ONTTREKKING VAN SEKERHEIDSGROENSKRIF: EERSTE OORWINNING IN BELASTINGPROTESVELDTOG
|

ONTTREKKING VAN SEKERHEIDSGROENSKRIF: EERSTE OORWINNING IN BELASTINGPROTESVELDTOG

AfriForum het vandag die onttrekking van die groenskrif vir maatskaplike sekerheid deur minister Lindiwe Zulu bestempel as ’n belangrike eerste oorwinning in sy belastingprotesveldtog wat gister afgeskop het. Volgens Johan Kruger, hoof van Gemeenskapsontwikkeling by AfriForum, moet momentum nou verder gebou word om omvattende belastinghervorming in Suid-Afrika teweeg te bring. Die bekendstelling van AfriForum se…

NGV skend Grondwet: AfriForum gaan gesondheidsdepartemente vir wanbesteding van R5,8 miljard aankla
| |

NGV skend Grondwet: AfriForum gaan gesondheidsdepartemente vir wanbesteding van R5,8 miljard aankla

AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie ’n omvattende verslag bekendgestel oor hoekom die inwerkingstelling van nasionale gesondheidsversekering (NGV) in Suid-Afrika ongrondwetlik sal wees. Die verslag verduidelik verder waarom die impakstudie waarop NGV gegrond is, totaal ontoereikend is en die wetsontwerp dus tersyde gestel moet word. “Volgens die verslag maak Artikel 27 van die Grondwet net…

NGV: Die werklike feite
| |

NGV: Die werklike feite

Na aanleiding van President Cyril Ramaphosa se kommentaar in die parlement waartydens hy ’n rooskleurige prentjie geskilder het van die nuwe wetsontwerp oor nasionale gesondheidsversekering (NGV), gee AfriForum die werklike feite oor hierdie kontroversiële wetsontwerp wat verreikende gevolge vir alle Suid-Afrikaners inhou. Dit is ’n omvattende wetsontwerp wat beoog om die gesondheidsorgbedryf in die land…

|

AfriForum dien klagtes in weens R92 miljoen-wanbesteding deur Noord-Kaapse departement

Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch AfriForum het vandag as deel van sy “Genoeg is Genoeg”-veldtog – wat op Maandag, 18 April afgeskop het – ’n strafregtelike klag ingedien teen Gugulethu Matlaopane, hoof van die Noord-Kaapse departement van gesondheid. Dít volg nadat die organisasie die departement se jaarverslag ontleed het en bevind het dat Matlaopane ingevolge artikel 86…

|

AfriForum dien klagtes in weens R1,57 miljard se wanbesteding deur Vrystaatse departemente

AfriForum het vandag as deel van sy “Genoeg is Genoeg”-veldtog – wat op Maandag, 18 April afgeskop het – strafregtelike klagtes ingevolge artikel 86(1) van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999, ingedien teen Nthimotse Mokhes, hoof van die Vrystaatse departement van menslike nedersettings, en Ramathe Stanley Malope, hoof van die Vrystaatse departement van onderwys.

|

AfriForum dien klag in teen voormalige departementshoof van gesondheid in Nelspruit

Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag strafregtelike klagtes teen Richard Mnisi, voormalige departementshoof van gesondheid in Mpumalanga, ingedien ingevolge artikel 86(1) van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1998. Die klagtes is by die polisiestasie in Nelspruit ingedien.

End of content

End of content