Sowat 900 woon Skole Ondersteuningsentrum-kongres by
’n Totaal van sowat 900 onderwysers en hoofde het vanjaar die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Onderwyskongres bygewoon. Die SOS het ’n groot verskeidenheid kundiges gekry om kongresgangers in die Wes-Kaap, Vrystaat en Gauteng oor uiteenlopende onderwerpe toe te spreek.