Taksuksesse: SEPTEMBER 2024
NOORD-KAAP
Kamiesberg
- Taklede het Kamieskroon se strate gereeld skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
- Die tak het twee keer deur die loop van die maand water-, krag- en rioolprobleme aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
- Die tak het ’n volhoubare projek van stapel gestuur om Kamieskroon en omliggende dorpe 24 uur per dag, sewe dae ’n week van drinkwater te voorsien met behulp van drie boorgatpompe wat AfriForum in die omgewing geïnstalleer het.
- Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem deur drie witkareebome by die N.G. Kerk en drie witkareebome by die Verbe-karavaanpark te plant.
- Taklede het drie nuwe stoptekenborde opgerig voor die Laerskool Kamieskroon, RK Mission, asook op die hoek van Jan Scholtz-, Kardou- en Charlottestraat.
- Die tak het skrywes aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit gestuur oor die elektrisiteitsrekeninge se kosteontledings wat nie saam met die aansoeke om tariefverhogings by Nersa ingedien is nie. Munisipale amptenare is gevolglik besig met regstellings op gemeenskapslede se rekeninge.
Kakamas
- Taklede het die dorp se watergehalte voortdurend gemoniteer en voortgegaan om druk op die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit toe te pas om skoon drinkwater vir Kakamas se inwoners te verseker.
- Die tak het 20 liter wit padverf gebruik om spoedhobbels voor die Hoërskool Martin Oosthuizen oor te verf om sodoende leerders se veiligheid te verseker.
- Taklede het twee verkeersborde en pale vervang op die hoek van 11de Laan en Voortrekkerstraat naby die taxistaanplek.
- Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem en ses witkareebome in die tuin by een van die dorp se ingange geplant.
- Die tak het groot sukses behaal ná ’n skrywe aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit gestuur is oor riool- en waterprobleme in die dorp. Die pompstasies werk nou weer en munisipale werkers is besig om die reservoirs skoon te maak, terwyl daar ook darem nou weer water in Keimoes, Kakamas en Kenhardt se krane is.
- Die tak het skrywes aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit gestuur oor die elektrisiteitsrekeninge se kosteontledings wat nie saam met die aansoeke om tariefverhogings by Nersa ingedien is nie. Munisipale amptenare is gevolglik besig met regstellings op gemeenskapslede se rekeninge.
Kathu
- Die buurtwag het in samewerking met Rhino Sekuriteit en die SAPD deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Taklede het die parkeerterrein voor Fit-It gereeld skoongemaak en die bome wat die tak in die parkeerterrein geplant het, natgelei.
- Die tak het ses keer deur die loop van die maand water-, krag- en rioolprobleme aan die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
- Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem en vier witkareebome naby Fit-It geplant.
- Die tak het skrywes aan die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit gestuur oor die elektrisiteitsrekeninge se kosteontledings wat nie saam met die aansoeke om tariefverhogings by Nersa ingedien is nie. Munisipale amptenare is gevolglik besig met regstellings op gemeenskapslede se rekeninge.
Keimoes
- Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het weekliks die hoofstraat en die gebied rondom die waterwiel skoongemaak, vullis na die vullisterrein weggery, die gras gesny en die beddings skoongemaak.
- Die tak het die badkamers by die waterwiel, wat vir toeriste bedoel is, skoongemaak en dit skoon gehou.
- Die Grootoog-buurtwag het water vir gemeenskapslede aangery in woonbuurte waar watertekorte voorgekom het.
- Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem en 16 bome (11 witkareebome, drie olienhoutbome en twee wilgerbome) by die Loxtonvale Primêre Skool en Keimoes Akademie geplant.
- Die tak het groot sukses behaal ná ’n skrywe aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit gestuur is oor riool- en waterprobleme in die dorp. Die pompstasies werk nou weer en munisipale werkers is besig om die reservoirs skoon te maak, terwyl daar ook darem nou weer water in Keimoes, Kakamas en Kenhardt se krane is.
- Die tak het skrywes aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit gestuur oor die elektrisiteitsrekeninge se kosteontledings wat nie saam met die aansoeke om tariefverhogings by Nersa ingedien is nie. Munisipale amptenare is gevolglik besig met regstellings op gemeenskapslede se rekeninge.
Kuruman
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Taklede het vier LPR-kameras op Kuruman se hoofroetes geïnstalleer wat die identifisering van nommerplate sal vergemaklik.
- Die tak het skrywes aan die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit gestuur oor die elektrisiteitsrekeninge se kosteontledings wat nie saam met die aansoeke om tariefverhogings by Nersa ingedien is nie. Munisipale amptenare is gevolglik besig met regstellings op gemeenskapslede se rekeninge.
Springbok
- Die tak het ses keer deur die loop van die maand water-, krag- en rioolprobleme aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
- Die tak het skrywes aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit gestuur oor die elektrisiteitsrekeninge se kosteontledings wat nie saam met die aansoeke om tariefverhogings by Nersa ingedien is nie. Munisipale amptenare is gevolglik besig met regstellings op gemeenskapslede se rekeninge.
Upington
- Die buurtwag het in samewerking met Rhino Sekuriteit deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het agt keer deur die loop van die maand water-, krag- en rioolprobleme aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
- Taklede het nuwe ink vir die plaaslike poskantoor se drukker gekoop nadat die ink opgeraak het. Dié drukker word onder meer gebruik om voertuiglisensies uit te druk en sodoende is ’n opeenhoping van ongedrukte lisensies ook vermy.
- Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem en 40 witkareebome in Rosedale en Dakota uitgedeel en geplant.
- Die tak het skrywes aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit gestuur oor die elektrisiteitsrekeninge se kosteontledings wat nie saam met die aansoeke om tariefverhogings by Nersa ingedien is nie. Munisipale amptenare is gevolglik besig met regstellings op gemeenskapslede se rekeninge.
- Die tak het skrywes aan die Karoo Hoogland Plaaslike Munisipaliteit gestuur oor die elektrisiteitsrekeninge se kosteontledings wat nie saam met die aansoeke om tariefverhogings by Nersa ingedien is nie. Munisipale amptenare is gevolglik besig met regstellings op gemeenskapslede se rekeninge.
Hantam
- Taklede het ’n stalletjie by die Hantam Vleisfees beman om bewusmaking rondom die tak se bedrywighede te skep.
- Die tak het skrywes aan die Hantam Plaaslike Munisipaliteit gestuur oor die elektrisiteitsrekeninge se kosteontledings wat nie saam met die aansoeke om tariefverhogings by Nersa ingedien is nie. Munisipale amptenare is gevolglik besig met regstellings op gemeenskapslede se rekeninge.
