AfriForum se Heidelberg-tak skop #OnsDorp-projek af
| |

AfriForum se Heidelberg-tak skop #OnsDorp-projek af

Die AfriForum-tak in Heidelberg het op 29 September die #Onsdorp-projek afgeskop. ’n Boom is aan die plaaslike Voortrekkerkommando geskenk en op dié dag by die Ou Tronk in dié dorp geplant. Dewet Ungerer, AfriForum se koördineerder vir die Gauteng-Suid-area, sê dit is ’n riem onder die hart vir dié tak om met die plaaslike Voortrekkerkommando…

AfriForum se Witbank-tak vier boomplantmaand
| |

AfriForum se Witbank-tak vier boomplantmaand

Die AfriForum-tak in Witbank het onlangs as deel van die burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek 137 bome aan verskeie skole en instansies in Witbank geskenk en gehelp plant. Dié tak het besoek by die volgende skole en instansies afgelê: Hoërskool Generaal Hertzog, Laerskool Panorama, HTS Witbank, Witbank DBV, WH de Klerk Skool, Laerskool Kragbron, St. Thomas…

AfriForum vier boomplantmaand in Vredendal saam met skole
| |

AfriForum vier boomplantmaand in Vredendal saam met skole

AfriForum se Vredendal-tak het onlangs as deel van die burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek sy deel vir boomplantmaand gedoen deur nartjiebome aan verskeie skole en instansies in die Matzikama-distrik te skenk en te help plant. Die tak het verlede week besoek by die volgende skole afgelê: Hoërskool Vredendal, Laerskool Vredendal, Kleinrivier Primêr, Naasdrift Primêr, Trawal Primêr,…

AfriForum se Oos-Moot-tak staan Waverley-gemeenskap by
|

AfriForum se Oos-Moot-tak staan Waverley-gemeenskap by

AfriForum se Oos-Moot-tak het op 13 November 2019 ’n boom in Waverley verwyder wat ’n straat versper het. Weens die sterk wind wat die afgelope tyd in die omgewing woed, het die boom omgewaai en in die straat geval. Die tak het onmiddellik die gebied beveilig en die boom in stompe gesaag en verwyder. Volgens Gideon van…

Boomplantmaand: AfriForum se Stellenbosch-tak dra by tot ’n groener toekoms
| |

Boomplantmaand: AfriForum se Stellenbosch-tak dra by tot ’n groener toekoms

Die AfriForum-tak in Stellenbosch het in September vanjaar 13 bome aan Animal Welfare Society Stellenbosch geskenk as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek. Volgens Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland, het AfriForum reeds vanjaar nagenoeg 2 530 bome landwyd geplant. “Deur inheemse bome te plant, bewaar ons nie net ons omgewing en…

AfriForum plant bome by skole in Witrivier
| |

AfriForum plant bome by skole in Witrivier

AfriForum het op 18 September 2019 sestig maroelabome by Laerskool Witrivier, Hoërskool Rob Ferreira, Uplands College en Laeveld Akademie in Witrivier geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaand. AfriForum se takke in Mpumalanga beplan om nog vele boomplantaksies gedurende September aan te pak. Volgens Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, beoog…

AfriForum plant bome by Laerskool Lydenburg
| |

AfriForum plant bome by Laerskool Lydenburg

AfriForum het op 18 September 2019 twee spekboompies by Laerskool Lydenburg geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaand. Dit is die eerste van ’n reeks boomplantaksies wat AfriForum se takke in Mpumalanga gedurende September aanpak. Volgens Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, beoog die organisasie om vanjaar landwyd meer as 3 000…

Boomplantmaand: AfriForum se Vryburg-tak dra by tot ’n groener toekoms
| |

Boomplantmaand: AfriForum se Vryburg-tak dra by tot ’n groener toekoms

Die AfriForum-tak in Vryburg het op Erfenisdag vier olienhoutbome by die Groot Trek Monumente buite Vryburg geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek. Die tak het onlangs ook die monumente se heining herstel. Volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland, beoog dié organisasie om vanjaar landwyd meer as 3 000 bome te plant….

End of content

End of content