Ramaphosa moet verduidelik waarom hy wit mense met ’n padda in kokende water vergelyk


Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n ope brief aan adjunkpresident Cyril Ramaphosa gerig waarin die organisasie die adjunkpresident versoek om ’n verduideliking te gee van die onderstaande uitlating wat wyle dr Mario Oriani-Ambrosini in sy memoires aan Ramaphosa toeskryf:

In his brutal honesty, Ramaphosa told me of the ANC’s 25-year strategy to deal with the whites: it would be like boiling a frog alive, which is done by raising the temperature very slowly. Being cold-blooded, the frog does not notice the slow temperature increase, but if the temperature is raised suddenly, the frog will jump out of the water. He meant that the black majority would pass laws transferring wealth, land, and economic power from white to black slowly and incrementally, until the whites lost all they had gained in South Africa, but without taking too much from them at any given time to cause them to rebel or fight.

AfriForum beskou dié opmerking as uiters kommerwekkend en het die adjunkpresident versoek om te bevestig of dié woorde sy posisie korrek weerspieël.

Soortgelyke plasings