De Aar, Hanover en Britstown
- Die tak het skrywes aan die Emthanjeni Plaaslike Munisipaliteit gestuur oor die elektrisiteitsrekeninge se kosteontledings wat nie saam met die aansoeke om tariefverhogings by Nersa ingedien is nie. Munisipale amptenare is gevolglik besig met regstellings op gemeenskapslede se rekeninge.
- Die tak het ’n skrywe aan die Emthanjeni Plaaslike Munisipaliteit gestuur oor die watertekort in De Aar; munisipale werkers het die kwessie gevolglik vinnig reggestel.
Bo-Karoo
- Die tak het bome aan die Orania Dorpsraad geskenk as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek.
Delportshoop
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Taklede het as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek bome geplant by sowel die plaaslike skool as die Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit.
- Die tak het die tweede fase van sy kameraprojek uitgerol en nog twee kameras opgerig.
- Taklede het verskeie buurte in die dorp skoongemaak en vullis verwyder.
- Die tak het ’n gesentraliseerde punt vir taxi’s ingerig om te stop waar hulle gemeenskapslede kan op- en aflaai.
Kimberley
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het ’n straatnaamprojek as deel van AfriForum se #OnsDorpOnsVeiligheid-veldtog afgeskop deur straatname te verf.
- Taklede het as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek ses bome aan ses plaaslike kleuterskole geskenk.
- Die tak het 300 penne aan die plaaslike polisiestasie geskenk.
Prieska
- Die tak het ’n interne appèl aanhangig gemaak nadat die Siyathemba Plaaslike Munisipaliteit nie gehoor gegee het aan ’n PAIA-aansoek nie.
- Die tak het met verskeie rolspelers rondom die Prieska-museum vergader.
Vaalharts
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het die probleem rakende onwettige sluipslapers in Hartswater saam met die SAPD aangepak.
- Die buurtwag het ’n moontlike inbraak by ’n vragmotor voorkom.
OOS-KAAP
Elliot
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
Cradock
- Die tak se twee noodwatertenks is deur gemeenskapslede benut tydens wateronderbrekings op die dorp.
Port Elizabeth
- Die tak het ’n uiters suksesvolle misdaadbewusmakingsdag gehou.
- Die tak se 21 noodwatertenks het water aan die gemeenskap voorsien in tye wat woonbuurte in dié stad se krane droog was.
- Die Broadwood- en Walker Drive-buurtwag, asook die Colchester-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
Uitenhage
- Die Winterberg-plaaswag en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Taklede het saam met die gemeenskap brande in die omgewing geblus.
WES-KAAP
De Doorns
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het die SAPD tydens veiligheidsoperasies ondersteun deur hul hommeltuig in te span.
- Taklede het ’n slagoffer ondersteun ná ’n rooftog.
Helderbergkom
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem.
- Die tak het verskeie items as skenkings vanaf plaaslike ondernemings ontvang en dit weer gevolglik aan ’n skuiling oorhandig.
- Die buurtwag het agt van sy lede na ’n werkswinkel oor veldbrande gestuur wat deur AfriForum se rampbestuurspesialis aangebied is. Die doel daarvan was om met kennis toegerus te word vir die komende brandseisoen.
Overstrand
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het die SAPD tydens verskeie operasies ondersteun deur hul hommeltuig in te span.
- Die buurtwag het vermeende diewe vasgetrek nadat hulle met behulp van die tak se kameras met gesteelde items in hul besit betrap is. Die verdagtes is daarna aan die SAPD oorhandig.
- Buurtwaglede het gereageer op ’n inbraak en onmiddellik ondersteuning aan die slagoffers gebied.
- Die buurtwag het nooddienste gehelp om toegang te kry tot ’n perseel waar ’n vrou mediese hulp benodig het.
- Die buurtwag het vyf van sy lede na ’n werkswinkel oor veldbrande gestuur wat deur AfriForum se rampbestuurspesialis aangebied is. Die doel daarvan was om met kennis toegerus te word vir die komende brandseisoen.
Paarl
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het in samewerking met AfriForum se teenboeliespan die teenboelieveldtog by verskeie skole aangebied.
- Die tak het ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens terugvoer aan lede gegee is oor die tak se toekomstige projekte en planne.
Stellenbosch
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak se jeugvleuel het ’n funksie bygewoon wat deur die Universiteit Stellenbosch (US) se Dagbreek-manskoshuis aangebied is om bewusmaking te skep en lede te werf.
Strand
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die buurtwag het vier van sy lede na ’n werkswinkel oor veldbrande gestuur wat deur AfriForum se rampbestuurspesialis aangebied is. Die doel daarvan was om met kennis toegerus te word vir die komende brandseisoen.
Worcester
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem.
Cederberg
- Die tak het elke Maandag ’n skoonmaakprojek langs die kuslyn van Lambertsbaai (wat sowat 2 km strek, vanaf die visfabriek tot by die kampterrein) gehou. Tydens hierdie projek word alle vullis wat oor die naweek op die strand gelos is of uitgespoel het, opgetel en verwyder.
- Taklede het weekliks ’n skoonmaakprojek by al die piekniekplekke in Lambertsbaai gehou sodat dit skoon en netjies vir toeriste en vakansiegangers is.
- Taklede het weekliks die meentgronde in Lambertsbaai skoongemaak.
- Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem en aan die Ramskop Natuurtuin bome geskenk wat in dié park geplant is.
Durbanville
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery – veral in die sentrale sakekern – om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het ekstra operasies saam met die SAPD aangepak in verskeie plekke van die buurt waar misdaadaktiwiteite meer gereeld plaasvind. Hawelose mense is ook uit die buurt verwyder.
- Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem deur 20 spekbome en 20 boomaalwyne langs die plaaslike polisiestasie te plant. Taklede het die area ook verder verfraai deur kleiner tuine aan te lê.
Kaapstad-Noord
- Die Bellville-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig, terwyl hulle ook talle suksesse behaal het.
- Die Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gery en die SAPD tydens verskeie operasies ondersteun.
- Die Bellville-buurtwag het ’n opleidingsessie vir ander buurtwagte en veiligheidstrukture soos GPF’s aangebied om hulle met noodsaaklike kennis toe te rus wat tydens patrollies toegepas kan word.
- Bellville-buurtwaglede het saam met sekuriteitsmaatskappye deelgeneem aan die soektog na ’n vermeende inbreker. Met behulp van hulle hommeltuig is die inbreker uiteindelik vasgetrek nadat hy probeer wegkruip het.
- Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem deur bome aan die Paarl Skool vir kinders met gestremdhede in Brackenfell te skenk.
- Die buurtwag het drie van sy lede na ’n werkswinkel oor veldbrande gestuur wat deur AfriForum se rampbestuurspesialis aangebied is. Die doel daarvan was om met kennis toegerus te word vir die komende brandseisoen.
