‘Onaantasbare’ Malema en Moyane in adv. Nel se visier
| |

‘Onaantasbare’ Malema en Moyane in adv. Nel se visier

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se Privaatvervolgingseenheid, het vandag tydens ’n mediakonferensie aangekondig dat sy eenheid ’n mandamus-aansoek op die Nasionale Vervolgingsgesag (NGV) en die minister van justisie beteken het om die NVG deur die hof te dwing om ’n besluit te neem oor die vervolging van EFF-leier Julius Malema vir beweerde korrupsie, bedrog,…

AfriForum dien klagtes teen spandabelrige burgemeester in
|

AfriForum dien klagtes teen spandabelrige burgemeester in

Terwyl haar munisipaliteit as een van die swakste in die land gebrandmerk word, het Andrina Matsemela, burgemeester van die Mogalakwena Plaaslike Munisipaliteit, dit verlede jaar goedgedink om ’n rojale R1,5 miljoen se munisipale fondse op ’n sogenaamde poeierverfpretloop vir haar verjaardag uit te gee. AfriForum het vandag strafregtelike klagtes teen Matsemela én Charles Malema, hoof…

|

Dihlabeng munisipale bestuurder in hegtenis ná AfriForum-ingryping

Die munisipale bestuurder van die Dihlabeng-munisipaliteit, Busa Molatseli (53), en mnr. Tefo Warnic Montsitsi (51), direkteur van die Zero Tolerance Veiligheidsmaatskappy, is elk op borgtog van R10 000 vrygelaat nadat hulle gister in die landdroshof in Kroonstad op aanklag van tenderbedrog en korrupsie verskyn het. Hulle is Maandag in Bethlehem deur die Valke gearresteer. Hulle…

|

AfriForum-takvoorsitter beseer tydens ondersoek na gebarste waterpyp

’n Voorsitter van een van AfriForum se plaaslike takke is beseer nadat sy verlede week kniediep in ’n gat geval het toe ’n stuk teerpad onder haar meegegee het. Isolde Laesecke, voorsitter van AfriForum se Bethlehem-tak, sê die voorval het gebeur toe sy ondersoek gaan instel het nadat ’n inwoner van die dorp haar in…

|

AfriForum dien strafregtelike klag in teen Gautengse departement van gesondheid

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ʼn strafregtelike klag by die Johannesburg Sentraal-polisiestasie ingedien om ondersoek in te stel na ʼn beweerde onregmatige tender van R24 miljoen wat deur die Gautengse departement van gesondheid toegeken is. Dié tender om gespesialiseerde mediese toerusting aan die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria te verskaf, is glo toegeken sonder…

|

AfriForum dien strafregtelike klagte oor bedrog teen vorige Tshwane Metro-bestuur in

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n strafregtelike klagte van bedrog teen die Tshwane Metroraad by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion ingedien. Dit spruit onder meer uit verskeie ondersoeke wat AfriForum geloods het, asook dokumente wat aan dié organisasie oorhandig is. Die bedrog het glo in 2014/2015 plaasgevind toe dié munisipaliteit onder ANC-administrasie was. Die klag sluit…

End of content

End of content