Piet Retief-tak maak begraafplaas skoon, beplan nog skoonmaakprojekte
Die AfriForum-tak in Piet Retief het op 2 Junie die begraafplaas in Mullerstraat skoongemaak. Hierdie projek is geloods nadat die tak verskeie versoeke gekry het van gesinne wat nie by hul geliefdes wat hier begrawe is se grafte kan besoek aflê nie.
Die projek is voltooi met behulp van ’n kontrakteur en daar word beplan om die ander begraafplaas in die dorp ook skoon te maak.
“Weens swak munisipale dienslewering word daar nie meer aandag aan hierdie terreine gegee nie en ons het besluit om self die terreine te laat opruim,” sê Louis Malan, voorsitter van AfriForum se Piet Retief-tak.