Kraaifontein
- Taklede het aan ’n opruim-en-skoonmaakprojek deelgeneem waartydens hulle parke skoongemaak en gras gesny het. Die twee parke, asook die ingange daarvan word tweeweekliks in stand gehou.
- Die buurtwag het groot suksesse behaal danksy hulle kameranetwerk wat toegerus is om vroeë waarskuwings te doen. Hulle het in samewerking met die SAPD en sekuriteitsmaatskappye aan verskeie operasies deelgeneem en op talle voorvalle gereageer.
Malmesbury
- Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die Malmesbury-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig en het talle suksesse behaal. Buurtwaglede het tydens die patrollies ook observasieposte opgerig en na gelang van die voorkoms van misdaadvoorvalle hulle patrollierooster aangepas.
- Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem en ’n aantal bome by die park in Fordstraat geplant.
Matzikama
- Die De Draai-, Draaihoek-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif-, Trawal- en Vanrhynsdorp-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Taklede het in samewerking met plaaslike tuindienste ’n park in Rosendal skoongemaak.
- Die tak het as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek spekbome by sowel laer- as hoërskole in die gebied geplant.
Weskus
- Die Langebaan-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Hopefield-plaaswaglede het deurlopend patrollies gery én observasieposte opgerig om onderskeidelik hul gemeenskap te beveilig en informasie te versamel.
- Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem deur 25 bome in die omgewing aan te plant.
- Taklede was op lentedag (1 September) betrokke by die jaarlikse opening van die veldblomstaproete. Dié roete se wandelpad laat besoekers toe om die pragtige veldblomme te besigtig.
George
- Die Geelhoutboom-, Herold- en Kammanassie-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag en die Victoriabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Die Geelhoutboom-plaaswag het op twee opeenvolgende dae twee operasies saam met die SAPD gehou om bendeverwante misdadigers aan te keer.
- Geelhoutboom-plaaswaglede het ’n padblokkade saam met die SAPD en verkeersowerhede gehou om verdagte voertuie voor te keer.
- Die Hoekwil-plotwag het ondersteuning aan die SAPD gebied deur hul hommeltuig in te span tydens ’n operasie om onwettige immigrante in hegtenis te neem. Een-en-twintig inhegtenisnames is gemaak.
- Die tak se jeugvleuel het in samewerking met die Knysna-tak se jeugvleuel ’n skoonmaakprojek gehou waartydens vullis by die ingang na Victoriabaai opgetel is.
Hessekwa
- Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Albertinia-plaaswaglede het die SAPD gehelp om ’n verdagte voertuig op te spoor en te agtervolg.
- Die Albertinia-plaaswag het ondersteuning gebied op twee ongelukstonele deur die tonele te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
- Die tak se jeugvleuel het twee skoonmaakprojekte gehou deur vullis in Riversdal en Albertinia op te tel.
Kaap Agulhas
- Die tak het ’n toespraak oor buurtwag-aangeleenthede in Struisbaai aangebied en tydens hierdie geleentheid ook die Struisbaai-buurtwag gestig.
- Die tak het as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek tien bome by die Zoetendal Akademie in Struisbaai geplant.
Kannaland
- Die Kannaland-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
Knysna
- Taklede het voortgegaan met die derde fase van hul deurlopende padherstelprojek langs die N2-snelweg, met ’n spesifieke fokus op die padreling.
- Die tak het drie inligtingsaande in Sedgefield, Karatara en Knysna aangebied om die tak aan die gemeenskap bekend te stel, asook werwing vir sy verskillende projekte te doen.
- Die tak se jeugvleuel het in samewerking met die George-tak se jeugvleuel ’n skoonmaakprojek gehou waartydens vullis by die ingang na Victoriabaai opgetel is.
- Taklede het as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek 100 bome aan verskillende organisasies in die omgewing geskenk.
Mosselbaai
- Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana-, Groot Brak-, Midbrak- en Danabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Danabaai-buurtwaglede het twee aanvallers wat met messe gewapen was en ’n inwoner van sy fiets wou beroof, aangekeer.
- Die Danabaai-buurtwag het ’n opleidingsnaweek vir sy lede gehou waartydens verskeie vlak 1-modules aangebied is.
Oudtshoorn
- Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Taklede het gras gesny, bome natgelei en vullis opgetel in Luscombepark.
- Die Oudtshoorn-buurtwag het gehelp om sluipslapers uit die gebied te verwyder, asook om onwettige strukture af te breek.
Langeberg (Robertson)
- Die Ashton-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig
- Die tak het ’n natuurtuin in Bonnievale skoongemaak, bome gesnoei en rommel opgetel en verwyder.
Swellendam
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het in samewerking met munisipale wetstoepassers drie onwettige strukture afgebreek.
- Die buurtwag het as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek drie bome by ’n ouetehuis geplant.
- Die buurtwag het ’n ander gebou betrek om te gebruik as hul nuwe beheerkamer.
NOORDWES
MOOIRIVIER
Klerksdorp
- Die Songloed- en Hartbeesfontein-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Taklede het Buffelsdoornweg, Centrallaan en Parkstraat, asook die pretdraf se terrein skoon en netjies gemaak.
- Die tak het ’n skrywe aan die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit gerig oor die haglike toestand van die middedorp, waarna munisipale werkers aandag aan sommige van die kwessies gegee het.
Potchefstroom
- Die buurtwag se 195 aktiewe lede het 131 patrollies aangepak waartydens 4 440 km in 399 manure afgelê is.
- Buurtwaglede het die plaaslike brandweerdiens ondersteun tydens die bestryding van brande, terwyl hulle ook drinkwater aan die brandslaners uitgedeel het. Die buurtwag se hommeltuig is ook met groot sukses ingespan as ’n hulpmiddel.
- Die buurtwag het ondersteuning gebied tydens MVA’s.
- Die tak het ’n geskenk aan die Super 12-deelnemers van die Laerskool Mooirivier oorhandig om hulle sterkte toe te wens met dié kompetisie.
- Buurtwaglede het ekstra patrollies gery tydens die Aardklop Nasionale Kunstefees.
- Taklede het AfriForum-plakkers op die asblikke by die Laerskool Mooirivier aangebring vir advertensiedoeleindes.
Stilfontein
- Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks probleme soos water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies by die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg.
