|

Skenking van 30 sakke teer maak verskil aan Dullstroom-paaie

AfriForum se Dullstroom-tak het 30 sakke teer aan Drive Dullstroom Destiny geskenk as deel van hul volgehoue poging om die dorp se paaie te verbeter. Die projek het reeds momentum gekry met herstelwerk wat op 10 Oktober in Teding van Berkhout-laan begin het, waar reuse-slaggate aangepak is. Daar is altesaam al 20 slaggate in en om die dorp herstel, wat die veiligheid en vloei van verkeer aansienlik bevorder.

Die tak gaan ’n verdere 25 sakke teer en 50 liter ss60 bitumen ter waarde van R4 100 aan Drive Dullstroom Destiny skenk om hierdie slaggatprojek voort te sit.

“AfriForum se Dullstroom-tak is toegewyd daaraan om saam met plaaslike instansies te werk om die dorp se infrastruktuur op te knap en die lewenskwaliteit van sy inwoners te verbeter,” sê Arlo van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

AfriForum moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak by hierdie pogings en bykomende inisiatiewe wat gerig is op die herstel en instandhouding van Dullstroom se paaie.

Soortgelyke plasings