AfriForum, adv. Gerrie Nel verteenwoordig Botswana-regering in geldwassery-en-bedrogsaak
| |

AfriForum, adv. Gerrie Nel verteenwoordig Botswana-regering in geldwassery-en-bedrogsaak

AfriForum het vandag aangekondig dat sy privaatvervolgingseenheid, onder leiding van adv. Gerrie Nel, amptelik deur die Botswana-regering aangestel is om dié regering te verteenwoordig in ’n hoëprofielgeldwassery-en-bedrogsaak waarby sakevrou Bridgette Motsepe-Radebe, geïmpliseer word. Motsepe-Radebe is president Cyril Ramaphosa se skoonsuster en Jeff Radebe se vrou. Adv. Nel en adv. Phyllis Vorster van AfriForum se privaatvervolgingseenheid…

AfriForum stel bewaringsbevel op om verdere Sharemax-bedrog te voorkom
| |

AfriForum stel bewaringsbevel op om verdere Sharemax-bedrog te voorkom

AfriForum en adv. Gerrie Nel het vandag tydens ’n mediakonferensie aangekondig dat die privaatvervolgingseenheid ’n bewaringsbevel opgestel het om te verhoed dat die Nova-eiendomsgroep (vir alle praktiese doeleindes ’n voortsetting van Sharemax) die maatskappy se eiendomme teen pryse ver onder die markwaarde daarvan verkoop – ten koste van aandeelhouers. AfriForum het hierdie bevel aan die…

Dwarskersbos: AfriForum versoek duidelikheid oor ondersoek na Pedro
|

Dwarskersbos: AfriForum versoek duidelikheid oor ondersoek na Pedro

AfriForum se Privaatvervolgingseenheid het op 5 Junie 2020 in reaksie op ’n brief van adv. Etienne Vermaak, die Bergrivier Munisipaliteit se regsverteenwoordiger, duidelikheid versoek oor hoeveel ondersoeke daar tans is na die optrede van Jerome Pedro, ’n verkeersbeampte in Dwarskersbos, asook waarom adv. Hanlie Linde, die munisipale bestuurder, ingesluit word by kommunikasie oor ’n ondersoek waarin…

Dwarskersbos: AfriForum eis skorsing van amptenaar
|

Dwarskersbos: AfriForum eis skorsing van amptenaar

AfriForum se Privaatvervolgingseenheid het vandag in ’n brief aan Ray van Rooy, burgemeester van Dwarskersbos, geëis dat Jerome Pedro, ’n verkeersbeampte in Dwarskersbos, geskors word hangende ’n billike, regverdige ondersoek na sy optrede. Die eenheid tree namens vyf mense op wat tydens die inperkingstydperk deurgeloop het weens Pedro se beweerde onbillike en arbitrêre optrede. Die…

AfriForum: Cele moet Mbalula met dieselfde ywer ondersoek waarmee hy publiek tydens inperking vervolg
| |

AfriForum: Cele moet Mbalula met dieselfde ywer ondersoek waarmee hy publiek tydens inperking vervolg

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag in ’n brief aan Bheki Cele, Minister van Polisie, daarop aangedring dat die burgerregteorganisasie se klag teen Fikile Mbalula, Minister van Vervoer, met dieselfde toewyding ondersoek word as waarmee die polisie 230 000 mense gearresteer het vir die sogenaamde oortreding van inperkingsregulasies. Dit volg nadat AfriForum in Augustus 2019 strafregtelike klagtes…

Wetstoepassers behandel wetsgehoorsame mense soos misdadigers: AfriForum ondersoek magsmisbruik in Dwarskersbos
|

Wetstoepassers behandel wetsgehoorsame mense soos misdadigers: AfriForum ondersoek magsmisbruik in Dwarskersbos

AfriForum se privaatvervolgingseenheid onder leiding van adv. Gerrie Nel ondersoek die onlangse voorval van onbillike en arbitrêre optrede van verkeersbeamptes in Dwarskersbos. Die eenheid staan Ludwig Gericke by wat op 9 Mei 2020 voor sy vrou en jong kinders deur twee verkeersbeamptes in Dwarskersbos gearresteer en hardhandig behandel is omdat hy na bewering die inperkingsregulasies oortree het….

AfriForum se Privaatvervolgingseenheid ondersoek Ballito-voorval
|

AfriForum se Privaatvervolgingseenheid ondersoek Ballito-voorval

AfriForum se Privaatvervolgingseenheid onder leiding van adv. Gerrie Nel ondersoek tans die onlangse voorval van onbillike en arbitrêre optrede deur munisipale vredesbeamptes van die KwaDukuza Plaaslike Munisipaliteit in Ballito. Beeldmateriaal van twee beamptes wat ’n vierjarige kind teen die wil van sy vader hanteer, doen tans die rondte op sosiale media. Dit is tans nog…

Privaat vervolging van Modise, Moyane en Bizos tot dán uitgestel
| |

Privaat vervolging van Modise, Moyane en Bizos tot dán uitgestel

Die privaat vervolging van Thandi Modise (die parlementêre speaker), Tom Moyane (voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens) en Alexis Bizos is uitgestel as gevolg van die COVID-19-pandemie en die staat van inperking. AfriForum se Privaatvervolgingseenheid behartig hierdie vervolgings. Modise moes op 8 Mei 2020 in die Potchefstroomse streekhof verskyn het om ’n verhoordatum vas te stel en…

Verhoordatum vir privaat vervolging van Alexis Bizos vasgestel
| |

Verhoordatum vir privaat vervolging van Alexis Bizos vasgestel

Alexis Bizos, seun van Adv. George Bizos, het vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op ’n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het as aanklaer opgetree namens die slagoffer, Monique van Oosterhout, wat ten tyde van die voorval met Alexis Bizos getroud was….

AfriForum gee met video aan desperate Eldorado Park-skoolgemeenskap ’n stem
| |

AfriForum gee met video aan desperate Eldorado Park-skoolgemeenskap ’n stem

AfriForum stel vandag ’n video-opname aan die media bekend van ’n gesprek waarin die Eldorado Park-gemeenskap vertel van hul frustrasies met inmenging waardeur die onderwysvakbond Sasou die skool probeer lamlê, asook die onvermoë van die Gautengse onderwysdepartement om hulle by te staan. Ná tevergeefse versoeke elke maand aan die onderwysdepartement, het die skoolgemeenskap van Eldorado…

End of content

End of content