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
STELLALAND
Hertzogville
- AfriForum het die Tokologo Plaaslike Munisipaliteit gemaan om gehoor te gee aan die onlangse hofbevel wat elektrisiteitstariefverhogings as onwettig verklaar indien munisipaliteite nie die nodige kostestudies ingedien het nie. Die organisasie versoek dat die munisipaliteit hierdie bevel onmiddellik nakom. Volgens die organisasie is dit onaanvaarbaar dat die munisipaliteit die hofbevel minag en in ’n skrywe aan die munisipaliteit het AfriForum ’n duidelike aksieplan geëis oor hoe die munisipaliteit van plan is om terug te keer na verlede jaar se tariewe, in ooreenstemming met die uitspraak. Die brief doen spesifiek ’n beroep op die munisipaliteit om te verduidelik hoe hulle van plan is om aan die bevel te voldoen en hoe lank dit gaan neem.
Vryburg
- Die tak het met die aanvang van lente lang gras op leë erwe gesny, bome gesnoei en selfs die Groot Trek-monument buite die dorp skoongemaak. Die tak het eers die gras om die Groot Trek-monument gesny en al die vullis verwyder wat om die monument gestrooi was. Hierdie monument is in 1938 met die 100-jarige herdenking van die Groot Trek langs die hoofstraat in Laingsburg opgerig. Die monument loop gereeld deur onder vandalisme, maar word tesame met die konsentrasiekampbegraafplaas maandeliks deur AfriForum in stand gehou. Die tak het ook onlangs vier leë erwe buite die dorp se gras gesny, bome gesnoei en vullis verwyder. Die lang gras wat in ’n veld van 2 ha groei is ook gesny om motoriste se sigbaarheid op die pad te verbeter.
Bloemhof
- Selfdoen het nuwe hoogtes in Bloemhof bereik met die plaaslike AfriForum-tak hier wat hul eie weeklikse vullisverwyderingsdiens vir inwoners en ondernemings afgeskop het en sommer met die intrapslag nagenoeg 20 ton vullis verwyder het. Dié nuwe inisiatief volg in reaksie op verskeie klagtes rakende die Lekwa-Teemane Plaaslike Munisipaliteit se swak dienslewering. Vullisverwydering op Bloemhof was maande laas op skedule en sekere ondernemings se vullis word glad nie eens verwyder nie. Die situasie het uiteindelik onuithoudbaar geword, waarna die tak besluit het om in te gryp en voortaan self dié diens te lewer.
- Agt dae en 8 ton teer – dít is al wat AfriForum se Bloemhof-tak nodig gehad het om hul slag met slaggate ten toon te stel toe meer as 200 slaggate in dié dorp herstel is. Die aansienlike taak van die herstel van meer as 16 dosyn slaggate in Kerk- en Burgerrechstraat is van 3 tot 10 September aangepak met die hulp van agt werkers wat meer as 28 slaggate per dag herstel het.
MARICO
Rustenburg
- Die tak het ’n verbrokkelde pad op die hoek van Coetzerstraat en Watervallaan in die dorp se industriële gebied herstel. 15 ton teer en twee 25 liter dromme SS60 Bitumen is gebruik om hierdie slaggate op te vul en te seël.
- Taklede het voortgegaan met die verf van padmerkers en herstel van paaie. Altesaam 40 liter wit padverf en 30 liter geel padverf is gebruik om padmerkers in Rustenburg op te knap en te verseker dat paaie veilig is vir alle gebruikers.
Zeerust
- Die tak het voortgegaan met sy instandhoudingsprojek by die Burgermonument. Taklede het takke gesnoei en giftige plante verwyder om onkruidbeheer toe te pas. Die span het ook twee vragte takke en twee vragte vullissakke weggery.
Lichtenburg
- Die tak het verskeie slaggatherstelprojekte suksesvol afgehandel wat die gemeenskap se onwrikbare toewyding tot padveiligheid bevestig. Altesaam 21,3 ton teer is gebruik om paaie in Lichtenburg te herstel.
- Taklede het twee noemenswaardige suksesse behaal wat die veiligheid van die gemeenskap ten goede bevorder het. Dit toon die doeltreffende samewerking tussen die buurtwag en die SAPD om misdaad te bekamp.
Brits
- Die buurtwag het sowel teenkaping- as patrollie-opleidingsessies vir sy lede aangebied.
Coligny
- Taklede het voortgegaan met hulle volhoubare skoonmaakprojek in Voortrekkerstraat. Hierdie projek behels die vee van die pad, rommel optel, die middelmannetjies skoffel en skoonmaak, en die wegry van vullis. Nagenoeg 39 vragte vullis is weggery, terwyl 391 km afgelê is.
Hartbeespoort
- Die tak se brandspan het gehelp om vyf brande te blus. Die brande het op verskillende plekke in die omgewing uitgebreek en die span se vinnige optrede het groot skade voorkom.
VRYSTAAT
MOOIRIVIER
Bothaville
- Die buurtwag het 30 patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Taklede het 3,5 ton teer gebruik om 35 slaggate op te vul.
- Die tak het tien olienhoutbome aan twee skole in die dorp geskenk.
Heilbron
- Taklede het akkurate inligting ingesamel oor sowel die beskikbaarheid as die onbeskikbaarheid van water in die dorp.
- Die tak het ’n loodgieter gehuur om ’n rioollekkasie te herstel nadat riool in inwoners se huise begin vloei het. Die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit was onwillig om met hierdie kwessie te help.
Parys
- Die tak het met die bestuur van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit vergader.
- Taklede het besoek by die watersuiweringswerke afgelê.
- Die tak het in samewerking met Mooi Parys Afrikanertjies en Octopus agave by een van die ingange na die dorp geplant.
- Taklede het saam met Mooi Parys 35 witstinkhoute in die begraafplaas geplant en onkruiddoder in die begraafplaas gespuit.
Sasolburg
- Taklede het vergaderings bygewoon wat oor die Wonderfontein-ontwikkeling handel.
- Die buurtwag het elke Sondag die plaaslike begraafplaas vir twee ure lank beveilig sodat inwoners hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.
- Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery by die noodapteek.
- Buurtwaglede het aan die oorgrenspatrollie deelgeneem.
- Die buurtwag het met ’n operasie begin om deelnemende lede se hekmotors en -batterye met ’n unieke kode te merk.
- Taklede het aan boord die Flotilla gehelp om waterslaai uit die Vaalrivier te haal.
- Taklede het drie swartkarees by Die Veiling geplant.
- Die tak het ’n stalletjie beman by ’n nuwe mark wat by Die Veiling gehou word.
Viljoenskroon
- Die tak het die terrein rondom die munisipale kantore skoongemaak en ses sakke vullis verwyder.
- Taklede het 45 sakke teer gebruik om 30 slaggate op die hoek van Goldberg-, Maré- en Viljoenstraat op te vul.
HOOGLAND
Bethlehem
- Die tak se buurtspan het 1 ton teer en 140 kg verseëlaar gebruik om strate in die woonbuurt Eureka te herstel. Planne word beraam om nóg sewe strate in dié buurt oor die volgende twee maande te verbeter.
