Bothaville-tak verkla munisipale bestuurder oor riool in Valsrivier
| |

Bothaville-tak verkla munisipale bestuurder oor riool in Valsrivier

Die AfriForum-tak in Bothaville het op 14 September ’n strafregtelike klagte by die polisie ingedien teen Scotch Lehloenya, die munisipale bestuurder van die Nala Plaaslike Munisipaliteit, oor die riool wat in die Valsrivier ingestort word. ’n Pomp het uitgebrand wat veroorsaak dat die riool nie na die rioolwerke gepomp kan word nie. Die water het…

Bothaville-tak en boere herstel slaggate op R504 as deel van #OnsDorp-projek
| |

Bothaville-tak en boere herstel slaggate op R504 as deel van #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Bothaville het slaggate op die R504 herstel in samewerking met plaaslike boere wat ook gebruik maak van hierdie pad. Slaggate is op hierdie pad vanaf die vierrigtingstopstraat by Bothaville in die rigting van Leeudoringstad tot by Brug 14 herstel. Die R504 is ’n pad wat swaar verkeer dra, veral in oestyd, en…

Bothaville: Einde in sig aan rioolprobleme
| |

Bothaville: Einde in sig aan rioolprobleme

Nadat die AfriForum-tak in Bothaville al die afgelope twee jaar druk op die Nala Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen het oor rioolprobleme, is die einde aan dié probleme uiteindelik in sig. Die installasie van ’n pyp wat riool van Brandstraat na die rioolwerke moet neem, is feitlik klaar en sal verhoed dat riool in die Valsrivier beland….

AfriForum stig buurtwag in Bothaville
| |

AfriForum stig buurtwag in Bothaville

AfriForum se Bothaville-tak het op 17 Augustus die bestaande buurtwag in Bothaville verplaas om voortaan onder die vaandel van AfriForum te funksioneer omdat hulle die voordele wat dié burgerregteorganisasie aan buurtwagte bied, besef het. Die buurtwag is reeds gevestig en doen uitstekende werk in Bothaville. Die werksaamhede gaan net so voort, nou net as deel van…

Bothaville-tak verskaf hulppakkette aan ses skole
| |

Bothaville-tak verskaf hulppakkette aan ses skole

AfriForum se Bothaville-tak het hulppakkette aan ses skole in die dorp en omgewing geskenk as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Die skolehulppakkette bevat COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Die skole wat pakkette ontvang het, is Hoërskool Bothaville, Eben Dönges…

|

AfriForum ondersoek nuut geverfde pad tussen Kroonstad en Bothaville

Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan ondersoek instel nadat dit onder sy aandag gekom het dat die R727 tussen Kroonstad en Bothaville se strepe onlangs oorgeverf is, terwyl die pad in ’n haglike toestand is. Luidens mediaberigte loop dié nuut geverfde strepe deur talle slaggate op die gehawende pad, wat op sekere plekke byna soos grondpad lyk….

End of content

End of content