Staatsrede 2022: Nóg mooi woorde sonder aksie
President Cyril Ramaphosa se staatsrede bevestig weer eens die president se reputasie as ’n man wat mooi woorde spreek, maar geen aksie daarby voeg nie.
President Ramaphosa het weer belowe om werkloosheid uit te roei terwyl die ANC se beleid een van die hoof dryfkragte agter werkloosheid is.
Nog beloftes is oor infrastruktuurontwikkeling gemaak terwyl die ANC-regering klaaglik daarin misluk om die huidige infrastruktuur in stand te hou.
Die president se baanrekord van leë beloftes boesem ook geen vertroue in sy bewerings dat die ramptoestand binnekort beëindig gaan word nie. Daarom sal AfriForum sy regsaksie voortsit teen die voortdurende staat van tirannie sonder parlementêre toesig.
“Dit is jammer dat al die president se planne staatmaak op die ANC-regering se vermoë om hierdie planne in werking te stel. Daar was ’n paar veranderinge in die land sedert president Ramaphosa se laaste staatsrede in 2021. Geweldsmisdaad het toegeneem, werkloosheid het rekord vlakke bereik en laastens het die datum het verander,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se veldtogtebestuurder.