- Taklede het vyf bome geplant tydens AfriForum se boomplantmaandprojek.
Kroonstad
- Die tak het uiteindelik hul werkerswaentjie voltooi.
- Taklede het 5,3 ton teer gebruik om slaggate rondom Huis Edelkroon op te vul.
- Taklede het aan AfriForum se boomplantmaandprojek deelgeneem deur ses witstinkhoute aan te plant.
- Die tak het ’n klagte by die provinsiale regering gelê in verband met riool wat in die dorp se strate en die rivier vloei.
- Taklede het ’n stalletjie beman tydens ’n gholfdag om data in te samel.
Reitz
- Die tak het ’n kettingsaag aangekoop om boomtakke wat bo-oor kragdrade groei, af te sny.
Welkom
- Taklede het 21 bome geplant tydens AfriForum se boomplantmaandprojek.
ROSESTAD
Algemeen
- Volhoubare skoonmaakprojekte is weekliks by die volgende plekke gehou:
- Ou Presidensie
- Pres. Brand-begraafplaas
- Britsmonument
- Wilgehof-park
- Park in Du Plessisstraat
- Park in Lucas Steynweg
- AfriForum-park in Pellissier
Pellissier
Wilgehof
- Die tak se buurtspan het, benewens hul gewone take, ’n skoonmaakprojek onder die brug in Benadérylaan aangepak. Hierdie area is berug vir onwettige aktiwiteite soos oop vure, die oopskeur van sakke en dwelmgebruik.
- Die buurtwag was in beheer van sekuriteit tydens Brendan Peyper se vertoning by die Hoërskool Jim Fouché.
- Die buurtwag het 1 230 km tydens 86 patrollies afgelê.
- Die tak het veiligheidstoerusting soos koeëlvastebaadjies en tweerigtingradio’s vir sy buurtwag aangekoop.
- Die buurtwag het tans 59 aktiewe patrollielede.
- Die tak het opleiding vir sy lede in die volgende dissiplines aangebied: Bevel-en-beheer (16 lede), insameling van informasie (13 lede) en toneelhantering (14 lede).
- Die buurtwag het drie nuwe gedragskodes ontvang.
- Buurtwaglede het ’n sigbaarheidspatrollie tydens ’n sokkie by die Hoërskool Jim Fouché gehou om na die leerders se veiligheid om te sien.
- Buurtwaglede het destabiliseerders uit die gebied verwyder.
- Die buurtwag het ’n stalletjie by die boeremark beman om bewusmaking te skep.
- Buurtwaglede het talle veiligheidsinsidente hanteer.
- Die buurtwag was in beheer van sekuriteit tydens die Hoërskool Jim Fouché se gemeenskapsprojek.
- Vier nuwe lede het by die tak aangesluit.
Uitsig
- Die buurtwag se patrolliespan het gehelp om talle veldbrande vinnig onder beheer te bring.
- Buurtwaglede was in beheer van sekuriteit tydens ’n funksie wat by die Hoërskool Jim Fouché gehou is.
- Die buurtwag het ’n stalletjie by die boeremark beman om bewusmaking te skep.
- Buurtwaglede het 320 km in 128 manure afgelê.
- Die tak het vyf van sy lede vir opleiding gestuur.
- Twee nuwe lede het by die tak aangesluit.
- Twee nuwe lede het by die buurtwag aangesluit.
Hospitaalpark
Bloemfontein-Noord Landelik
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.
- Buurtwaglede het stalletjies beman tydens die Vaalbank-Zuid-buurtwag se gholfdag om bewusmaking te skep.
Bloemfontein-Noord
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
Langenhovenpark
- Die buurtwag het ’n stalletjie by die boeremark beman om bewusmaking te skep.
- Buurtwaglede het in samewerking met AfriForum se Wilgehof-buurtwag ’n bewusmakingsaksie gehou.
- Die buurtwag het ondersteuning gebied deur te help om ’n veldbrand in Langenhovenpark wat vinnig versprei het, onder beheer te bring.
GAUTENG
GROTER PRETORIA
Centurion
- Buurtwaglede het saam met Amerikaanse media aan ’n veiligheidsoperasie deelgeneem.
- Die tak se buurtspan het ’n oop erf in Ashwoodrylaan in Clubview skoongemaak.
- Die buurtwag het busse vol kinders begelei ná optredes laat in die aand by ’n revue.
- Die tak se buurtspan het Heronpark in The Reeds skoongemaak.
- Buurtwaglede het opleiding in brandbestryding ontvang.
- Die tak se buurtspan het veiligheidskameras geïnstalleer om kabeldiefstal en onwettige storting hok te slaan.
- Die tak se buurtspan het verbeterings in Wierdapark aangebring deur die padoppervlak oor te verf.
- Die tak se buurtspan het asblikke leeggemaak ter voorbereiding vir die Hennopspark-pretloop.
- Buurtwaglede het talle persone wat vullis onwettig gestort het vasgetrek deur hul voertuie te skut en boetes van tussen R5 000 en R7 000 op te lê.
- Die tak se buurtspan het Furmanpark skoongemaak en herstelwerk gedoen op die speeltoerusting op die terrein as deel van die neem-’n-park-aan-inisiatief.
- Taklede het ’n bemarkingstalletjie beman tydens die jaarlikse Zwartkop-lugskou.
Pionier
- Buurtwaglede het gehelp om twee rooihartbeeste in die noorde van Pretoria aan hul eienaar terug te besorg.
Pretoria-Wes
- Die buurtwag het blitsig gereageer ná inligting ontvang is oor ’n huisbraak.
- Die tak het gehelp met die skoonmaak van sportfasiliteite by ’n privaat skool.
Pretoria-aksiespan
- Die span het vyf middelmanne op Hans Strijdomweg skoongemaak.
- Spanlede het 3 ton teer gebruik om 20 slaggate op te vul.
- Die span het AfriForum Jeug ondersteun tydens ’n fietswedren.
- Spanlede het twee vragte vullis weggery ná ’n skoonmaakprojek by die Koedoeberg-substasie.
- Die span het ses verkeersirkels skoongemaak.
- Spanlede het die eerste fase van hul verfprojek by Glossa Estate in Moreletapark voltooi.
- Die span het ’n verkeersligprojek afgeskop.
WES-RAND EN VAALDRIEHOEK
Krugersdorp
- Buurtwaglede het ondersteuning gebied met die blus van ’n veldbrand in die Wieg van die Mensdom.
- Die buurtwag het die SAPD ondersteun deur ’n verdagte huis vir onwettige dwelms te deursoek. Hulle het twee gewere gevind, waarna een arrestasie gemaak is.
