|

Secunda-begraafplaas nou skoon danksy AfriForum-tak

AfriForum se Teks-buurtspan het tydens September sy projek by die Secunda-begraafplaas voltooi. Dié span het einde Augustus begin om die begraafplaas skoon te sny.

Die begraafplaas is ’n reusestuk grond en beslaan meer as 58 000 m2 . Die begraafplaas het eintlik ’n seeroog geword weens die onnetheid daarvan en dele wat oorgroei. Die enigste gedeelte wat aanvaarbaar gelyk het was die gedeelte wat AfriForum vroeër vanjaar opgeruim het, hoewel die gras hier ook al weer lank wees.

Benewens die gras wat gesny is het die buurtspan ook die vullis wat hier gestrooi is opgeruim en weggery. Daar is ook twee vragte vullis met ’n 8 ton-vragmotor weggery. In September alleen het die buurtspan 31 000 m2 opgeruim.

In Oktober sal die buurtspan weer die groenstroke in die dorp netjies maak en ook ’n opleidingsessie meemaak om  te leer hoe om slaggate te herstel.

“Ons span is besig om hard te werk en die verskil in die dorp is duidelik. Die Govan Mbeki-munisipaliteit het duidelik hulle mandaat aan die inwoners vergeet. Ons sal egter nie ons beloftes aan ons lede vergeet nie. Ons sal self die nodige werk doen om ’n verskil te maak,” sê Jan Du Plessis, voorsitter van AfriForum se Taks-tak.

Soortgelyke plasings