AfriForum en Basotho’s voer gesprek oor verhoudings
| | |

AfriForum en Basotho’s voer gesprek oor verhoudings

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 17 Januarie 2020 met die Basotho Lead-Petitioners (BLP) in Hlotse, Lesotho vergader oor die herstel van vriendskaplike verhoudings tussen Afrikaners en die Basotho’s. Tydens die vergadering is besluit dat ’n memorandum van verstandhouding opgestel sal word om ’n raamwerk vir erkenning en toekomstige samewerking daar te stel. “Ons het tot die gevolgtrekking…

|

Forum Films sal help om Afrikaners se verhaal te vertel

Forum Films, die nuutgestigte videovervaardigingsmaatskappy wat deur AfriForum op die been gebring is, is vandag amptelik in Centurion bekendgestel. Kallie Kriel, voorsitter van die direksie van Forum Films, het gesê geskiedenis word met die geboorte van die nuwe maatskappy gemaak. “Ons vier nie net iets nuut nie, maar die krag van ’n gemeenskap.”

Afrikaners sal die 21 ste eeu oorleef mits hulle die regte keuses maak
|

Afrikaners sal die 21 ste eeu oorleef mits hulle die regte keuses maak

Ondanks tientalle uitdagings wat Afrikaners in die gesig staar, sal hulle die 21 ste eeu oorleef en is daar beslis vir hulle ’n toekoms. Só meen verskeie meningsvormers wat vandag aan ’n paneelbespreking by die Erfenisstigting in Pretoria deelgeneem het waar dr. Leopold Scholtz, skrywer en historikus, se boek Kruispaaie – Afrikanerkeuses in die 19…

|

Niks verkeerd met kultuurgroepe wat vir hul taal, simbole en monumente baklei nie

  Minderhede en kultuurgroepe regoor die wêreld eis moedertaalonderrig en die beskerming van hul taal, simbole en monumente op. Daar is niks daarmee verkeerd as Afrikaners in Suid-Afrika dit ook doen nie, het dr. Bertus de Villiers, verbonde aan die Universiteit van Wes-Australië, vandag by ’n konferensie van Solidariteit oor grondwetlike ruimtes vir selfstandigheid en…

|

SA kampusse ruk tot stilstand

Talle universiteitskampusse regoor die land is vandag verlate en stil nadat alle universiteitsbedrywighede opgeskort is weens gewelddadige betogings deur studente oor ’n voorgestelde 10,5% verhoging in klasgelde. Die eerste betoging het verlede week by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) met die Fees must fall-veldtog begin. Sedertdien het studente landwyd die radikale groep by Wits…

|

Afrikaners kan ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms in SA hê

  Afrikaners staan soos in die verlede voor een van die grootste uitdagings in hul geskiedenis. Om te oorleef en vir hulself as minderheid ’n plek in die land te vind, is dit nodig dat hulle opnuut hul roeping en verantwoordelikheid sal besef. Die Solidariteit Beweging het vandag op sy Toekomsberaad in Pretoria ’n omvattende…

|

Wat Suid Tirool vir Afrikaners kan leer

Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch Verskeie kundiges uit Suid Tirool het vandag AfriForum besoek om meer te leer oor dié  burgerregte-waghond. Dr. Gino Bentivoglio, asook ’n voormalige president van Suid Tirool, mnr. Luis Durnwalder, is van die gaste wat Solidariteit en AfriForum se hoofkantore in Pretoria besoek het. Daar is goeie bande tussen Afrikaners en Suid Tirool,…

|

Groot doelwitte vir 2020 sal by Toekomsberaad deurtrap word

Die Solidariteit Beweging bied op 10 Oktober vanjaar ’n Toekomsberaad in Pretoria aan waar kerndoelwitte en omvattende planne vir ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms uitgetrap sal word. Die beraad sal na verwagting deur duisende afgevaardigde, vriende en lede van die instellings van die Beweging bygewoon word. Die beraad is in opvolg op die Krisisberaad…

End of content

End of content