- Buurtwaglede het in samewerking met die GPF, Dowry, die SAPD, immigrasiebeamptes en ander AfriForum-patrolleerders ’n padblokkade gehou as deel van Operasie Shanela. Twee-en-twintig inhegtenisnames is gemaak vir bestuur onder die invloed van alkohol.
- Die tak het 120 bale gras geskenk aan die boer wie se lande in die Wieg van die Mensdom afgebrand het.
- Die buurtwag het inligting bekom dat vier onwettige immigrante in Cedar Country Lodge in Krugersdorp woonagtig was. Buurtwaglede het in samewerking met die GPF se Sektor 7 en Sektor 5, Dowry en die SAPD uiteindelik dié onwettige immigrante vasgetrek en in hegtenis geneem.
- Buurtwaglede het ’n ouerpaar huis toe begelei nadat hulle in Randfontein verdwaal het. Hulle is woonagtig in Rant-En-Dal in Krugersdorp.
- Die buurtwag is ontbied na ’n toneel waar twee verdagtes twee lede van die publiek beroof het. Ongelukkig het die verdagtes daarin geslaag om te vlug.
- Die tak het vyf swart kareebome aan die volgende skole geskenk: Laerskool Muldersdrif (1), Laerskool Protearif (1), Laerskool Krugersdorp-Noord (1) en Laerskool Wesrand (2).
Midvaal
- Die buurtwag het saam met die SAPD aan ’n operasie deelgeneem en die volgende suksesse behaal: 27 pakkies onwettige sigarette afgeneem, twee onwettige immigrante en die eienaar van die perseel in hegtenis geneem, vyf kaste bier by ’n onwettige sjebeen afgeneem en vier boetes vir die gebruik van alkohol in die openbaar opgelê.
- Buurtwaglede het wapenopleiding ontvang.
- Taklede is genooi vir ’n onderhoud op 90.6 FM (Vaal Stereo).
- Die tak het AfriForum se Vereeniging-tak gehelp tydens ’n skoonmaakprojek.
- Die buurtwag het saam met die SAPD aan Operasie Shanela deelgeneem en die volgende suksesse behaal: 19 onwettige immigrante in hegtenis geneem en drie dronk bestuurders toegesluit wat by ’n padblokkade vasgetrek is.
Vanderbijlpark
- Die buurtwag het saam met die SAPD aan Operasie Cross-Border deelgeneem.
- Buurtwaglede is ontbied na Pascalstraat nadat inwoners ’n geskreeu en ’n geraas aangemeld het.
- Die buurtwag het ondersoek ingestel na ’n bakleiery in Gerrit Maritzstraat, waarna hulle die nooddienste en die SAPD ontbied het.
- Buurtwaglede het hul na die substasie in Fresnelstraat gehaas ná inligting oor ’n inbraak ontvang is.
- Die buurtwag het ondersteuning gebied ná ’n inbraak by die substasie in Jean Websterstraat.
- Buurtwaglede se hulp is ontbied ná ’n inbraak by ’n huis in Melt Brinkstraat.
- Die buurtwag het ondersoek ingestel ná ’n inbraak by die substasie in Tannerstraat.
- Buurtwaglede is gekontak vir ondersteuning nadat ’n bakkie in Duckhamsstraat aan die brand geslaan het.
- Die buurtwag is ontbied na Langenhovenstraat nadat ’n verdagte vermoedelik parte van ’n substasie by hom gedra het. Geen parte is egter by hom gevind nie.
- Buurtwaglede is gekontak vir ondersteuning nadat ’n Eskom-paal in Ravelstraat omgeval en kragdrade gevolglik oor die pad gelê het.
- Die buurtwag het gehelp om ’n veldbrand naby Little Egypt te bestry.
- Buurtwaglede het hulp aangebied tydens werknemers van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se herstelwerk aan ’n substasie in Marconistraat.
- Die tak se projekspan het drie slaggate in Caledon Riverstraat opgevul.
- Die tak se projekspan het slaggate opgevul in Pasteur- en Faradayboulevard.
- Die tak se projekspan het ou bome wat in Phoenixpark omgeval het korter gesaag en die boomstompe na Centurions Motorfietsklub aangery.
- Die tak se projekspan het 15 bome aan Curro Vanderbijlpark geskenk.
- Die tak se projekspan het ’n skoonmaakprojek in Pasteurboulevard gehou.
Vereeniging
- Taklede het ’n skoonmaakprojek by die park in Risiville gehou, asook 35 bome in dié park geplant.
- Die tak het 260 sakke teer aan die N.G. Kerk Arconpark geskenk om slaggate voor die kerk op te vul.
OOS-RAND
Alberton
- Die buurtwag het ondersteuning op ’n ongelukstoneel op die N12-snelweg gebied deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
- Buurtwaglede is deur ’n bekommerde ouer gekontak nadat haar seun steekwonde opgedoen het en met ’n ysterpyp geslaan is tydens ’n aanrandingsvoorval. Nooddienste is ontbied, waarna die seun na ’n hospitaal vervoer is.
- Die buurtwag se hulp is ingeroep nadat ’n kind vermis geraak het. Die kind is uiteindelik opgespoor.
- Die buurtwag het ondersteuning op ’n ongelukstoneel gebied deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
- Buurtwaglede het in samewerking met AfriForum se Germiston- en Edenvale-tak, die SAPD en privaat sekuriteitsmaatskappye ’n gesamentlike operasie gehou waartydens vyf mense in hegtenis geneem is vir die gebruik van alkohol in die openbaar, asook dronkbestuur. ’n Groot afstand is afgelê tydens die operasie.
- Die buurtwag het gemeenskapslede ondersteun toe ’n onbeheerde brand ’n eiendom in Brackenhurst bedreig het. Buurtwaglede het hulp verleen en die brand is geblus.
- Buurtwaglede het ’n vrou ondersteun nadat haar voertuig onklaar geraak het. Die buurtwag het die voertuig weer aan die gang gekry en gesorg dat sy veilig by die huis aankom.
- Die buurtwag het ondersteuning gebied toe ’n veldbrand tussen die Alberton DBV en One On One Ministries talle eiendomme bedreig het. Buurtwaglede het die brand vinnig help blus.
- Buurtwaglede het aan ’n sigbaarheidspatrollie in Elsburg saam met AfriForum se Germiston- en Edenvale-tak, die SAPD en privaat sekuriteitsmaatskappye deelgeneem.
- Die buurtwag het blitsig gereageer toe ’n onbeheerde veldbrand naby die Kiblerpark Natuurreservaat uitgebreek het. Buurtwaglede het hulp verleen en die brand geblus.
- Buurtwaglede het ’n motoris te hulp gesnel nadat hy in Mayberry Park aangerand is. Nooddienste is gevolglik ontbied.
- Die buurtwag het ondersteuning op ’n ongelukstoneel gebied deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer. Een van die bestuurders was vermoedelik onder die invloed van alkohol.
