies padblokkades opgestel. Tydens hierdie aksie is voertuie afgetrek en deursoek,…

AfriForum se Krugersdorp-buurtwag hou plaaspatrollie
| |

AfriForum se Krugersdorp-buurtwag hou plaaspatrollie

AfriForum se Krugersdorp-buurtwag het op 27 Junie 2020 ’n plaaspatrollie gehou om sigbaarheid in die landelike gebiede te verhoog. 78 lede van AfriForum se Krugersdorp-, Roodepoort- en Randfontein-buurtwag, EMGT, privaat sekuriteitsmaatskappye, ER24 en Netcare het aan dié plaaspatrollie deelgeneem. Die konvooi van 40 voertuie het tot in Tarlton gery, waarna die konvooi in twee groepe verdeel het….

AfriForum se Hessekwa-strukture neem aan nasionale versetpatrollie deel
|

AfriForum se Hessekwa-strukture neem aan nasionale versetpatrollie deel

AfriForum se Hessekwa-strukture, wat die Riversdal-buurtwag en die Albertinia-plaaswag insluit, het op 6 Junie 2020 aan AfriForum se nasionale versetpatrollie deelgeneem. Dié versetpatrollie vorm deel van die amptelike aktivering van AfriForum se buurt- en plaaswagte wat hul bedrywighede weer tydens vlak 3 van die inperking mag hervat. Altesaam 45 AfriForum-lede het aan die patrollie deelgeneem en het…

AfriForum se Matzikama-plaaswagte neem aan nasionale versetpatrollie deel
|

AfriForum se Matzikama-plaaswagte neem aan nasionale versetpatrollie deel

AfriForum se Matzikama-plaaswagte in Koekenaap, Kleinrivier, Trawal en Nuwerus het op 6 Junie 2020 aan AfriForum se nasionale versetpatrollie deelgeneem. Dié versetpatrollie vorm deel van die amptelike aktivering van AfriForum se buurt- en plaaswagte wat hul bedrywighede weer tydens vlak 3 van die inperking mag hervat. Altesaam 83 AfriForum-lede het in 58 voertuie aan die patrollie deelgeneem. Die…

AfriForum se Mpumalanga-buurtwagte neem aan nasionale versetpatrollie deel
|

AfriForum se Mpumalanga-buurtwagte neem aan nasionale versetpatrollie deel

AfriForum se buurtwagte in Mpumalanga het op 6 Junie 2020 aan die burgerregteorganisasie se nasionale versetpatrollie deelgeneem. Dié massapatrollie vorm deel van die amptelike aktivering van AfriForum se buurtwagte wat hul bedrywighede weer tydens vlak 3 van die inperking mag hervat. Die patrollie is in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye en gemeenskapslede gehou, wat gehelp het om sigbaarheid in…

End of content

End of content