Entrepreneur van die Jaar-kompetisie 2022: Hiér is die wenners
|

Entrepreneur van die Jaar-kompetisie 2022: Hiér is die wenners

AfriForum Sakenetwerk het op 28 en 29 September in samewerking met Akademia, Pretoria FM, Steyn IP en Kwikstert die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie by Seeplaas in Grootbrakrivier aangebied. Tydens dié spoggerige geleentheid is Bertha Lewis as wenner van dié kompetisie, wat vanaf 2017 aangebied word, aangewys. Bertha Lewis is die eienaar van Lingi in Afrikaans….

Entrepreneur van die Jaar-kompetisie: Opleiding begin volgende week
|

Entrepreneur van die Jaar-kompetisie: Opleiding begin volgende week

As deel van die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie bied AfriForum Sakenetwerk opleidingsessies aan in samewerking met Akademia oor verskeie onderwerpe wat verband hou met belangrike elemente van die entrepreneurswêreld. Die opleiding vind vanaf 13 tot 23 Junie 2022 plaas. AfriForum Sakenetwerk glo dat entrepreneurs en sake-eienaars verantwoordelikheid en eienaarskap moet neem oor hul onderneming. Jy…

Solidariteit stel grootste opstaanprojek in 118 jaar bekend
|

Solidariteit stel grootste opstaanprojek in 118 jaar bekend

  Deur Alet Rademeyer Solidariteit het vandag die grootste “opstaanprojek” in sy geskiedenis van 118 jaar met ’n begroting van R4,8 miljard in Pretoria bekend gestel. Die omvattende Werkherstelprogram sal oor vyf jaar geïmplementeer word en het ten doel om oplossings vir versnelde staatsverval en ekonomiese ineenstorting ná COVID-19 te bied. Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof…

Veilige Akademia-kampus gereed om kennis- en waardegedrewe onderrig te gee
|

Veilige Akademia-kampus gereed om kennis- en waardegedrewe onderrig te gee

Die Afrikaanse hoëronderwysinstelling Akademia bied sedert 2012 hoëgehalte onderrig deur middel van afstandonderrig en gevorderde tegnologie aan. Vanaf 2021 sal ’n bykomende heeltydse model ook vir skoolverlaters beskikbaar wees. Akademia het reeds bekendheid verwerf vir na-uurse studies in verskeie vakgebiede wat veral vir werkendes aantreklik is. Nou is daar groot opgewondenheid oor die vooruitsig dat…

Hier’s bietjie goeie nuus tydens die staat van inperking
|

Hier’s bietjie goeie nuus tydens die staat van inperking

Die Afrikaanse hoëronderwysinstelling Akademia het vandag aangekondig dat ’n paar opwindende  nuwe kwalifikasies vanaf 2021 aangebied word. Die kwalifikasies sluit onder meer die instelling se eerste nagraadse kwalifikasies en  ʼn eerste program-aanbod vanuit die fakulteit opvoedkunde in. Die word ook op die instelling se nauurse onderrigmodel aangebied wat dit ideaal vir werkendes maak wat verder…

Openbare universiteite bars uit hul nate, maar Akademia het nog plek
|

Openbare universiteite bars uit hul nate, maar Akademia het nog plek

Terwyl die meeste hoër­onderwysinstellings se aansoeke vir studie in 2020 reeds gesluit het, het Akademia egter spesiaal laataansoeke vir 2020 verleng tot 29 Januarie om aan skoolverlaters van 2019 geleentheid te gee om vir kwalifikasies in te skryf. Vanjaar het 172 043 matrikulante universiteitsvrystelling in Suid-Afrika gekry. Dit is glo die meeste nog sedert die begin…

Groot belangstelling in Akademia se nuwe LLB-graad
|

Groot belangstelling in Akademia se nuwe LLB-graad

Akademia het reeds meer as 60 aansoeke gekry vir die nuwe LLB-program wat dié instelling vanaf 2020 sal aanbied. Die LLB-graad vul die hoëronderwysinstelling se BCom (Ekonomie en Regte) aan wat reeds sedert 2017 aangebied word. Akademia se LLB-graad is uniek in die sin dat dit ’n samestelling van vakke uit verskillende regsdissiplines asook taalvaardighede…

Wenner van Entrepreneur van die Jaar-kompetisie aangewys
|

Wenner van Entrepreneur van die Jaar-kompetisie aangewys

AfriVriendelik, ’n inisiatief van AfriForum, het vanjaar met Akademia saamgewerk om die Entrepreneur van die Jaar aan te wys. Marita Bezuidenhout van Magies vol Liefde is op 31 Oktober 2019 by Mangwa Valley Lodge as die algehele wenner van vanjaar se kompetisie aangewys. Haar passie vir haar onderneming, besigheidskennis en innemende geaardheid het beslis in haar…

|

Inskrywings nou oop vir AfriVriendelik se entrepreneurskompetisie

AfriVriendelik en Akademia het vanjaar hande gevat om die entrepreneur van die jaar aan te wys. Die AfriVriendelik-entrepreneurskompetisie is vanjaar tydens spog middagetegeleenthede by die Menlyn Boutique Hotel in Pretoria en die Cavalli-landgoed in Somerset-Wes bekend gestel, waartydens talle entrepreneurs getuig het van die positiewe invloed wat AfriVriendelik op hul ondernemings tot dusver gehad het….

AfriVriendelik en Akademia bied saam entrepreneurskompetisie aan
| |

AfriVriendelik en Akademia bied saam entrepreneurskompetisie aan

AfriVriendelik neem vanjaar hande met Akademia om die entrepreneur van die jaar aan te wys. Akademia het van 2013 tot 2016 die bekende Sakeplankompetisie aangebied en AfriVriendelik bied sedert 2017 die entrepreneurskompetisie aan. Saam kan dié twee inisiatiewe egter baie meer aan entrepreneurs bied.

End of content

End of content