- Buurtwaglede is gekontak vir hulp ná ’n huisbrand in Verwoerdpark. Met die buurtwag se aankoms het die inwoners reeds die brand onder beheer gekry met brandblussers en tuinslange en kon die buurtwag op ’n brandende palmboom fokus. Die toneel is daarna aan die brandweer oorhandig.
- Taklede het weekliks by die Brackendowns-polisiestasie gras gesny, blare en rommel opgetel, asook bosse gesnoei.
- Die tak het aan AfriForum se boomplantmaandprojek deelgeneem deur tien bome by die Hoërskool Dinamika en St. Declan’s College te plant met behulp van leerders. Dit vorm deel van AfriForum se Erfenismaand-inisiatief.
Brakpan
- Taklede het ’n Erfenisdag-funksie bygewoon en aan ’n potjiekoskompetisie deelgeneem. Meer as 600 porsies kos is aan verskeie kinderhuise en ouetehuise geskenk.
- Die tak het ’n vergadering met verskeie rolspelers in Brakpan gehou om probleme binne die gebied aan te pak.
Benoni
- Die buurtwag het 1 359 km in 172 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig.
- Taklede het addisionele statiese ANPR-kameras op strategiese punte opgerig om hulle kameranetwerk uit te brei ten einde die Benoni-gemeenskap te beveilig. Hierdie gemeenskapskameranetwerk het reeds 1, 800 000 lesings in September geneem.
- Die tak het ’n skoonmaakprojek in Mollison- en Kirschnerweg gehou.
- Die tak het iKhaya da Luz-kinderhuis ondersteun met instandhoudingswerk deur die trampolien te herstel en ’n hok te bou waarin die gasbottels veilig gestoor kan word.
- Taklede het ’n asblikprojek van stapel gestuur deur talle addisionele asblikke in die dorp aan te bring en dit ook weekliks leeg te maak.
- Die tak se kameranetwerk het gehelp om ’n wit Volkswagen Polo op te spoor wat by ’n gewapende rooftog betrokke was. Die SAPD is gevolglik gekontak.
- Die tak het ’n skoonmaakprojek gehou by die groenstrook en vleiland in Sanerweg in Illiondale.
- Taklede het ’n skoonmaakprojek by Reringapark in Eastleigh gehou waartydens gras gesny en rommel opgetel is.
- Die buurtwag het ’n operasie saam met AfriForum se Germiston- en Alberton-tak, die SAPD en privaat sekuriteitsmaatskappye gehou waartydens vyf mense in hegtenis geneem is vir die gebruik van alkohol in die openbaar en dronkbestuur. ’n Groot afstand is tydens die operasie afgelê.
Germiston
- Die buurtwag het ’n operasie saam met AfriForum se Edenvale- en Alberton-tak, die SAPD en privaat sekuriteitsmaatskappye gehou waartydens vyf mense in hegtenis geneem is vir die gebruik van alkohol in die openbaar en dronkbestuur. ’n Groot afstand is tydens die operasie afgelê.
- Buurtwaglede het die Laerskool Klopperpark beveilig tydens ’n skooluitstappie.
- Die buurtwag het gehelp om ’n gesteelde vragmotorsleepwa in Klopperpark op te spoor.
Kempton Park
- Die tak het ’n helpende hand aan die gemeenskap uitgereik deur hulle mobiele gesondheidsentrum gratis aan die bejaarde inwoners van Lenitas-, Herfsland- en Allen Park-aftreeoord, asook ander bejaarde inwoners van Kempton Park beskikbaar te stel. Sodoende word gratis basiese gesondheidsdienste gelewer.
- Tak- en gemeenskapslede het saam ’n skoonmaakprojek by die Zuurfontein-begraafplaas gehou.
- Die tak se jeugvleuel het in samewerking met die buurtwag ’n veiligheidsoudit by die Laerskool Bredell uitgevoer om die veiligheid van die skool se leerders en personeel te verseker.
- Die tak het addisionele ANPR-kameras by hulle reeds bestaande netwerk gevoeg as deel van hulle kameraprojek om Kempton Park te beveilig.
- Die buurtwag het in samewerking met plaaslike veiligheidstrukture ’n vermiste persoon in die Croydon-omgewing opgespoor.
- Taklede het ’n veiligheidsbewusmakingsdag by ’n winkelsentrum in Bredell gehou.
Springs
- Buurtwaglede het in samewerking met plaaslike rolspelers gehelp om twee verdagtes vas te trek wat ’n verkeerslig gesteel het.
- Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
- Taklede was betrokke by ’n reddingsoperasie waartydens nagenoeg 300 visse gered en verskuif is nadat die dam in Jan Ellispark droog begin loop het.
- Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem om die watergehalte in Springs te bepaal.
- Die tak het aan AfriForum se boomplantmaandprojek deelgeneem deur ’n inheemse boom by die eendedam op die dorp te plant.
- Die tak se tuinspan het die eendedam in Springs skoon en netjies gehou.
MPUMALANGA
HOËVELD
Bethal
- AfriForum se noodwaterpunte by die Gereformeerde Kerk en die Afrikaanse Christelike Kerk is deur inwoners gebruik tydens wateronderbrekings in die dorp.
- Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp leeggemaak.
- Die tak het weer ’n groot oes spinasie uit hul gemeenskapstuin aan die Silwerjare-ouetehuis, die Bethal-sopkombuis en die Morgenzon-gemeenskap geskenk.
TEKS (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)
- Die tak het sy skoonmaakprojek by die Secunda-begraafplaas afgesluit; ’n totaal van 31 000 m² is in September skoongemaak.
- Taklede het gehelp om brande te bestry.
- Die tak het een van sy lede gestuur om ’n kursus by te woon wat handel oor waterbestuur, die gehalte van drinkwater en die bestuur van rioolaanlegte.
Delmas
- Die Delmas Valke-buurtwag het drie verdagtes in hegtenis geneem.
- Delmas Valke-buurtwaglede het vier gesteelde voertuie help opspoor.
- Die Delmas Valke-buurtwag het ondersteuning aan motoriste gebied ná verskeie ysterpenvoorvalle op die N12-snelweg.
- Die Delmas Valke-buurtwag se mediese span het ondersteuning gebied by minstens 20 voorvalle, waarna die nooddienste ontbied is.
Ermelo en Chrissiesmeer
- Taklede het 36 sakke rommel uit die dorpe verwyder deur weekliks die vullisdromme leeg te maak.
Piet Retief
- Die buurtwag het sy maandelikse massapatrollie gehou.
Standerton
- Taklede het die SAPD in Standerton gehelp met herstelwerk aan hulle voertuie.
- Die buurtwag het ’n vermiste kind help opspoor.
