Bizos-saak van privaatvervolgingseenheid

Danksy die baanbrekerswerk van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, is Alexi Bizos, seun van die wêreldberoemde menseregte-advokaat George Bizos, suksesvol privaat vervolg. Alexi is Vrydag skuldig bevind aan aanranding nadat hy sy eertydse vrou Monique van Oosterhout in 2015 so ernstig aangerand het dat ses van haar ribbe gebreek het. Die staat sal nou verantwoordelik wees vir die regskoste wat die privaatvervolgingseenheid aangegaan het om hierdie saak suksesvol deur te voer.

Kyk: Bizos skuld bevind, staat moet privaatvervolgingseenheid se regskoste betaal

Ná lang regstryd ontvang Sunfield Home eerste verhoogde subsidiebedrag

Sunfield-saak

Sunfield Home Fortuna, ’n tehuis vir fisiek en verstandelik gestremde persone buite Balfour in Mpumalanga, het vir die eerste keer die verhoogde subsidiebedrag ontvang wat AfriForum in ’n skikkingsooreenkoms met die Mpumalanga Departement van Maatskaplike Ontwikkeling onderhandel het. Dié tehuis het AfriForum in 2022 al om hulp genader omdat die departement die tehuis se subsidie wou kanselleer.

Bethal-water

Baie dorpe in die land sukkel toenemend met watertekorte en daarom het AfriForum begin om noodwaterpunte in verskeie dorpe op te rig. Danksy een van hierdie punte kon AfriForum vanjaar al meer as een miljoen liter water aan inwoners van Bethal verskaf.

Veertig ton voer aan boere voorsien ná skade weens veldbrande

Voerskenkings

AfriForum het ná die verwoestende veldbrande wat op 11 Augustus in die omgewing van Fochville, Gauteng, uitgebreek het, en toe vinnig na die Vrystaat en Noordwes versprei het, 40 ton voer aan boere in die omgewing geskenk. Alle weiding is binne ’n kwessie van ’n paar uur gebrand wat ongeveer 2 000 vee vir die res van die seisoen tot die eerste goeie reënval sonder weiding gelaat het.

Nersa

Munisipale kragverbruikers kon ’n sug van verligting slaak ná AfriForum ’n stokkie gesteek het voor die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) se planne om onregmatige en ongeldige munisipale kragtariefverhogings deur te druk. Nersa het aansoek gedoen om appèl aan te teken teen ’n vroeër hofuitspraak wat munisipaliteite sou toelaat om kragverhogings sonder die nodige kostestudies toe te pas.

NERSA kry bloedneus in appèlaansoek oor munisipale kragtariefverhogings

AfriForum
se Konstitusionele Hof-aansoek oor Hlophe kry groen lig

Stop John Hlope-aanstelling

AfriForum het die eerste tree gegee om die aanstelling van die voormalige regter-president dr. John Hlophe as lid van die Regterlike Dienskommissie (RDK) in die Konstitusionele Hof ter syde te laat stel. Dít volg nadat die Konstitusionele Hof direktiewe uitgereik het wat respondente in dié saak beveel om beëdigde verklarings in te dien in antwoord op AfriForum se aansoek om direkte toegang tot die Konstitusionele Hof te kry. Hlophe is vroeër deur die RDK ongeskik bevind om as regter te dien vanweë sy oneerlikheid en growwe wangedrag.