Bethal-tak en inwoners maak dorp beter
| |

Bethal-tak en inwoners maak dorp beter

AfriForum se Bethal-tak het op Donderdag 10 Augustus nog ’n slaggatprojek voltooi. Dié keer was die fokus op Tsibitso Sibanyonistraat. Daar is besluit om aan hierdie straat aandag te gee omdat verskeie inwoners oor die toestand daarvan gekla het. Slaggate in Tsibitso Sibanyonistraat tussen Malherbe- en Kieserstraat is opgevul. Teer vir die projek is deur…

Bethal-tak se slaggatprojek verseker motoriste se veiligheid
| |

Bethal-tak se slaggatprojek verseker motoriste se veiligheid

AfriForum se Bethal-tak het op 27 Julie nog ’n twee dae lange slaggatprojek voltooi om die veiligheid van motoriste te verseker. Dié tak het besluit om op Kleijnhansstraat te fokus aangesien die pad al hoe gevaarliker word vir padgebruikers. Tydens hierdie projek is 180 sakke teer gebruik om al die slaggate op te vul. Dit…

Bethal-tak vul nóg slaggate op
| |

Bethal-tak vul nóg slaggate op

AfriForum se Bethal-tak het op 6 Julie nóg ’n slaggatprojek voltooi. Gedurende dié projek, wat oor drie dae gestrek het, is daar gefokus op die area rondom Laerskool H.M. Swart. Daar is gewerk aan die hoek van Clerq- en Tsibitso Sibanyonistraat, die hoek van Clerq- en Kleijnhansstraat, en Kleijnhansstraat tussen Malherbe- en Tsibitso Sibanyonistraat. Dié…

Bethal-tak skenk kos aan tehuise
| |

Bethal-tak skenk kos aan tehuise

AfriForum se Bethal-tak het al gedurende Mei op twee verskillende geleenthede kos uit hul gemeenskapstuin aan die Palmoord-aftreeoord en Silwerjare Tehuis vir bejaardes in Bethal geskenk. Die spinasie wat uit dié tuin geoes en geskenk is, weeg ongeveer 100 kg. Hierdie gemeenskapstuinprojek word deur die plaaslike AfriForum-tak onderhou en verbou tans groente en vrugte soos…

Bethal-gemeenskap staan saam te midde van waterkrisis
| |

Bethal-gemeenskap staan saam te midde van waterkrisis

AfriForum se Bethal-tak het die Bethal-gemeenskap, wat onder ’n waterkrisis gebuk gaan, die afgelope drie maande ondersteun. Dié voortslepende waterkrisis duur al vanaf November 2022 en het die hoogliggende dele van Bethal se krane droog gelaat. Geen verduideliking is deur die Govan Mbeki-munisipaliteit gegee nie behalwe dat daar te min invloei in die reservoirs is…

Bethal-tak se noodwaterpunt kom tot gemeenskap se redding
| |

Bethal-tak se noodwaterpunt kom tot gemeenskap se redding

Die AfriForum-tak in Bethal se noodwaterpunt staan gemeenskap sedert 12 April by tydens waternood. Rand Water het na bewering probleme by ’n pompstasie ondervind en kon nie water aan die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit voorsien nie. Rand Water het intussen die water weer aangeskakel, maar teen 14 April was inwoners se krane nog leeg. Hierdie…

AfriForum se Bethal-tak skenk bome aan Morgenzon Landbou Akademie
| |

AfriForum se Bethal-tak skenk bome aan Morgenzon Landbou Akademie

Die AfriForum-tak in Bethal het op 29 September tien inheemse bome aan die Morgenzon Landbou Akademie geskenk. Hierdie inisiatief vorm deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek. Meer as 3 000 bome is reeds vanjaar reg oor die land geplant. Die tak het die afgelope paar jaar reeds bome by skole, tehuise en die plaaslike polisiekantoor geplant. Daar…

AfriForum se Bethal-tak maak Nestlé-driehoek skoon
| |

AfriForum se Bethal-tak maak Nestlé-driehoek skoon

Die AfriForum-tak in Bethal het op 29 September die driehoek by die Nestlé-brug op dié dorp skoongemaak. Die rotstuin op die driehoek was oortrek met bossies voordat dit skoongemaak is. Dié tak sien reeds vir drie jaar om na die driehoek in Bethal. Talle inwoners en besoekers aan dié dorp sien daagliks die driehoek omdat…

AfriForum se volhoubare projekte help Bethal
| |

AfriForum se volhoubare projekte help Bethal

AfriForum se volhoubare selfdoenprojekte is ’n noodsaaklikheid vir Bethal. Bethal is ’n dorp wat ’n volgehoue onderbreking van munisipale dienslewering ervaar. Juis daarom het die plaaslike AfriForum-tak volhoubare maandelikse of selfs weeklikse projekte geloods om die gemeenskap te help. AfriForum het in 2018 ná menige wateronderbreking ’n noodwaterpunt opgerig. Dié projek is geloods in samewerking…

Gevaarlike kruising in Bethal beveilig
| |

Gevaarlike kruising in Bethal beveilig

AfriForum se Bethal-tak het op 25 Augustus ’n gevaarlike kruising op die N17 beveilig deur ’n boom te snoei. Die boom, wat op die hoek van Tsibitsa Sibanyonistraat en die N17 groei, het dié kruising se stoptekens versteek. Bethal-inwoners was bekommerd omdat vragmotors nie die stoptekens kon sien nie en dan volstoom oor die kruising…

End of content

End of content