AfriForum se Laeveld-buurtwagte ontvang opleiding in brandbestryding
| |

AfriForum se Laeveld-buurtwagte ontvang opleiding in brandbestryding

Die AfriForum-buurtwagte in die Laeveld het die afgelope naweek opleiding in brandbestryding ontvang. Forum Sekuriteit het die opleiding aan 12 buurtwaglede by die Rockview Lodge buite Nelspruit aangebied. Die doel van die opleiding was om buurtwaglede met teoretiese en praktiese kennis toe te rus om korrek en doeltreffend op te tree in noodsituasies. Gedurende die…

AfriForum se Springs-buurtwag in Endicott ontvang nuwe brandbestrydingstoerusting
| |

AfriForum se Springs-buurtwag in Endicott ontvang nuwe brandbestrydingstoerusting

Die AfriForum-tak en -buurtwag in Springs het op 16 Oktober 2020 brandbestrydingstoerusting aan die Endicott-buurtwag oorhandig. ’n Brandbestrydingstoestel met ’n waentjie is aan Endicott verskaf om hulle te help om brande te bestry. Die Springs-tak het ook ’n bykomende brandbestrydingswaentjie gebou wat veelsydig aangewend kan word tydens brandbestryding. Dié waentjie is toegerus met twee brandblussers,…

AfriForum se Kuruman-tak herstel Streekdiensteraad se brandbestrydingsvoertuig  
| |

AfriForum se Kuruman-tak herstel Streekdiensteraad se brandbestrydingsvoertuig  

Die AfriForum-tak in Kuruman het die dryfas van die Streekdiensteraad se enigste werkende brandbestrydingsvoertuig deur ’n plaaslike motorwerktuigkundige laat herstel. Die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit beskik nie oor die fondse om dié voertuie in stand te hou of te herstel nie. Die brandbestrydingsvoertuig word gereeld gebruik om brande in die omgewing te blus. Hoewel die AfriForum-tak…

Malalane-buurtwag help om brande in Marlothpark te bestry
| |

Malalane-buurtwag help om brande in Marlothpark te bestry

AfriForum se Malalane-buurtwag en MBM Protection Services het op 26 Augustus gehelp om brande in Marlothpark te blus. Dié brande het eiendomme bedreig en lede moes vinnig reageer om dit te blus. Daar is egter eiendomme wat tydens die brand verwoes is. Die Nkomazi-brandweer en plaaslike inwoners van Marlothpark het ook gehelp. “Ons is verlig…

AfriForum se Modjadjiskloof-plaaswag help om huisbrand te blus
| |

AfriForum se Modjadjiskloof-plaaswag help om huisbrand te blus

Lede van AfriForum se Modjadjiskloof-plaaswag het die plaaslike brandweer op 25 Augustus 2020 gehelp om ’n brand by ’n grasdakhuis in Duiwelskloof te blus. Die plaaswag het omstreeks 14:00 berig ontvang dat die huis aan die brand is, en plaaswaglede is dadelik saam met die brandweer en ander gemeenskapslede na die huis ontplooi. Die brand is ongeveer…

AfriForum se Tzaneen-buurtwag ontvang opleiding en brandbestrydingstoerusting
| |

AfriForum se Tzaneen-buurtwag ontvang opleiding en brandbestrydingstoerusting

AfriForum-buurtwaglede in Tzaneen het op 22 Augustus opleiding in brandbestryding ontvang wat deur die Letaba Fire Protection Association aangebied is. Altesaam 13 lede het die opleiding voltooi. AfriForum se Tzaneen-tak het ook ’n brandblusser-eenheid ter waarde van R17 000 vir die buurtwag aangekoop wat tydens noodgevalle op enige bakkie gelaai kan word om die brandweer, Brandbestrydingsvereniging en…

AfriForum-buurtwaglede werk saam om brand buite Potgietersrus te bestry
| |

AfriForum-buurtwaglede werk saam om brand buite Potgietersrus te bestry

AfriForum-buurtwaglede het op 16 Augustus die Potgietersrus-brandweer gehelp om ’n wegholbrand te bestry. Die buurtwag het ’n versoek van die brandweer in Potgietersrus ontvang om bystand te lewer met die blus van ’n veldbrand wat by die Percy Fyfe-pad en die R101 ontstaan het. AfriForum se buurtwaglede het die brand in samewerking met plaasboere en die…

AfriForum se Kuruman-buurtwag ontvang brandbestrydingsopleiding
| |

AfriForum se Kuruman-buurtwag ontvang brandbestrydingsopleiding

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Kuruman-buurtwag het op 9 November 2019 brandbestrydingsopleiding ontvang. Altesaam tien buurtwaglede het die kursus bygewoon wat onderwerpe soos die oorsake van brande, die bestryding van strukturele brande, asook die bestryding van veld- en bosbrande behandel het. “Hierdie opleiding is belangrik om doeltreffend hulp aan die owerhede te verleen tydens brande. Ons wil graag…

AfriForum se Laeveld-takke spog met nuwe brandbesrydingstoerusting
| |

AfriForum se Laeveld-takke spog met nuwe brandbesrydingstoerusting

AfriForum se Laeveld-takke het oor die afgelope maand nuwe brandbestrydingstoerusting ontvang. Dié toerusting is aan die Cairn Burnside-plaaswag buite Nelspruit en die Witrivier- en Machadodorp-buurtwagte geskenk. “Hierdie toerusting gaan ons help om wegholbrande in die Cairn-vallei te stuit,” sê Devon McCullough, voorsitter van AfriForum se Nelspruit-tak. Die toerusting word hoofsaaklik gebruik om gevaarlike brande te…

AfriForum se Winburg-buurtwag help om veldbrande te blus
| |

AfriForum se Winburg-buurtwag help om veldbrande te blus

AfriForum se Winburg-buurtwag het op 13 September 2019 gehelp om veldbrande in die gebied te bestry en te blus. ’n Voertuig het Saterdagoggend omgeslaan nadat die bestuurder beheer daaroor verloor het. Die veld naby die Wildlife Sanctuary in Winburg het tydens dié ongeluk aan die brand geslaan. Trevor Kalp, voorsitter van AfriForum se Winburg-buurtwag, is oor die…

End of content

End of content