AfriForum se Middelburg-tak en -buurtwag help ouetehuis ná brand
| |

AfriForum se Middelburg-tak en -buurtwag help ouetehuis ná brand

AfriForum se tak en buurtwag in Middelburg het onlangs gehelp nadat die SAVF-tehuis vir bejaardes op dié dorp onder ’n brand deurgeloop het. Die brand het op 19 September in die linne- en waskamer gewoed, wat tot gevolg gehad het dat die wasmasjiene, strykysters en tuimeldroërs verwoes is. “Toe ons die nuus ontvang, het die…

Die AfriForum Jeug-tak in Christiana verras bejaardes
| |

Die AfriForum Jeug-tak in Christiana verras bejaardes

Die AfriForum-tak in Christiana se jeugvleuel het op 2 September bejaardes van die SAVF Edith Smith-tehuis verras met gevulde pannekoeke. Dié jeugvleuel is ook vanaf 1 September aktief en hul het sommer onmiddellik aan die werk gespring met hul eerste goedvoelprojek. Die gevulde pannekoeke was die perfekte verversing op ’n koue dag. Shanique Jacobs, verteenwoordiger…

AfriForum se Stellenbosch-tak bederf bejaardes
|

AfriForum se Stellenbosch-tak bederf bejaardes

AfriForum se Stellenbosch-tak het op 8 Julie 2020 beskuit en koeksisters aan drie plaaslike ouetehuise geskenk wat tydens die tehuise se daaglikse teetyd genuttig kan word. Geluksoord, Utophia en Azaleahof in Stellenbosch het van dié skenkings ontvang. Die skenking is moontlik gemaak deur gebruik te maak van die Stellenbosch-tak se taknoodfonds, waar inwoners van die gemeenskap donasies…

AfriForum sit immuniteitsprojek in Suid-Kaap voort
|

AfriForum sit immuniteitsprojek in Suid-Kaap voort

Die burgerregteorganisasie AfriForum het sy Wes-Kaapse immuniteitsprojek vroeër in Mei in die Kaapse metropool afgeskop en op 21 Mei na die Suid-Kaap uitgebrei. Nartjies is, soos in die Overstrand, aan verskeie ouetehuise en aftree-oorde geskenk. AfriForum is ook besig met dié inisiatief in ander provinsies in Suid-Afrika. “Met dié projek wil ons mense bewus maak…

AfriForum se Rustenburg-tak doen herstelwerk vir bejaardes
|

AfriForum se Rustenburg-tak doen herstelwerk vir bejaardes

AfriForum se Rustenburg-tak het oor die afgelope 12 maande herstelwerk en instandhouding ter waarde van R120 000 in samewerking met Demar Konstruksie by die munisipale woonstelle vir bejaardes in Kremetartlaan en Kerkstraat verrig. Dié werk behels hoofsaaklik die vervanging van geisers en hoëdrukkleppe, en die herstel van waterpyplekke. “Die instandhouding en herstelwerk van die woonstelle is…

AfriForum se Potchefstroom-tak ondersteun tehuise vir bejaardes met handreiniger
|

AfriForum se Potchefstroom-tak ondersteun tehuise vir bejaardes met handreiniger

Die AfriForum-tak in Potchefstroom het op 11 Mei 50 liter handreiniger aan inwoners van die Ons Hulde- en Samuel Broadbent-tehuis vir bejaardes oorhandig. Dié skenking is gemaak om die tehuise tydens die staat van inperking – waartydens  beperkte finansies beskikbaar is – te ondersteun en is by albei tehuise met groot dankbaarheid ontvang. “Dit is vir ons…

AfriForum stuur Wes-Kaapse immuunstelsel-inisiatief in samewerking met Solidariteit Helpende Hand van stapel
|

AfriForum stuur Wes-Kaapse immuunstelsel-inisiatief in samewerking met Solidariteit Helpende Hand van stapel

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 7 Mei 2020 sy Wes-Kaapse immuunstelsel-inisiatief in samewerking met Solidariteit Helpende Hand in die Kaapse metropool en die Overstrand van stapel gestuur waartydens verskeie ouetehuise in die noordelike voorstede van Kaapstad nartjies ontvang het. AfriForum het hierdie inisiatief reeds in ander provinsies in Suid-Afrika ook van stapel gestuur. “Met hierdie inisiatief wil…

Pietersburg-tak ontsmet polisiestasie en tehuis vir bejaardes teen COVID-19
|

Pietersburg-tak ontsmet polisiestasie en tehuis vir bejaardes teen COVID-19

AfriForum se Pietersburg-tak het op 1 Mei 2020 ’n projek van stapel gestuur om persele waar noodsaaklike dienste gelewer word, te ontsmet. Potgietersrus se polisiestasie was eerste aan die beurt en die taak is spoedig afgehandel. Die tak het vier batteryaangedrewe rugsakspuite aangekoop juis met die doel om bystand te lewer tydens die COVID-19-krisis. “Lede van Potgietersrus…

AfriForum se takke in Limpopo skenk handreiniger en gesigmaskers
|

AfriForum se takke in Limpopo skenk handreiniger en gesigmaskers

Die AfriForum-takke in Limpopo het op in April 2020 ’n groot aantal handreiniger en gesigmaskers aan verskeie organisasies in die provinsie geskenk om hulle teen die opdoen van COVID-19 te help beskerm. Die volgende instansies het handreinigers en gesigmaskers ontvang: die Jo-Ann Rusoord vir bejaardes in Pietersburg die Piet Potgieter Tehuis vir bejaardes in Potgietersrus…

AfriForum se Laeveld-takke skenk handreiniger en gesigmaskers
|

AfriForum se Laeveld-takke skenk handreiniger en gesigmaskers

Die AfriForum-takke in die Laeveld het gedurende April 2020 ’n groot aantal handreiniger en gesigmaskers aan verskeie organisasies geskenk om hulle teen die opdoen van COVID-19 te help beskerm. Op 16 April het die Witrivier-tak voorraad aan die SAVF Rustig-ouetehuis geskenk. Die Machadodorp-tak het op 17 April handreiniger en gesigmaskers aan die SAVF Silverdae-tehuis geskenk. Die takke in…

End of content

End of content