Bothaville-tak maak beswaar teen skuif van kliniek
| |

Bothaville-tak maak beswaar teen skuif van kliniek

AfriForum se Bothaville-tak het vandag ’n dringende brief aan die direkteur vir distriksgesondheidsdienste, T.S. Shale, gestuur waarin hulle beswaar maak teen die verskuiwing van die kliniek in Bothaville na Khotsong. Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat daar nie met die gemeenskap, wat hierdeur geraak word, gekonsulteer is nie. Daar was geen…

Klerksdorp-tak en ander beswaarmakers stuit ontwikkeling op Palmietfontein
| | |

Klerksdorp-tak en ander beswaarmakers stuit ontwikkeling op Palmietfontein

AfriForum se Klerksdorp-tak en talle ander beswaarmakers is verlig dat toenemende druk ’n ontwikkelaar genoop het om sy aansoek om erwe op die plaas Palmietfontein 403 te ontwikkel, te onttrek. Dit volg nadat AfriForum se Klerksdorp-tak op 30 Junie namens inwoners en taklede ’n beswaarskrif by die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit ingedien het. Die beswaarskrif is…

Potchefstroom-tak neem dorp onder hande
| | |

Potchefstroom-tak neem dorp onder hande

AfriForum se Potchefstroom-tak het die dorp in Julie behoorlik onder hande geneem. Op Vrydag 28 Julie het Piet Theron, die tak se omgewingsbeampte, en ’n span helpers die rietbosse in die Trimpark by Buskuslaan getakel. Die span het bestaan uit lede van Green Thorn Environmental Solutions, Green Living Spaces en inwoners van Huis Hebron. Behalwe…

Mooirivier-buurtwagte neem deel aan nasionale patrollie
| |

Mooirivier-buurtwagte neem deel aan nasionale patrollie

AfriForum se Mooirivier-buurtwagte het op 14 en 15 Julie in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid op te skerp. Dié aksie het omstreeks 18:00 die Vrydagaand begin en tot 06:00 die volgende oggend voortgeduur. Sowat 201 patrolleerders…

AfriForum rig dringende brief aan minister van Water en Sanitasie oor waterkrisis in Parys
| |

AfriForum rig dringende brief aan minister van Water en Sanitasie oor waterkrisis in Parys

AfriForum se Parys-tak het vandag ’n dringende brief aan Senzo Mchunu, die Minister van Water en Sanitasie, gerig oor die waterkrisis in Parys. Sommige inwoners is vir die soveelste keer in hoeveel maande al twee weke en langer sonder water. Mchunu het tydens ’n onlangse vergadering gesê hy kan verantwoordelik gehou word as daar nog…

Klerksdorp-tak help inwoners beswaar aanteken teen nuwe ontwikkeling op Palmietfontein
| |

Klerksdorp-tak help inwoners beswaar aanteken teen nuwe ontwikkeling op Palmietfontein

AfriForum se Klerksdorp-tak het op 30 Junie beswaar namens inwoners en taklede by die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit ingedien nadat dit aan die lig gekom het dat ’n aansoekkennisgewing om 4 702 erwe op gedeeltes van die plaas Palmietfontein 403 – wat aan Doringkruin grens – te ontwikkel, aangebring is. AfriForum is in wese nie teen ontwikkeling…

Potchefstroom-buurtwag trek kabeldiewe met behulp van hommeltuig vas
| |

Potchefstroom-buurtwag trek kabeldiewe met behulp van hommeltuig vas

AfriForum se Potchefstroom-buurtwag het vanoggend in samewerking met Mooirivier Beskerming en CB Sekuriteit twee verdagtes aangekeer wat koperkabels gesteel het. Hierdie diewe voer reeds maande lank ’n skrikbewind in die Suiddorp en Miederpark, maar vanoggend het hulle hul rieme styfgeloop. Dié buurtwag het hul hommeltuigvlieënier ontbied om die verdagtes vanuit die lug op te spoor…

AfriForum se regstryd vir skoon water teen Ngwathe-munisipaliteit duur voort
| |

AfriForum se regstryd vir skoon water teen Ngwathe-munisipaliteit duur voort

AfriForum se regstryd teen die Ngwathe-munisipaliteit vir behoorlike watervoorsiening aan die gemeenskap en die herstel van dié infrastruktuur duur steeds voort. Dié organisasie se omvattende hofaansoek sal eersdaags deur die Hooggeregshof in Bloemfontein aangehoor word. Volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier, is die opkomende hofaansoek ’n belangrike veldslag in die groter stryd…

Potchefstroom-tak herdenk Konsentrasiekampdag
| |

Potchefstroom-tak herdenk Konsentrasiekampdag

AfriForum se Potchefstroom-tak het op 16 Junie saam met ongeveer 50 volwassenes en kinders die winterkoue aangedurf om Konsentrasiekampdag te herdenk. Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier, het die dag se verrigtinge met Skriflesing en gebed geopen. ’n Oomblik van stilte het gevolg om die slagoffers van die konsentrasiekampe en die Anglo-Boereoorlog te…

End of content

End of content