AfriForum se buurtwag in Bronkhorstspruit help met brand tydens sigbaarheidspatrollie
| | | |

AfriForum se buurtwag in Bronkhorstspruit help met brand tydens sigbaarheidspatrollie

AfriForum se Bronkhorstspruit-buurtwag het op 1 Oktober in die vroeë oggendure hulp verleen aan ’n gesin wie se huis gebrand het. Magda Lewis, voorsitter van AfriForum se Bronkhorstpruit-buurtwag, en haar kollega het tydens ’n roetinesigbaarheidspatrollie ’n swart rookwolk gesien en onmiddellik ondersoek ingestel. Hul het besef dit is ’n huis wat brand en die buurtwag…

AfriForum se Middelburg-tak en -buurtwag help ouetehuis ná brand
| |

AfriForum se Middelburg-tak en -buurtwag help ouetehuis ná brand

AfriForum se tak en buurtwag in Middelburg het onlangs gehelp nadat die SAVF-tehuis vir bejaardes op dié dorp onder ’n brand deurgeloop het. Die brand het op 19 September in die linne- en waskamer gewoed, wat tot gevolg gehad het dat die wasmasjiene, strykysters en tuimeldroërs verwoes is. “Toe ons die nuus ontvang, het die…

Malalane-buurtwag help om brande in Marlothpark te bestry
| |

Malalane-buurtwag help om brande in Marlothpark te bestry

AfriForum se Malalane-buurtwag en MBM Protection Services het op 26 Augustus gehelp om brande in Marlothpark te blus. Dié brande het eiendomme bedreig en lede moes vinnig reageer om dit te blus. Daar is egter eiendomme wat tydens die brand verwoes is. Die Nkomazi-brandweer en plaaslike inwoners van Marlothpark het ook gehelp. “Ons is verlig…

AfriForum-buurtwaglede werk saam om brand buite Potgietersrus te bestry
| |

AfriForum-buurtwaglede werk saam om brand buite Potgietersrus te bestry

AfriForum-buurtwaglede het op 16 Augustus die Potgietersrus-brandweer gehelp om ’n wegholbrand te bestry. Die buurtwag het ’n versoek van die brandweer in Potgietersrus ontvang om bystand te lewer met die blus van ’n veldbrand wat by die Percy Fyfe-pad en die R101 ontstaan het. AfriForum se buurtwaglede het die brand in samewerking met plaasboere en die…

AfriForum se Standerton-buurtwag help om veldbrande te blus
| |

AfriForum se Standerton-buurtwag help om veldbrande te blus

Die AfriForum-buurtwag in Standerton het van 7 tot 10 Augustus gehelp om veldbrande in die gebied te bestry en te blus. Tydens die afgelope langnaweek is daar twee keer om hulp gevra op noodgroepe van boere in die Standerton-omgewing. Gerhard Moll, buurtwagvoorsitter, het buurtwaglede van die noodroepe in kennis gestel, waarna hulle onmiddellik hulp aan die…

AfriForum se Hartbeespoort-tak blus brand in Schoemansville
| |

AfriForum se Hartbeespoort-tak blus brand in Schoemansville

Die AfriForum-tak in Hartbeespoort het op 11 Augustus ’n brand langs die Oewerklub in Schoemansville geblus. Die tak se splinternuwe waterkar is gebruik om hulp te verleen tydens dié noodsituasie. “Ons het om 14:00 ’n oproep van die Schoemansville Oewerklub se bestuur ontvang wat ons hulp dringend versoek het nadat hulle opgemerk het dat die rietbosse…

Hartswater-plaasmoorde: AfriForum saam met honderde gemeenskapslede by moordverdagtes se eerste verskyning
|

Hartswater-plaasmoorde: AfriForum saam met honderde gemeenskapslede by moordverdagtes se eerste verskyning

AfriForum het vandag hofverrigtinge in Hartswater in die Noord-Kaap bygewoon, waar vyf verdagtes vir die wrede moord op Elzabie (54), Breggie (73) en Danie Brand (83) verskyn het. Honderde lede van die Hartswater- en omliggende gemeenskap het met plakkate na die landdroshof opgeruk om dié moorde te veroordeel, asook plaasmoorde in die algemeen. Die plaaslike…

Secunda-tak en -buurtwag help om brandende huis te blus
| | |

Secunda-tak en -buurtwag help om brandende huis te blus

Die AfriForum-tak en -buurtwag in Secunda se hulp is op 25 Julie 2020 ontbied nadat hulle in kennis gestel is van ’n huis wat naby die Matla-kragstasie brand. Die brandweer, boere van die omgewing en Jelani Security is ook na die brandende huis ontbied. “Toe ons die noodroep ontvang, het ons onmiddellik na die toneel gehaas, maar…

Standerton-tak en -buurtwag help om nóg ’n brandende huis te blus
|

Standerton-tak en -buurtwag help om nóg ’n brandende huis te blus

Die AfriForum-tak en -buurtwag in Standerton se hulp is op Vrydag 29 November 2019 ontbied toe die tweede brandende huis binne drie maande in Stanwest onder hul aandag gebring is. Die plaaslike brandweer is ook in kennis gestel, maar het nie opgedaag nie. Dit is ook die tweede keer dat die plaaslike brandweer nie by ’n…

Buurtwaglede ontvang brandbestrydingsopleiding
|

Buurtwaglede ontvang brandbestrydingsopleiding

Twaalf lede van AfriForum se Kraaifontein-buurtwag en die Kraaifontein Sektor 4B-buurtwag het die afgelope naweek vlak 1-opleiding in brandbestryding ontvang. AfriForum het dié opleiding in samewerking met SafeTech aangebied. “AfriForum wil die gemeenskappe bemagtig om in alle noodsituasies ondersteuning aan die gemeenskap te bied – hetsy dit is om brande te bestry, noodhulp vir beseerdes op…

End of content

End of content