| |

R50 miljoen Kuba-skenking: Konstitusionele Hof verwerp Dirco se aansoek om verlof tot appèl

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) se aansoek om verlof tot appèl teen ’n hofinterdik wat AfriForum teen die beplande R50 miljoen skenking aan Kuba verkry het, is deur die Konstitusionele Hof van die hand gewys.

Dit volg nadat die Hooggeregshof in Pretoria reeds vroeër hierdie jaar ’n verlof tot appèl-aansoek van die hand gewys het. Alles dui nou daarop dat AfriForum se hersieningsaansoek om die besluit om die skenking te maak om te keer, nou sal voortgaan. AfriForum is optimisties dat hierdie hersieningsaansoek finaal ’n einde aan hierdie bisarre en irrasionele skenking sal maak.

“Die feit dat Dirco poog om teen die interdik appelleer, wys hoe desperaat die departement is om die fondse aan Kuba te betaal. Dít, terwyl die mense van hierdie land hulself in ’n uiters desperate ekonomiese situasie bevind,” sê Reiner Duvenage, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.