|

Standerton-tak vul slaggate met doloriet

Die AfriForum-tak in Standerton het op 4 Junie in samewerking met Sahara Sand en Penta Nissan Standerton begin om slaggate met doloriet te vul.

Hierdie projek is geloods om die swak toestand van die paaie in Standerton tydelik te verbeter, totdat ’n meer permanente plan gemaak kan word.

Slaggate in Dr. Beyers Naudéstraat is vanaf Baumannstraat tot by Krugerstraat met doloriet gevul.

“Die verval van die dorp is bitter sleg en die enigste teenvoeter is om self moue op te rol en iets te doen,” sê Pieter Botha, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak.

Soortgelyke plasings