- Buurtwaglede het ondersteuning gebied met die blus van verskeie brande.
- Die buurtwag het in samewerking met ander instansies inspeksies by winkels in die dorp gedoen om seker te maak dat hulle nie vervalle produkte verkoop nie en ook nie onwettige immigrante in diens geneem het nie.
- Die tak was verantwoordelik om water aan die diere te voorsien tydens die Standerton-skou.
- Die tak het die Kokkedoor-potjiekoskompetisie by die Standerton-skou gewen.
- Buurtwaglede het aan die nooddiensdemonstrasie op die Standerton-skou deelgeneem.
- Die buurtwag het ondersteuning op ’n ongelukstoneel gebied deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
Middelburg
- Die tak het bome by die Rivierpark-aftreeoord in Middelburg geplant.
LAEVELD
Nelspruit
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het vier sigbaarheidspatrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het ’n nuwe buurtspan aangewys wat verantwoordelik is vir weeklikse skoonmaakprojekte.
- Taklede het ses asblikke in Melkweg- en Enterprisepark leeggemaak.
- Die tak se LPR-kameras het veiligheidsrolspelers gehelp om gesteelde voertuie op verskeie punte te identifiseer.
- Die tak se noodwaterpunt is deur die stad se inwoners gebruik tydens watertekorte.
- Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van twee brande in die omgewing.
- Taklede het 40 sakke vullis verwyder tydens skoonmaakprojekte.
- Die buurtwag het ondersteuning gebied op drie ongelukstonele deur die tonele te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
Witrivier
- Die tak het R10 000 aan die Kruger Lowveld Chamber of Business and Tourism se kameraprojek geskenk.
- Buurtwaglede het vier sigbaarheidspatrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die buurtwag het nuwe boorgatpomptoerusting ter waarde van R13 200 aangekoop vir herstelwerk aan die noodwaterpunt by die Witrivier Rugbyklub.
- Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van drie brande in die omgewing.
- Die buurtwag het gehelp om ’n vermiste kind op te spoor.
Lydenburg
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het R4 000 aan die Lydenburg Sakekamer geskenk om te help met skoonmaakprojekte in die dorp.
- Taklede het in samewerking met die Lydenburg Sakekamer vier skoonmaakprojekte aangepak en in totaal 33 sakke vullis verwyder.
Belfast
- Die tak se noodwaterpunte is deur die dorp se inwoners gebruik tydens watertekorte.
- Die tak se asblikprojek het daartoe bygedra om die dorp skoon en netjies te hou.
- Die tak het ’n petisie geloods teen die sluiting van die vullisterreine op Dullstroom, Machadodorp en Waterval Boven.
Machadodorp
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van veldbrande buite Machadodorp.
- Die tak het ’n petisie geloods teen die sluiting van die vullisterreine op Dullstroom, Machadodorp en Waterval Boven.
Dullstroom
- Die tak het ’n petisie geloods teen die sluiting van die vullisterreine op Dullstroom, Machadodorp en Waterval Boven.
- Die tak se straatligprojek verlig 14 plekke in die dorp wat voorheen in donkerte gehul was.
- Die buurtwag het deurlopend patrollies saam met die GPF in Dullstroom gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het 20 liter padverf geskenk vir instandhoudingsdoeleindes in die dorp.
- Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
- LIMPOPO
Naboomspruit
- Taklede het die hele dorp se vullis verwyder.
- Die tak het voortgegaan met sy straatnaamprojek.
- Taklede het gehelp om die Helpende Hand-nasorgsentrum skoon te maak.
- Die tak het slaggate in 7de Laan opgevul.
Warmbad
- Die tak het Apiesdoringpark skoongemaak.
- Taklede het 3,5 ton teer gebruik om slaggate in die dorp op te vul.
Nylstroom
- Taklede het met die skoonmaakprojek by die dam gehelp.
- Die tak het druk op die munisipale bestuurder geplaas om rioollekkasies in die dorp te herstel.
- Taklede het bome geplant by die Waterberg CVO-skool, asook by ’n plaaslike park.
Phalaborwa
- Taklede het water aan inwoners voorsien tydens watertekorte in die dorp.
- Die tak het bome by verskeie skole op die dorp geplant.
Potgietersrus
- Die buurtwag het opleiding vir sy lede aangebied.
- Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van brande in die omgewing.
- Die tak het bome by verskeie skole op die dorp geplant.
Groblersdal
- Die buurtwag het skietopleiding vir sy lede aangebied.
- Die tak het met die SAPD en die Departement van Justisie vergader oor foute wat tydens ondersoeke begaan word.
- Die tak se volgehoue druk op die SAPD het daartoe gelei dat aandag uiteindelik geskenk word aan ’n plaasaanval wat sewe jaar gelede plaasgevind het.
Marble Hall
- Die tak het ’n petisie oor die rioolkwessies op die dorp van stapel gestuur.
- Die tak het toestemming verkry vir die oprigting van ’n hek by die ingang na ’n spesifieke woonbuurt.
- Die tak het druk op plaaslike owerhede geplaas om onwettige plakkers te verwyder.
Ellisras
- Die Beska-plaaswag het ’n gemeenskapsvergadering gehou.
- Beska-plaaswaglede het paaie geskraap om dit meer begaanbaar vir voertuie te maak.
- Ellisras-buurtwaglede het verskeie brande in die omgewing geblus.
- Die Ellisras-buurtwag en Beska-plaaswag vorm ook nou deel van die Matlabas-steunkring.
- Die tak het druk op die Lephalale Plaaslike Munisipaliteit geplaas rakende toegang tot voldoende en volhoubare waterlewering.
Messina
- Die buurtwag het op Sondae patrollies rondom die begraafplaas gery sodat inwoners van die dorp hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.
- Die tak het druk op die Musina Plaaslike Munisipaliteit geplaas rakende toegang tot voldoende en volhoubare waterlewering.
Pietersburg
- Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van brande in die omgewing.
- Taklede het in samewerking met Die Erfenisstigting die ou begraafplaas in die stad skoongemaak.
- Die tak het druk op die Polokwane Plaaslike Munisipaliteit geplaas rakende toegang tot voldoende en volhoubare waterlewering.
Thabazimbi
- Die tak het gehelp om oplossings vir die rioolprobleme in die dorp te vind.
- Die buurtwag het die SAPD tydens ’n operasie ondersteun.
- Taklede het die reservoirs in die dorp herstel.
- Die tak het slaggate in die dorp opgevul.
- Taklede het ’n 7,8 km lange pyplyn herstel.
Tzaneen
- Die tak het ondersteuning gebied tydens die aanbring van spoedwalle voor ’n plaaslike laerskool.
- Die buurtwag het gehelp met die bestryding van brande in Letsitele.