|

Ses ton teer sorg vir beter paaie in Lichtenburg

AfriForum se Lichtenburg-tak het in Mei drie nuwe slaggatprojekte suksesvol voltooi wat weereens die gemeenskap se toewyding tot padveiligheid bevestig. Vir hierdie projekte is altesaam 6,9 ton teer en twee dromme SS60 bitumen gebruik.

In 2de Laan is ’n groot blok van 120 vierkante meter met vier ton warm teer opgevul; in Bantjesstraat, Greefstraat en Charlweg is 68 slaggate met 120 sakkies teer herstel en in Scholtzstraat is 54 slaggate met 112 sakkies teer toegegooi.

“AfriForum se Lichtenburg-tak bedank elke onderneming en organisasie wat hierdie projekte moontlik gemaak het. Die ondersteuning van die gemeenskap is noodsaaklik om volhoubare verbeterings aan ons dorp se paaie aan te bring,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

 “Hierdie projekte wys weereens dat ons ’n onmiddellike verskil kan sien as die gemeenskap saamstaan,” sê Pine Pienaar, die Lichtenburg-tak se projekleier.

Plaaslike ondernemings en gemeenskapslede word aangemoedig om deur middel van teerskenkings by die Lichtenburg-tak se slaggatprojek betrokke te raak en terselfdertyd spesifieke strate vir herstelwerk te nomineer.

Inwoners word ook aangemoedig om by AfriForum Lichtenburg-tak betrokke te raak: Besoek www.afriforum.co.za vir meer inligting. Vir verdere navrae oor hierdie projek of om betrokke te raak by toekomstige inisiatiewe, kontak Pienaar by 082 371 5312 of Jan Buscop by 082 200 8075 van Lichtenburg se teerprojek.

Soortgelyke plasings