Sit Afrikaanse student terug op die SR.
AfriForum veg vir Afrikaanse studente. Jy kan ons stem groter maak.
AfriForum Jeug het gister ’n dringende hofaansoek uitgereik teen die Universiteit Stellenbosch (US) by die Wes-Kaapse hooggeregshof om die diskwalifikasie van Jolene le Roux as lid van die universiteit se Studenteraad (SR) te hersien. AfriForum Jeug het in Oktober teen haar onbillike diskwalifikasie geappelleer, maar dit is verlede week Maandag (11 November) deur die studentehof van die hand gewys. Haar diskwalifikasie volg ná ’n uitgerekte proses wat AfriForum Jeug bestempel as ’n daadwerklike poging om Afrikaans, Afrikaanse studente en veral Afrikaanse leierskap aan dié universiteit te onderdruk.
Die universiteit se hantering van hierdie saak dui op ’n voortgesette agenda om pro-Afrikaanse studente uit leierskapsposisies te hou en daarom moet die hooggeregshof nou ingryp in hierdie saak van onbillike diskwalifikasie
Lees meer hier: https://afriforumjeug.co.za/afriforum-jeug-nader-hof-oor-onbillike-diskwalifikasie-van-sr-lid-op-maties/
Jy kan ons stem groter maak deur jou naam by te sit:
"*" indicates required fields