AfriForum maak Bethal skoon ná onwettige protes
| |

AfriForum maak Bethal skoon ná onwettige protes

AfriForum se Bethal-tak het ingespring en die ingange na dié dorp skoongemaak nadat betogers die paaie versper het gedurende die nag van 19 Augustus. Onwettige protesoptredes weens swak dienslewering het daartoe gelei dat al die hoofroetes wat na Bethal lei met brandende bande versper is. Die N17, R35, R38 en R545 is deur die betoging geraak….

AfriForum Jeug dien klag teen SUT-student in ná rassistiese dreigement
|

AfriForum Jeug dien klag teen SUT-student in ná rassistiese dreigement

AfriForum Jeug het op 20 Februarie 2020 ’n klag van aanhitsing tot geweld en rassisme teen ’n student van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) by die Parkweg-polisiestasie in Bloemfontein ingedien. Dié student, Boitumelo Mokobe, het op sosiale media gedreig het om vyf wit studente te verbrand nadat die radiostasie OFM die studente as gewelddadig en…

AfriForum Jeug eis optrede van UV-bestuur ná ontwrigting by studenteregistrasie
|

AfriForum Jeug eis optrede van UV-bestuur ná ontwrigting by studenteregistrasie

AfriForum Jeug het vandag ’n skrywe aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se bestuur gerig waarin optrede teen studenteraadslede (SR) en ander betogers geëis word vanweë die feit dat die 2020-registrasieproses aanhoudend ontwrig word. Dít volg nadat die SR, lede van die South African Students’ Congress (Sasco) en EFF-studenteleiers verlede week begin betoog het…

Ernstige beroep op Lesufi oor veiligheid van skole ná AfriForum, SAPD en taxi’s veilige ontruiming van skool verseker
|

Ernstige beroep op Lesufi oor veiligheid van skole ná AfriForum, SAPD en taxi’s veilige ontruiming van skool verseker

AfriForum en die Solidariteit Beweging se  Skoleondersteuningsentrum (SOS) is bekommerd oor die veiligheid van leerders en personeel van skole in die Pretoriase middestad nadat AfriForum se gemeenskapsveiligheidspan saam met die SAPD en taxi’s die Prinshofskool vir swaksiende en blinde kinders help ontruim het tydens vandag se betogings. Die gemeenskapsveiligheidspan het, op versoek van bekommerde ouers,…

|

AfriForum: Zuma moet onmiddellik afgedank en vervolg word

  “Zuma is oneerlik, sonder ʼn greintjie integriteit en ʼn enorme verleentheid vir die land.” Só meen Kallie Kriel, uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum, nadat die Hooggeregshof in Pretoria vanoggend beslis het dat die openbare beskermer (OB) se omstrede staatskapingsverslag vandag voor 17:00 uitgereik moet word. Die burgerregte-organisasie is van mening dat dié ingrypende…

|

Ouers en studente van Tukkies raak keelvol vir bestuur se slap houding

AfriForum het vanoggend verskeie navrae van ouers van studente by die Universiteit van Pretoria (UP) gekry oor dié instelling se hantering van ’n handjievol betogers. Die universiteit was aanvanklik oop, maar het omstreeks 10:30 gesluit nadat sowat 20 studente gedreig het om klasse te ontwrig.

|

SA regering verantwoordelik vir opstande op kampusse

Verskeie universiteite is vandag steeds gesluit weens volgehoue druk en dreigemente van betogende studente om universiteitskampusse onregeerbaar te maak indien hul nie gratis gehalte-onderrig kry nie. Tydens dié oproer het betogers universiteite in Gauteng, die Wes-Kaap, Noord-Kaap en Vrystaat tot stilstand gebring nadat dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, Maandag aangekondig het dat universiteite…

End of content

End of content